1 Mei is die dag wanneer die werkers kom hardloop op Wellington. Gister het 6000 weer deelgeneem aan die jaarlikse Rhodes Halfmarathon – voorheen die Safari Marathon. Dit is met trots in my hart dat ek kan aankondig dat ek gister vir 35 jaar in ‘n ry die Rhodes halfmarathon in Wellington misgeloop het. Geluk aan al die ander deelnemers. Dit was lekker om julle in ons dorp (en ons winkel) te he.
As dit pap (of yoghurt) reen, moet jy skep. By Kookwater gaan dit rof. Die yoghurts reen in groot hoeveelhede en klein pryse. Ons nuutste WENNERPRYS is ‘n BOKS VAN 8 SESPAKKE YOGHURT VIR R40. Dis R5 vir sespak (as jy ‘n boks koop). Ons het in 2020 aan die begin van Covid ook hierdie prys gehad. Ek onthou nog goed hoe die mense buite die winkel in rye gewag het om toegelaat te word (net 15 mense in die winkel op ‘n slag). Ek het almal kalm gehou. Die een groot vraag was heeltyd: “As ek nou voor kom, sal daar nog bokse yoghurt wees?” Ek het almal gerusgestel en moes heeltyd bakkievragte vol yoghurt aanry. Dit was groot pret. Vandag hoef jy nie meer buite te staan nie. Kom in en kry jou en die buurt se kinders se yoghurt. Dit sal hartseer wees as jy Saterdag opdaag en dit uitverkoop is.
Dis darem nie net die Parmalat sespakke wat so goedkoop is nie:
- 2 x 850g of 1kg Parmalat yoghurt vir R25
- 2 x Dairy Snack (Drinking Yoghurt) vir R10
- 3 x 175ml PLAIN YOGHURT vir R10
- 6 pak NUTRIDAY R13.50
- 900G NUTRIDAY R16.50.
- 3 KLEIN AVO’S vir R10
- Koeke, Melkterte, Hertzoggies, ‘Brownies’, ‘Trifle’, Kaaskoek en vele ander soet- en soutgoed. Vars gebak. Daai koeke word daagliks afgelewer by die hope.
- Pragtige Carnival Proteas – 5 vir R55, Venus – 3 vir R55.
- ‘Plain’ Roomkaas R29.90, Gerasperde Cheddar R95 per kg, Overnight Oats 4 vir R55. VARS BROOD – Wit en Bruin R14, Heerlike kouevleise – heerlike lae pryse, 3 Longchips vir R25, 10 pakkies Chipos Chips vir R35, 2 pakke Master Chips vir R25, 3 Alibi Max sjokolades vir R15, 200ml LASSIE sappies R3.
- Pragtige HOUT BOKSIES vir MOEDERSDAG – vanaf R25.
DRINGENDE BOODSKAP: Daar is gevind dat lelike bakterie in sekere kosse nou ook na BRANDEWYN versprei het. Almal word versoek om so gou as moontlik al hulle bottels Brandewyn by my huis te kom aflaai vir toetse. Toetse werk beste met ys en Coke, so bring dit ook saam. Onthou… dis maar net omdat ek omgee vir jou gesondheid.
Ek kan net een persoon op ‘n dag gelukkig maak. Vandag is nie jou dag nie. More lyk ook nie goed nie. (jy sal maar moet yoghurt en koek koop om jou gelukkig te maak.)
HOE OM ‘N PAD OOR TE STEEK IN SUID AFRIKA: Kyk links en regs vir voertuie en fietse. Kyk bo vir vliegtuie en onder vir slaggate. Kyk weerskante vir kapers – hou jou handsak styf vas en hou die ou langs jou dop. Loop dan ‘zig zag’ oor die straat om dwaal koeels te vermy.
Ek lees vanoggend KANEEL help jou om gewig te verloor…. Ek was so beindruk dat ek onmiddelik 7 van oom Freddie se melkterte gaan koop het.
Ek wil nou nie spog nie, maar ek is sooo HOT en SEXY…. Selfs die Coke maak vir my psssst as ek dit oopmaak.
PVA vir die dag (plan van aksie): Koop 2 bokse yoghurt en gee dit weg vir die kinders in die buurt, Koop 2 van oom Freddie se melkterte (vir die kaneel) en koop ‘n pragtige houtboksie vir moedersdag – sommer vir jouself. Stuur bietjie daai lekker resepte met produkte uit ons winkel en maak seker dat jy daai kontant wen. Jy is mos trots op jou en jou ouma se resepte.
YOGHURT GROETE
KWVrans Rossouw
Deel bietjie jou lekker resepte met ons en wen ‘n lekker prys. Jou lekker resep sal ‘n glimlag op baie gesiggies laat en die prys sal jou gesiggie ook ophelder.
