Bederf die Moeders van die volk

Die Pa’s het ‘n naweek gehad (Paasnaweek) – dis nou die Moeders se beurt. Dit gaan alles oor beplanning. “Happy wife, Happy life”. “Failing to Plan is Planning to Fail” So…. Kookwater het ‘n paar planne vir die ouens wat bietjie besig is:

1. Koop betyds blomme. Moenie wag tot Saterdag nie – blomme raak VREESLIK duur voor Moedersdag – net soos rooi rose voor Valentynsdag. Kookwater het pragtige proteas – 4 vir R55. Koop sommer vir jou skoonma ook. Dit laat jou aandele sommer lekker styg.
Lees gerus verderBederf die Moeders van die volk

Posted on

AS DIT YOGHURT REEN, MOET JY SKEP

As dit pap (of yoghurt) reen, moet jy skep. By Kookwater gaan dit rof. Die yoghurts reen in groot hoeveelhede en klein pryse. Ons nuutste WENNERPRYS is ‘n BOKS VAN 8 SESPAKKE YOGHURT VIR R40. Dis R5 vir sespak (as jy ‘n boks koop). Ons het in 2020 aan die begin van Covid ook hierdie prys gehad. Ek onthou nog goed hoe die mense buite die winkel in rye gewag het om toegelaat te word (net 15 mense in die winkel op ‘n slag). Ek het almal kalm gehou. Die een groot vraag was heeltyd: “As ek nou voor kom, sal daar nog bokse yoghurt wees?” Ek het almal gerusgestel en moes heeltyd bakkievragte vol yoghurt aanry. Dit was groot pret. Vandag hoef jy nie meer buite te staan nie. Kom in en kry jou en die buurt se kinders se yoghurt. Dit sal hartseer wees as jy Saterdag opdaag en dit uitverkoop is. … Lees gerus verderAS DIT YOGHURT REEN, MOET JY SKEP

Posted on

‘n GLIMLAG IS AANSTEEKLIK. Toets dit.

‘N GLIMLAG IS AANSTEEKLIK. Probeer dit. Groet mense op straat wat jy glad nie ken nie, met ‘n glimlag. 90% van hulle sal terug groet en ook glimlag. 7% het jou nie gehoor nie en 3% is ongeneeslike suurgatte. JY bepaal die atmosfeer by jou werk. Probeer vandag om nie deel van die ongeneeslike 3% te wees nie. As jy aan niks kan dink om oor te glimlag nie, forseer dit. As jy nog steeds sukkel, kom staan voor die koek- en melktertkaste in Kookwater en probeer om suur te lyk terwyl die kwyl loop. Hier is nog ‘n paar dinge wat jou glimlag sal uitbring – ons koop jou sommer om met lae pryse: … Lees gerus verder‘n GLIMLAG IS AANSTEEKLIK. Toets dit.

Posted on

Produkte wat vlieg en dinge wat gedoen moet word.

PLAN A: Ek kan nie daai pragtige marmer mure en marmer pilare in Athene met die graffiti uit my kop uit kry nie. Ek sal nie toelaat dat daai ook gebeur hier waar ek ‘n verskil kan maak nie. Ons begin vandag om die graffiti op die buurman in Newton se gebou dood te verf. Daar is heeltyd mense wat se: Julle mors jul tyd en geld. Die graffiti sal more weer terug wees. Dis heel waarskynlik wat gaan gebeur, maar dan sal dit weer toegeverf word. My ondervinding is dat die aptyt vir graffiti op raak as jy sien dat jou kunswerk (en geld om die spreiverf te koop) nie lank bly nie. Ons het ‘n waterbasis produk ook bestel wat spreiverf afhaal van sement, sierstene, plastiek en yster af. Dit sal gebruik word om die kunswerke wat gister op die Munisipale toilette by Usave in Mbkweni opgekom het, af te haal. (nadat ons daai mure die vorige keer skoongemaak het, het dit darem minstens ‘n jaar skoon gebly). … Lees gerus verderProdukte wat vlieg en dinge wat gedoen moet word.

Posted on

DINK BIETJIE GROTER. Doen meer met minder.

Ek is MAL oor blomme. My groot verjaarsdag van laasjaar het oorgestaan na vanjaar. Keukenhof was op my emmerskoplys. Vandag se brief het geen specials nie. Net spesiale foto’s.

My mond het so oopgehang van al die mooi blomme. Ons het vir 4 ure geloop en blomme kyk. Heeltyd verskillend, Hulle 40 tuiniers plant 7 miljoen bolle (tulpe, affodille, ens) elke jaar. Dis ongelooflike werk, maar asemrowend. Ek stuur vir jou foto’s. Hoop dit kom lekker groot uit en vreet nie al jou data nie. … Lees gerus verderDINK BIETJIE GROTER. Doen meer met minder.

Posted on

Spaar geld by Kookwater en gee dit dan uit op dit waarvan jy hou.

Ek is MAL oor blomme. My groot verjaarsdag van laasjaar het oorgestaan na vanjaar. Keukenhof was op my emmerskoplys. Vandag se brief het geen specials nie. Net spesiale foto’s.

My mond het so oopgehang van al die mooi blomme. Ons het vir 4 ure geloop en blomme kyk. Heeltyd verskillend, Hulle 40 tuiniers plant 7 miljoen bolle (tulpe, affodille, ens) elke jaar. Dis ongelooflike werk, maar asemrowend. Ek stuur vir jou foto’s. Hoop dit kom lekker groot uit en vreet nie al jou data nie. … Lees gerus verderSpaar geld by Kookwater en gee dit dan uit op dit waarvan jy hou.

Posted on

Ry of Bly. So maak mens!

Langnaweke se sukses hang af van jou BEPLANNING. As jy beplan om die pad te vat, onthou: ‘N GEREELDE MIDDAGSLAPIE VERHOED DAT JY OUD WORD, VERAL AS JY DIT AGTER DIE STUUR DOEN. Rus uit en moenie in die in die koerant terugkom as ‘n statistiek nie. Moenie net aan jouself dink nie, Kookwater kan nie bekostig om klante te verloor nie. Beplan die langpad: … Lees gerus verderRy of Bly. So maak mens!

Posted on

Gerasperde Cheddar R85 per kg, Mozzarella, Melktert, VARS ROOM

Ons lekker verrassings het net betyds opgedaag sodat jy op hierdie heerlike vakansiedag by ons kan kom kuier. Ons is alle vakansiedae oop van 8 tot 5. Hier is ‘n paar planne vir jou afdag:

PLAN A: Begin met ‘n gesonde ontbyt. Maak lekker Scones met ons Plain Yoghurt – R16.50 vir ‘n kg, Gegeurde Yoghurt 1kg en 850g – gewoon en Fabulite (suikervry) R16.50

PLAN B: Nooi vriende oor met ‘n lekker kaasbord: Bloukaas R22.50, President Camembert en Brie R19.50, Biltong en Droewors, Groenvye R60, 3 PAKKE LONG CHIPS vir R25, 2 pakke MASTER CHIPS vir R25, Drinking yoghurt R6.50 vir die kinders, Soutigheidjies van oom Freddie en natuurlik kan jy nie vriende oornooi sonder daai Heerlike DIK, MELKTERT (R112), en een van daai vele soorte Koeke van Marietjie. Oom Freddie en Marietjie van die ou Bakoondjie het hoooope koeke gebak sodat ons nie uit voorraad uit raak die naweek nie. Hertzoggies, Sjokolade Granache koek, vlakoek, cupcakes….. daar is so baie – te veel om te noem. Geniet dit.
Lees gerus verderGerasperde Cheddar R85 per kg, Mozzarella, Melktert, VARS ROOM

Posted on

OPGEE IS NIE ‘N OPSIE NIE

Ek het vandag my horlosie, my selfoon en R500 vir ‘n arm persoon gegee. Die blydskap, geluk en vreugde wat ek ervaar het is moeilik om te beskryf – veral toe hy die mes terugsit in sy sak.

JY WEET JY IS IN SUID AFRIKA: as jy in jou motor klim en sien dat jou troetelslang nie meer in sy houer is nie (hy het die houer se deksel afgedruk en skuil in die kattebak) en jou eerste gedagte is: “IEMAND HET MY KAAPSE KOBRA GESTEEL”

Daar is baie visse innie see….. myne le seker al in die kerrie vir Easter Weekend.

In ons land gee ons nie op nie. As jy hou van lekker kaas, maar jou beursie pas nie by jou lus nie, maak jy ‘n plan. Jy koop by Kookwater. … Lees gerus verderOPGEE IS NIE ‘N OPSIE NIE

Posted on

O KOEK, HIER KOM ‘N DING. WEN ‘N KOEK ELKE WEEK

Ek wou nog altyd graag koeke in Kookwater verkoop. Die geleentheid om dit te doen het verlede week opgeduik. Een van die eienaars van Bakoondjie (Wellington se tuisnywerheid) het kom vra of hulle nie hulle produkte deur Kookwater kan verkoop nie. Ek het gese soos my oom die Ds toe hy met sy troue gevra is wat hy antwoord op al die vrae: JA, VAN GANSER HARTE. Oom Freddy het vir ons ‘n melktert gebring om te proe en laat daar geen illusie wees nie. OOM FREDDY MAG MAAR. Daai melktert is GROOT, DIK EN HEERLIK. Teen R112 – ‘n wenner. Oom Freddie bak ook heerlike soutigheidjies – pasteitjies en so. Mariette se koeke is meesterstukke. Die engelse noem dit EYE CANDY. Soos ek die foto’s op ons Facebookblad laai, stroom die komplimente in en ek kan sommer sien hoe die kwyl drup op hul selfone. Sjokolade Mousse Koek R140, Karamel Roomkoek R140, Vlakoek, Oreo Koek, Lemoen Maaskaaskoek. Cupcakes groot R10, Klein R75 per dosyn. Te veel om op te noem. Te mooi vir woorde. … Lees gerus verderO KOEK, HIER KOM ‘N DING. WEN ‘N KOEK ELKE WEEK

Posted on