Ek is lus vir sushi, (die Japanese soort – as die Bokke hulle Sondag opgerol het.) Ek kan nie wag nie vir Sondag se wedstryd nie. By Kookwater het ons die heerlikste verversings – kyk gerus op ons aangehegde pryslys vir ons heerlike kase vir die verversings tydens die wedstryd. Behalwe vir die lekker rugby in Japan, het ons darem baie dinge wat ons by die Japanese kan leer. Respek vir
jou medemens onder andere. Een van die eerste dinge wat ons gehoor het, is dat alles werk, alles is betyds en mense doen moeite om die toeriste welkom te laat voel. Sal dit nie lekker wees as ons ook bietjie van die ongeduld met mekaar omtslae raak en liewer glimlag vir die ou in die motor langs jou in spitstyd nie? Ek bly dink aan daai skakeling tussen gemeenskappe wat my ou grootworddorp, Prins Albert, gereeld aanpak. Die tema is altyd: GROET IS ‘N MOET. … Lees gerus verderBokke, Boere en Boervroue