Bederf die Moeders van die volk

Posted on
hoof

Die Pa’s het ‘n naweek gehad (Paasnaweek) – dis nou die Moeders se beurt.  Dit gaan alles oor beplanning. “Happy wife, Happy life”.   “Failing to Plan is Planning to Fail”   So…. Kookwater het ‘n paar planne vir die ouens wat bietjie besig is:

 

  1. Koop betyds blomme.  Moenie wag tot Saterdag nie – blomme raak VREESLIK duur voor Moedersdag – net soos rooi rose voor Valentynsdag.  Kookwater het pragtige proteas – 4 vir R55.  Koop sommer vir jou skoonma ook.  Dit laat jou aandele sommer lekker styg.  

 

  1. Reel ‘n lekker KOEK-EN-T vir Sondagoggend.  Mariette bak vir ons heerlike koeke en oom Freddie se Melkterte en soutgoed is hemels.  Jy hou ook mos van Melktert.  Twee vliee met een klap. Kookwater het selfs Tee – 102 sakkies Vyf Rose tee teen R41.90.  Nooi sommer die hele buurt se ma’s.  Daai pragtige harte met balletjies sjokolade soos Ferrero Rocher sal ook mooi lyk op die tafel.

 

  1. Hou die buurt se kinders besig.  Koop ‘n boks yoghurt vir R40 – JA JY HET REG GEKYK.  8 ‘SIXPACKS’ YOGHURT vir R40.  Dis R5 per sixpack.  Mammie sal beindruk wees dat jy gesonde eetgoed vir die kinders koop.  Die kinders sal ook beindruk wees.  Deel uit in die straat.  Dis ‘n BAIE goeie prys.

 

  1. Koop ‘n mooi houtboksie vir moeder (vanaf R25)en vul dit met Oumawange (pienk en wit ‘Marshmallows’)  of Oupawange (die marshmallows met die stoppelbaard – klapper).  Koop sommer ook pragtige grasangelier plantjies vir bietjie kleur in die tuin.  Kom koop ‘n sespak plantjies vir R15.  Die mooiste plantjies wat ons tans het is ‘FOX GLOVE’.  Daar is ver meer as 20 plantjies in ‘n sespak.  Lekker stewige plantjies.  As jy Foxglove google, het jy ‘n probleem.  As jy eers gesien het hoe mooi die blomme lyk, gaan jy ‘n klomp koop.  Hulle groei nou lekker en blom massas klokkies in die Lente.  Geniet dit.

 

Ons het weer ‘n groot voorraad neute ingekry.  Verskeie mengsels soos Health Mix, Energy Mix en vele meer. 

 

AS JY ‘N VROU SE HART WIL STEEL, MOET JY ALTYD OOP KAARTE SPEEL: Debietkaarte, Masterkaarte, silwer, goud of platinum kaarte!!!

 

Maak tyd vir jou meisie of iemand anders sal…Adam was net 2 minute weg, toe vat die slang vir Eva op ‘n vrugte ontbyt.

 

Om populer op sosiale media te wees, is net soos om ryk in Monopoly te wees

 

As jy gaan stem die jaar, sit sommer jou CV ook in daai boks, want onthou: almal belowe ons mos werk.

 

Moenie alles gelyk aanpak nie.  Elke dag iets: Vandag – Koop daai proteas.  Donderdag – koop net ‘n lekker dik skyf Melktert (R20) om die kwaliteit te bevestig.  Vrydag – Koop daai boks YOGHURT en die blomplantjies en plant die goed (die plantjies).  Saterdag – bring die kinders saam en kom haal ‘n paar koeke en houtboksies en sommer soutighede ook en moenie die Vyf Rose Tee vergeet nie.

 

So ja – jy is reg vir Moedersdag.

 

Groete aan die Moeders

Frans Melktert

aka ‘N MAN MET ‘N PLAN

 

Kom “JOIN” ons nuwe goeie nuus en Kookwater Planne Groep!
 
Deel asseblief jou goeie nuus, nuwe idees, resepte of humor op hierdie blad! Ons het meer hiervan in ons lewe nodig.

Deel bietjie jou lekker resepte met ons en wen ‘n lekker prys. Jou lekker resep sal ‘n glimlag op baie gesiggies laat en die prys sal jou gesiggie ook ophelder.

Kompetisie - Competition