SOPBENE, SAP – STARBUCKS en Blikke

Die ouens wat weet se ons gaan heerlik reen kry. Die Rossouws is reg daarvoor. Ons het gister lekplekke reggemaak, geseel waar geseel moet word en toegestop waar toegestop moet word. Ek kan nie wag om te sien of dit weer gaan lek nie.
Mammie gaan ‘n GROOT pot sop maak. Perfek vir die stormweer. Kookwater het natuurlik heerlike sopbene ingekry teen slegs R10 per kg. Koop ‘n klomp – gee dit weg saam met die idee van ‘n lekker pot sop. Die beste plan is egter om ‘n ekstra pot sop te kook en dit weg te gee vir iemand wat vanaand gaan koud kry.
Ek is taamlik opgewonde oor die lekker nuwe produkte wat ons nou in die winkel het. … Lees gerus verderSOPBENE, SAP – STARBUCKS en Blikke

Posted on

Yoghurt, Gouda en Kaassmeer

Die onvermydelike het toe gebeur en ons het besluit om dit nie onder die mat in te vee nie, maar om u daarvan te vertel. Ons is die 4e winkel in die Wellington area (wat ons van weet) wat ‘n werker het wat positief getoets het vir Covid19. Ons ‘handyman’ by Daai Kookwater Winkel in Newton is positief getoets vir Covid19. Ten spyte van alle moontlike voorsorg, het die virus ons omseil. Die werker en sy vrou (met geen simptome) het albei volgens die Paarl hospitaal nie genoeg simptome gehad om getoets te word nie. … Lees gerus verderYoghurt, Gouda en Kaassmeer

Posted on

Nou raak die paaartie rof

Nou raak die paaartie rof. (As jy dalk nie Maandag se nuusbrief gelees het nie – Daai Kookwater Winkel in Newton raak 2 jaar oud en ons VIER HEELWEEK FEES) Die eerste 2 dae se laeprysprodukte was taamlik gewild, maar die voorraad hou nog. Ons moet nog ‘n paar lekker produkte bysit om die week darem die moeite werd te maak. (Ons wil nie he die mense moet dink dat kos duurder raak nie). BY KOOKWATER DAAL DIE PRYSE PAPPIE. … Lees gerus verderNou raak die paaartie rof

Posted on

Daai Kookwater Winkel Verjaar

2 Jaartjies oud.  Geen Terrible Twos.  Wel heerlike verjaarsdagpryse.  Daai Kookwater Winkel in Newton het 2 jaar gelede sy deure oopgemaak. Ons is trots daarop en om dankie te se vir jou ondersteuning (van albei ons winkels) het ons hierdie week weer ongelooflike lae pryse op heerlike … Lees gerus verderDaai Kookwater Winkel Verjaar

Posted on

Mooi bly Mooi en Lekker bly Lekker

Mooi bly mooi en lekker bly lekker. Ons fokus hierdie week op albei. Ons kry more weer vars proteas in en ook vars blomplantjies. Die mooiste verrassing hierdie week is ook my persoonlike gunsteling blom – ORGIDIE√č. Daar is nou pragtige stringe orgidiee met tussen 7 en 8 blomme per string teen slegs R69 per string. Die lekkerte van die blomme is dat hulle meer as 3 weke mooi bly. Selfs langer as proteas. Hierdie is ‘n pragtige geskenk vir jouself of iemand anders. … Lees gerus verderMooi bly Mooi en Lekker bly Lekker

Posted on

MOEDERSDAG DINGE

Wat is ‘n huis sonder ‘n moeder en ‘n moeder sonder Tjoklits en blomme? As dit nie was vir die moeders nie, sou my figuur al weke gelede afgeplat het (soos die kurwe moes doen). Die moeders het mooi na ons gekyk en baie nonsens opgevreet. Dis tyd om hulle te bederf: … Lees gerus verderMOEDERSDAG DINGE

Posted on