Gerasperde Cheddar R85 per kg, Mozzarella, Melktert, VARS ROOM

Posted on

Ons lekker verrassings het net betyds opgedaag sodat jy op hierdie heerlike vakansiedag by ons kan kom kuier.  Ons is alle vakansiedae oop van 8 tot 5.  Hier is ‘n paar planne vir jou afdag:

PLAN A:   Begin met ‘n gesonde ontbyt.  Maak lekker Scones met ons Plain Yoghurt – R16.50 vir ‘n kg,  Gegeurde Yoghurt 1kg en 850g – gewoon en Fabulite (suikervry) R16.50

 

PLAN B:  Nooi vriende oor met ‘n lekker kaasbord: Bloukaas R22.50, President Camembert en Brie R19.50, Biltong en Droewors, Groenvye R60, 3 PAKKE LONG CHIPS vir R25,  2 pakke MASTER CHIPS vir R25, Drinking yoghurt R6.50 vir die kinders, Soutigheidjies van oom Freddie en natuurlik kan jy nie vriende oornooi sonder daai Heerlike DIK, MELKTERT (R112), en een van daai vele soorte Koeke van Marietjie.  Oom Freddie en Marietjie van die ou Bakoondjie het hoooope koeke gebak sodat ons nie uit voorraad uit raak die naweek nie.  Hertzoggies, Sjokolade Granache koek, vlakoek, cupcakes…..  daar is so baie – te veel om te noem.   Geniet dit.

 

PLAN C: Hou op kla oor hoe duur kaas en al daai dinge is.  Kom spaar by Kookwater:  Gerasperde Cheddar R85 per kg.  Gerasperde Mozzarella R25 vir 25g, 820g Ingelegde Perskes is nou weer R9 as ‘n boks koop, VARS ROOM  kos weer 4 vir R20, 100g NUTRIDAY SNACK 4 vir R20 of die 150g Nutriday vir 3 vir R20, 500g gevriesde Bloubessies R25. DIS VAKANSIETYD vir die kinders – 10 pakkies 30g chips vir R35.  

 

Ek kan nog laaank aanhou met die lipleklekker pryse, maar dis sleg vir jou rekenaar as jy kwyl op die sleutelbord.

 

Ek het Saterdag R40 met die Lotto gewen.  Ek vra dat almal my privaatheid sal respekteer terwyl ek my pad vorentoe deeglik beplan.

 

We need to stop giving serial killers cool names like “The Night Stalker” or “The Green River Killer”.  We should remove the mystique, make it sound less appealing: “The Micropenis Maniac” or “Bobby Dipshit, The Stupid Murderer”

 

Ek hoor daar’s ‘n nuwe TV program vir Ford manne…..” Boer soek ‘n tou”

 

‘n Spinnekop het nou net oor my hand gekruip en nou Google ek met my ander hand hoe om ‘n vurk uit been te haal sonder om nog meer skade aan te rig.

 

RUS ‘N BIETJIE, Eet ‘n melktert, Lag ‘n slag.  Jy verdien die vakansiedag en die 1 dag week daarna.  Ons kan nie wag om jou in die winkel te sien nie.

 

Kookwater Groete

Frans Melktert.

Ek moes vir oom Freddie vra om meer van daai R20 stukke melktert te bring.  Ek kan nie elke dag ‘n melktert in die bakkie saamvat Kaap toe nie.  Die bakkie sal later te swaar op petrol raak van die ekstra gewig van die drywer.

Kom “JOIN” ons nuwe goeie nuus en Kookwater Planne Groep!
 
Deel asseblief jou goeie nuus, nuwe idees, resepte of humor op hierdie blad! Ons het meer hiervan in ons lewe nodig.