Produkte wat vlieg en dinge wat gedoen moet word.

Posted on
Graffiti Kookwater voorblad

Kom ons begin met die nuus wat jy nodig het om jou dag te maak:  Die winkel maak 8 uur oop. Maak seker dat jy daar is en nie later gaan se: ‘Maar julle het dit dan geadverteer’ nie.  Dit gaan vinnig uitverkoop, want die prys is laag en ons het net een pallet gekry.  330g NU VEG Klaargaarkosse: Pampoenkoekies, Creamed Spinach, Roast Veg, Butternut, Potato Bake, Variety pack, Potato Mash en Savoury rice – R27.50 of enige 2 vir R50. (gewone prys R59)  OOK 350g NU VEG ASIAN RANGE: CHOP SUEY en SWEET and SOUR: R35 of enige 2 VIR R65 (Gewone prys R64.99).  187g WEETBIX (10 Koekies) R16.50 of 2 pakke vir R30.  210g Shortbread Fingers R21.50 en Heerlike ingevoerde SPERLARI HARDE NOUGAT R29.50.  HEINZ BALSAMIC SALAD SPRAY WITH A HINT OF GARLIC  R13.50.

Soja, nou is die lekker nuwe produkte bekendgestel en kan ons fokus op dit wat gedoen moet word.  

PLAN A:  Ek kan nie daai pragtige marmer mure en marmer pilare in Athene met die graffiti uit my kop uit kry nie.  Ek sal nie toelaat dat daai ook gebeur hier waar ek ‘n verskil kan maak nie.  Ons begin vandag om die graffiti op die buurman in Newton se gebou dood te verf.  Daar is heeltyd mense wat se: Julle mors jul tyd en geld. Die graffiti sal more weer terug wees.  Dis heel  waarskynlik wat gaan gebeur, maar dan sal dit weer toegeverf word.  My ondervinding is dat die aptyt vir graffiti op raak as jy sien dat jou kunswerk (en geld om die spreiverf te koop) nie lank bly nie.  Ons het ‘n waterbasis produk ook bestel wat spreiverf afhaal van sement, sierstene, plastiek en yster af.  Dit sal gebruik word om die kunswerke wat gister op die Munisipale toilette by Usave in Mbkweni opgekom het, af te haal.  (nadat ons daai mure die vorige keer skoongemaak het, het dit darem minstens ‘n jaar skoon gebly).

PLAN B:  Keukenhof se 7 miljoen Tulpe is ingebrand in my geheue en die idee moet ook in my dorp versprei word.  Die blomme op die sypaadjie langs ons Newton winkel kort afronding.  Ons beplan om ‘n mooi paadjie te maak en die blomakker af te rond.  Die blommetjies begin nou kop optel – die bokke het ‘n rukkie weggebly.  Ons kry 300 sypaadjie randstene gratis langs die N1 (wettig met toestemming) om te gebruik vir hierdie paadjie.  Daai goed is swaar, maar ons begin vandag al aanry.  Hou gerus die vordering dop as jy daar verby ry en jaag sommer die bokke ook weg as jy hulle daar sien.

PLAN C: ROMMEL IS ‘N PROBLEEM in ons dorp, maar ons sal nie moed opgee nie.  Elvis en Wifey (sy vrou) sal vandag weer hul 50+ sakke rommel optel vanaf die Puma Garage tot by Checkers.  Ek sal nie skaam wees vir my dorp as toeriste hier deur ry nie.  

OM R80 (4 Euro) TE BETAAL VIR ‘N 330ml BLIKKIE COKE ZERO IN VENISIE MAAK SEER.  Die koeldrank smaak dan nie meer lekker nie.  Ek het ‘n plan gemaak.  In die stad Split in Kroasie kon ek my voorraad aanvul met 1 liter Coke Zero vir R30 (1,5 Euro)  Ek het swaar gedra, maar ek het ‘n plan gemaak, nie gekerm oor die duur goed nie.  Volg my voorbeeld en koop lekker goed teen lekker pryse by Kookwater.  HOU OP KLA oor die duur pryse. Se vir jou kollegas wat so kla hulle verdien om duur te betaal as hulle nie by Kookwater koop nie.

  • GERASPERDE CHEDDAR – R85 per kg.   GERASPERDE MOZZARELLA R25 vir 250g.
  • WHISKAS KATKOS R85 vir 2KG
  • 2 pakke MASTER CHIPS vir R25, 3 pakke LONG CHIPS vir R25,  10 pakkies chips vir R35..
  • 820g INGELEGDE PERSKES R9.50 OF R9 as jy ‘n boks van 12 koop.  
  • 2 sespakke yoghurt vir R23, 
  • 2 bottels 500g ALL GOLD Tamatiesous vir R21.90
  • 4 bakkies OVERNIGHT OATS vir R55.  
  • Heerlike Koeke vanaf R100 en Oom Freddie se lekker dik Melkterte vir R112.

‘n Ouerige tannie word afgetrek omdat sy die spoedgrens oorskry het.   Tannie:  Is daar fout?  Spietkop: Mevrou jy het die spoedgrens oorskry.  Tannie: O, ek sien. Spietkop: Kan ek jou lisensie sien asb.? Tannie: Ek het nie een nie.  Ek het dit 4 jaar gelede verloor as gevolg van dronkbestuur.    Spietkop.  Ek sien… Kan ek jou voertuig  se registrasie papiere sien asb?  Tannie:  Ek kan dit nie doen nie.  Spietkop: Hoekom nie?  Tannie: Ek het die kar gesteel.  Spietkop: Gesteel?   Tannie: Ja, ek het die eienaar doodgemaak en opgesaag.  Spietkop: Jy het wat gedoen?  Tannie: Sy liggaamsdele is in plasieksakke in die kattebak.  Wil jy sien?   Die spietkop kyk na die tannie en beweeg stadig agteruit na sy kar en roep oor die radio om hulp. Binne minute staan 5 polisie karre om die Tannie se kar..  ‘n Offisier stap nader na die Tannie se kar toe, hy hou sy hand gereed om sy pistool uit te pluk.  Offisier:  Mevrou sal jy asseblief die kar se kattebak oopmaak.  Tannie: Is daar ‘n probleem meneer?  Offisier: Die spietkop se jy het die eienaar vermoor en opgesaag en sy liggaamsdele is in die kattebak..  Die Tannie maak die kattebak oop.  Dit is dolleeg.  Offisier.  Is dit jou kar mevrou?  Tannie: Ja, hier is die registrasiepapiere.  Offisier:  Die spietkop beweer jy het sonder ‘n lisensie bestuur.  Die Tannie grawe in haar handsak, haal die lisensie uit en gee dit vir die Offisier.  Die Offisier kyk mooi na die lisensie.  Hy verstaan nie wat aangaan nie.  Offisier:  Dankie Mevrou.  die Spietkop het gese dat jy nie ‘n lisensie het nie, dat jy die kar gesteel het, en dat jy die eienaar vermoor het en opgesaag het.  Tannie:  Ek wed jou die klein liegbek het vir jou gese dat ek die spoedgrens ook oorkry het, ne?

LES VIR VANDAG:  Moenie met ou tannies mors nie..

 

Lekkerprys Groete

Outoppie Rossouw

Kom “JOIN” ons nuwe goeie nuus en Kookwater Planne Groep!
 
Deel asseblief jou goeie nuus, nuwe idees, resepte of humor op hierdie blad! Ons het meer hiervan in ons lewe nodig.