Ek is opgewonde. KWALITEIT PRODUKTE TEEN KOOKWATER PRYSE

Dis heerlik om te sien hoe dinge reggemaak word na die storms. Dankie. Een van my werkers moes gister ‘n stukkende ID dokument laat vervang by Binnelandse Sake – Afspraak vir 11 uur, 12 uur uit. Dankie (Dis ongehoord) Ek is mal oor die nuwe, vars idees van die nuwe ministers. Ek is redelik seker dat heelparty van hul planne vir ‘n verandering uitgevoer gaan word. Dankie by voorbaat. Ek is veral dankbaar vir die heerlike nuwe produkte wat ons die week ingekry het. Kyk bietjie hier: … Lees gerus verderEk is opgewonde. KWALITEIT PRODUKTE TEEN KOOKWATER PRYSE

Posted on

So dis koud. Wie’s bang?

Ek het my voorberei om lekker te vertel uit ‘n YSkoue Prins Albert hoe die Boland maar kan spog met hulle VREEESLIK BAIE REEN, want Prins Albert het een stappie hoer – sneeu. Nou het die Boland oorvloedige sneeu ook en sit ek maar net hier en bewe. Maandag se maks van 8 grade het seergemaak. In vanaand se kommunikasie met my winkelbestuurders, het ons gefokus op nog meer bemarking, nog mooier winkels en die basiese goed soos goeie klientediens – ons kan nie wag om jou in die winkel te sien nie. … Lees gerus verderSo dis koud. Wie’s bang?

Posted on

Die IERE, die Koeke en die Terte

Ek is reg vir hierdie naweek. Die Iere kan maar kom. Ek, Oom Freddie se melktert, ‘n kilo Biltong en een van Mariette se nuwe Terte is reg vir hulle. Dit gaan ‘n lekker wedstryd wees – op en voor die TV. Om die verversings af te sluk – ‘n sakkie organiese kitstee (daar is nie tyd om te wag vir die sakkie om te trek nie.). 3 bakkies Dip&Top vir R30, 3 Alibi Max stafies vir R15 (vars voorraad kom vandag in). … Lees gerus verderDie IERE, die Koeke en die Terte

Posted on

WEN, WEN, WEN BY KOOKWATER

Die Springbokke het gewen, die Blitsbokke het gewen en die Proteas het die Wes Indiese Eilande opgerol. Dis net die een wen op die ander. In jou lewe is dit einde van die maand en natuurlik het Kookwater ‘n paar produkte wat jou beursie al die pad bank toe sal laat wen. As hierdie goeie wenne jou nie opgewonde maak nie, het jy ‘n bietjie humor nodig: … Lees gerus verderWEN, WEN, WEN BY KOOKWATER

Posted on

HIER GAAT ONS – met ‘n groooot glimlag.

Die plaaslike aandelebeurs het gister met 3,5% gestyg. Die meeste in jaaaare. Die rand is aan die klim – vir ‘n verandering in die regte rigting: R18.07 teen die dollar gister. Die dieselprys en petrolprys toon tans ‘n R1 oorverhaling wat beteken dat daar waar ek nou diesel ingooi, behoort die diesel volgende maand minder as R20 per liter te wees – dis heerlik. Plaaslik is die Rossouw gesin nou volledig gegradueer. Ons loop oor van trots. Die ou met die droe tanne in die dorp is die uwe. Ek (EN JY) het soveel om voor dankbaar te wees. Deel bietjie jou glimlag vandag – niemand hou in elk geval van ‘n suurgat nie. Die ironie is dat ons nog steeds lemmetjies GRATIS WEGGEE. Dit beteken jy kan ook. Vat ‘n mooi mandjie lemmetjies vir jou vriendin of buurman (jy hoef nie te se dat jy dit verniet kry by Kookwater nie). Dis die idee wat tel. Dis ‘n mooi geskenk.

So is daar rede om te glimlag by Kookwater? O JA, ons is hier om jou (en jou beursie) te BEDERF:
Lees gerus verderHIER GAAT ONS – met ‘n groooot glimlag.

Posted on

JOEFDAY, OUPADAG EN NOG ‘N LANGNAWEEK VIR DIE PA’S

Nog ‘n Paasnaweek. Die pa’s is darem bevoorreg. Die dat Joefday en Vadersdag nou saam gevier word, kan dalk probleme veroorsaak, veral by die Joef. Moet ons nie liewer ‘n Oupadag ook inbring nie? Hoe anders gaan ons oues van dae onderbroeke en sakdoeke in die hande kry? My laaste bottel Old Spice, wat ek in 1981 voor my matriekafskeid gekry het, het ook al lankal verslaan. Blouwillemaandag in die Burger (Maandae) deel hierdie week die storie van die outjie wat ‘n opstel moes skryf oor ‘Wat is ‘n oupa?’. : Die outjie skryf: “Oupas is mans-oumas. Oupas is slimmer as jy want hy help jou met goet waarmee jy nie self kan regkom nie. Oupas gaan stap met klein sienkies en gesels oor fisvang en trekkers. ‘n Oupa werk nie en daarom het hy tyt vir jou behalwe as hy wil slaap want oupas slaap graag. Oupas kan nie goed sien nie, daarom wil hy altyt weet wat jy doen. Oupas het baaaie geld want hulle koop elkedag ‘n koerant. Elkeen moet perbeer om ‘n oupa te kry want dis beter as telewiesie. … Lees gerus verderJOEFDAY, OUPADAG EN NOG ‘N LANGNAWEEK VIR DIE PA’S

Posted on

TERUG NA NORMAAL? NUWE NORMAAL? DIESELFDE OU TWAK?

Die groot afwagting is verby. Die lang wag in die rye is verby. (Ek het bewondering vir die ouens en vrouens wat so lank in die rye gestaan het). Nou wat nou? Hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde? Ons kan tog nie teruggaan na die ewige geween en gekners van tande oor alles wat verkeerd is nie…. die facebook krygers wat alewig reken die vinger is magtiger as die hand. Dis tyd dat ons die hand uit die mou haal en iets doen. Hoekom is ons toegangsroetes tot ons dorpe langs die paaie so vuil? Hoekom le die papiere in jou straat, in jou parkie, teen jou skool se drade, voor jou besigheid en langs jou plaas se grensdrade aan weerskante van die pad wat aan jou plaas grens? WAAR IS DIE TROTS? WAAR IS DIE SKAAMTE? Seker die regering se skuld… Ek kom gereeld mense tee wat groot uitbrei oor hoe vuil alles is en hoe hulle al die munisipaliteit aangevat het en wat hulle alles gedoen het, behalwe ‘n sak gevat het en die gemors in hul eie straat skoongemaak het. As jy ‘n man kan kry om in jou tuin te werk, hoekom kry jy nie ook iemand om jou BUURT / STRAAT / SYPAADJIE skoon te maak nie? HOEKOM BLOM ONS DORP NIE? Ons dorp het mense soos JY nodig, met beursies soos JOUNE, en hande soos JOUNE. JY kan help planne maak …….. of net agteroor sit en KLAAAA. … Lees gerus verderTERUG NA NORMAAL? NUWE NORMAAL? DIESELFDE OU TWAK?

Posted on

Die Stemmery, die KOEKE en die Outoppie

Die lug was gevul met geesdrif vir die stemmery. By sekere van die Wellington stemlokale was die stem persentasie naby 80%. Die rye was lank. Die son was rof. Die manne by die vleisbraai by die NG Kerkbasaar het keppies gedra met #STEM WORSROL, #STEM AFVAL EN #STEM SKAAPCHOP op. Hulle het mooi by die dag se tema ingepas. Die uwe het darem self die stemrye aangedurf, maar met ‘inside info’. Mammie was daar by ‘n stalletjie en het laat weet hoe lank die rye is. Hier by 1 uur se kant het die boodskap deurgekom dat die OUTOPPIE RY nou lekker kort is. En daar beleef ek toe hoe lekker dit is om soos ‘n outoppie behandel te word. Kookwater het ‘n wenresep op Maandae met die outoppieding. Die een vrou het laat hoor dat meneer Kookwater nie oud genoeg is vir die ry nie. Ek het maar sterk gestaan en gese my vrou het gese ek moet in die ry staan. Almal was daarmee tevrede. … Lees gerus verderDie Stemmery, die KOEKE en die Outoppie

Posted on

Galbani Mozzarella, Finish Powerball, KWARTELEIERS, Hoe’s daai vir ‘n verskeidenheid?

Ek het die volgende ‘wysheid’ op sosiale media opgetel: “It does not matter where you are in life, because the great thing about life is that it is always your NEXT MOVE that counts. No matter where you are, you can change your life if you want to. It’s always your next decision.” Sal dit nie lekker wees as die mense rondom jou nie in sak en as sit oor die land, die vooruitsigte, die ekonomie en misdaad nie. Ek funksioneer beter as ek omring word deur mooi goed en positiewe mense. Mooi blomme doen dit vir my. Ek plant hulle totdat daar genoeg is. As die tweebeen en vierbeen bokke (bokkers) dit steel of opvreet, dan plant ons nog. Mooi bome is heerlik in die somer in Wellington. As die beeste dit opvreet of die stout kinders of gangsters dit uittrek en afbreek, dan plant ons nog, want ek wil. Ek fokus daarop om hier rondom my ‘n verskil te maak. Moenie in sak en as gaan sit nie, doen iets aan jou omstandighede, jou lewe. Ek verstaan nie altyd die mense wat niks het, behalwe TYD nie. Hoekom gebruik jy nie jou tyd om die area rondom jou mooi te maak nie. Of jy afgetree is of werkloos by die huis sit. Jy het TYD – gebruik dit om ‘n verskil te maak. IT’S ALWAYS YOUR NEXT MOVE. Jy kan ‘n verskil maak aan ons land – JA JY. … Lees gerus verderGalbani Mozzarella, Finish Powerball, KWARTELEIERS, Hoe’s daai vir ‘n verskeidenheid?

Posted on