DINK BIETJIE GROTER. Doen meer met minder.

Posted on
Venisie voorblad

Ek en Elmien verken tans bietjie Europa.  Almal se geniet dit, skakel af en vergeet nou van die besigheid.  Ek kan nie, bloot omdat ek mal is oor wat ek doen.  So, jammer, maar ek gaan aanhou planne maak. My groot probleem is dat ek nie groot genoeg dink nie.  Terwyl ons daar in een van die groot kanale in Holland aankruie teen 10km/h op ons huisboot, kom hierdie enorme vragskepe verby met vele produkte.  Elkeen van hierdie skepe kos ‘n hele paar miljoen Euros ( x 20 vir Rand) om nie eers te praat van hulle vragte nie.  Dan kry ek myself jammer as ek aan Kookwater dink – veral hoe klein ek dink en beplan en sulke goed.  Ek het my voorgeneem om groter te dink en ‘n groter verskil te maak.  

 

In Venesie – die duurste stad in Europa – is daar vele geboue met vieslike graffitti gespuitverf op die ou ou mure.  Hoekom haal iemand dit nie af nie? Is daar geen trots nie?  #EnjoyRespectVenezia is al ‘n goeie begin om mense bewus te maak.  Ons het meer trots nodig.  

 

Ons het ook meer planne nodig.  My gunsteling tydverdryf is om planne neer te skryf  wat ek gaan doen as ek daai R5 Miljard US LOTTO wen. Ek sal ‘n plaas koop  naby Prins Albert (my grootword dorp) en dit VOL sonpanele sit en gratis krag aan almal op die dorp gee.  Ek sal ‘n watersuiweringsaanleg opsit om al die rioolwater wat tans verdamp word, te suiwer en in parke en op landerye te hergebruik.  Elkeen wat 2 bome op sy erf aan die gang hou kan gratis koopkrag kry.  In Wellington sal ek permanent mense aanstel om ons dorp silwerskoon te hou.  Ek sal Sekuriteitskameras op baie pale in alle woonbuurte sit. Almal verdien om veilig te voel.  Ek het nog baaaie planne.  Die ding met hierdie groot Miljard rand planne is dat jy agter kom dat jy party goed kan doen sonder al daai geld.  Dinge soos WIFI.  Waarom gee alle besighede nie gratis wifi aan hul klante nie?  Dit kos niks meer as wat dit jou in elk geval kos nie.  Daar is selfs Mobiles (huiswinkeltjies en skeepshouers) wat gratis WIFI aan hul klante gee.  Hoekom maak ons nie groter planne nie?  Hoekom laat jy nie mense toe om gratis hul selfone in jou winkel te laai nie?  Dit kos jou omtrent niks.  Vergeet van die verkiesingsjaar en die politieke agendas en moddersmeerdery en begin vee rondom jou winkel (en in die straat langsaan).  Hoekom laat jy toe dat aborsie en penisvergrotings die prominentste ding op jou dorp se lamppale is?  Is dit rerig al waarvoor jy wil he mense jou dorp moet onthou?  Haal dit af – dit gaan jou R200 kos om ‘n outjie te kry om dit af te haal.    

 

Keukenhof in Holland was ‘n inspirasie.  40 tuiniers wat vir 2 maande van die jaar 7 miljoen blombolle plant.  Dit is ongelooflik mooi.  Dit was verlede week se nuusbrief, maar kan jy jou indink hoe mooi jou dorp sal wees as JY begin met iets mooi.  Begin klein, maar dink GROOT.  Van die honderd duisende toeriste wat ek daai dag gesien het, het meer as 90% die hele tyd met ‘n glimlag geloop.  Dit was mooi.  Dit het ‘n invloed op jou wat jy nie sal vergeet nie.  Kom ons probeer ook mooi maak.  

 

So staan Kookwater nog as die kat weg is?  O ja.  Ek hoor die skole sluit en daar is groot winde en baie water.  My vriende in die Karoo Praat van 87mm van Sondag af. Ek hoor die lorries waai om by die tonnel en dit gaan rof.  So hoe kry ons kinders weer terug by die skool na nog ‘n laaaangnaweek.?

  • 2 sespakke YOGHURT vir R23  – (koop die kinders om met iets lekker)  4 NUTRIDAY DAIRY SNACKS vir R20 sal ook werk of 3 ALIBI MAX SJOKOLADE STAFIES VIR R15.
  • Bederf die kattekinders ook:  2kg WHISKAS vir R85.  Wellington het gister 60 pakke gehad en dit uitverkoop teen 11 uur.  Ons het versterkings ingekry.  Daar sal vandag nog wees.  Ek Belowe.
  • Natuurlik is daar ander yoghurts ook: 1kg Fabulite (vir diabetes – suikervry) en 850g gegeurde yoghurts teen R16.50.  3 x 175g Plain Yoghurt vir R10.
  • KAAS KAAS KAAS: R85 per kg vir GERASPERDE CHEDDAR,  R25 vir 250g GERASPERDE MOZZARELLA.
  • 350G Green Valley Geroomde SPINASIE :  2 VIR R30.  Soos die Spur hom voorsit.
  • Chips is mos my swakpunt: 30g skyfies – 10 pakkies vir R35, LONG CHIPS – 3 VIR R25 en 2 pakke MASTER CHIPS VIR R25.

So hier is die brief se lessies vir die week: 1. Spaar geld by Kookwater en spandeer dit op dinge waarvan jy hou. 2. DINK ‘N BIETJIE GROTER en wyer as jou oogklappe.  3. Bederf ander mense ook.

 

Suinige GROETE UIT VENISIE – die land van die R80 blikkies coke zero.

Armgat Rossouw en sy welaf vroutjie

 

Kom “JOIN” ons nuwe goeie nuus en Kookwater Planne Groep!
 
Deel asseblief jou goeie nuus, nuwe idees, resepte of humor op hierdie blad! Ons het meer hiervan in ons lewe nodig.