Ek wou nog altyd graag koeke in Kookwater verkoop. Die geleentheid om dit te doen het verlede week opgeduik. Een van die eienaars van Bakoondjie (Wellington se tuisnywerheid) het kom vra of hulle nie hulle produkte deur Kookwater kan verkoop nie. Ek het gese soos my oom die Ds toe hy met sy troue gevra is wat hy antwoord op al die vrae: JA, VAN GANSER HARTE. Oom Freddy het vir ons ‘n melktert gebring om te proe en laat daar geen illusie wees nie. OOM FREDDY MAG MAAR. Daai melktert is GROOT, DIK EN HEERLIK. Teen R112 – ‘n wenner. Oom Freddie bak ook heerlike soutigheidjies – pasteitjies en so. Mariette se koeke is meesterstukke. Die engelse noem dit EYE CANDY. Soos ek die foto’s op ons Facebookblad laai, stroom die komplimente in en ek kan sommer sien hoe die kwyl drup op hul selfone. Sjokolade Mousse Koek R140, Karamel Roomkoek R140, Vlakoek, Oreo Koek, Lemoen Maaskaaskoek. Cupcakes groot R10, Klein R75 per dosyn. Te veel om op te noem. Te mooi vir woorde.
So hoe werk dit? Jy kom winkel toe en koop wat jy van hou. As jy ‘n funksie beplan en ‘n spesifieke koek of koeke in gedagte het, kom maak jy ‘n draai by Kookwater in Wellington en plaas jou bestelling saam met jou betaling en die detail van wanneer en wat en hoeveel. Ons sorg dan dat dit in die winkel is vir jou funksie. Vir ‘n begin is die koeke net beskikbaar by Wellington se Kookwater Winkel. Wellington het ook ‘n heerlike kompetisie – vir elke koek wat jy koop, word jou naam in die hoed geplaas vir die weeklikse koektrekking. As jou naam Vrydagaand getrek word, kan jy ‘n koek ter waarde van R140 kom haal by die winkel. As jou naam nie getrek word nie, bly jou naam in die hoed vir die volgende trekking of elke trekking tot aan die einde van Maart. Kom gou en kry jou naam in daai hoed.
Die ander winkels kan mos nie agter bly met ‘n kans om iets te wen nie. Ons het gister nog ‘n driekwart ton van daai heerlike gerasperde Cheddar ingekry en die ander winkels se kompetisie werk saam met dit. Vir elke pakkie gerasperde Cheddar wat jy koop, kom jou naam in die hoed om Vrydagaand 1kg gerasperde Cheddar te wen. Weereens bly jou naam in die hoed tot jy wen of tot die kompetisie eindig aan die einde van Maart.
Ons verkoop darem nie net kaas en koek nie. Kyk bietjie hier:
- Gerasperde Cheddar R85 per kg. Die prys kry jy nerens anders nie.
- YOGHURT 1KG EN SESPAKKE KOM WEER VANMIDDAG IN. Die mense het my al in die straat voorgekeer en gevra wanneer die yoghurt weer kom. Wel, dis vanmiddag hier.
- Gemengde neute: Energy Mix, Breakfast Mix, Health Mix, Granola Berry Mix en vele meer. Geniet dit.
- 400ml BODY LOTION, Body Cream en Body Butter, Hydration en Cooling vir mans en dames R14.90
- 50g Tamatie PASTE R4.90, 500ml ALL GOLD TAMATIESOUS – 2 VIR R21.90.
- 410g Ingelegde Koejawels R12.50, 820g Ingelegde Perskes R9.90, 3kg ingelegde Perskes R25, 3kg Fruit Cocktail R35 en vele meer pere, appelkose in verskeie groottes.
- 145g TORTILLA CHIPS – 2 VIR R25. Heerlik.
Vandag soek ek iemand wat my trane sal afvee met sy bankkaart en vir my moed sal inpraat met sy PIN.
As jy lelik is, dan is jy lelik.. Niks van.. ‘Mooi van binne’. Het jy al gehoor van ‘n kort persoon wat lank is van binne?
STUUR ASB AAN: My bakkie is 11 uur by die werk gesteel. Dis ‘n wit bakkie met ‘n blou Tupperware deksel. Daar was 4 snye brood in.
Kom koop ‘n koek, wen daai kaas en geniet die koelte.
Melktert Groete
Soettand Rossouw