‘n GLIMLAG IS AANSTEEKLIK. Toets dit.

‘N GLIMLAG IS AANSTEEKLIK. Probeer dit. Groet mense op straat wat jy glad nie ken nie, met ‘n glimlag. 90% van hulle sal terug groet en ook glimlag. 7% het jou nie gehoor nie en 3% is ongeneeslike suurgatte. JY bepaal die atmosfeer by jou werk. Probeer vandag om nie deel van die ongeneeslike 3% te wees nie. As jy aan niks kan dink om oor te glimlag nie, forseer dit. As jy nog steeds sukkel, kom staan voor die koek- en melktertkaste in Kookwater en probeer om suur te lyk terwyl die kwyl loop. Hier is nog ‘n paar dinge wat jou glimlag sal uitbring – ons koop jou sommer om met lae pryse: … Lees gerus verder‘n GLIMLAG IS AANSTEEKLIK. Toets dit.

Posted on

Produkte wat vlieg en dinge wat gedoen moet word.

PLAN A: Ek kan nie daai pragtige marmer mure en marmer pilare in Athene met die graffiti uit my kop uit kry nie. Ek sal nie toelaat dat daai ook gebeur hier waar ek ‘n verskil kan maak nie. Ons begin vandag om die graffiti op die buurman in Newton se gebou dood te verf. Daar is heeltyd mense wat se: Julle mors jul tyd en geld. Die graffiti sal more weer terug wees. Dis heel waarskynlik wat gaan gebeur, maar dan sal dit weer toegeverf word. My ondervinding is dat die aptyt vir graffiti op raak as jy sien dat jou kunswerk (en geld om die spreiverf te koop) nie lank bly nie. Ons het ‘n waterbasis produk ook bestel wat spreiverf afhaal van sement, sierstene, plastiek en yster af. Dit sal gebruik word om die kunswerke wat gister op die Munisipale toilette by Usave in Mbkweni opgekom het, af te haal. (nadat ons daai mure die vorige keer skoongemaak het, het dit darem minstens ‘n jaar skoon gebly). … Lees gerus verderProdukte wat vlieg en dinge wat gedoen moet word.

Posted on

DINK BIETJIE GROTER. Doen meer met minder.

Ek is MAL oor blomme. My groot verjaarsdag van laasjaar het oorgestaan na vanjaar. Keukenhof was op my emmerskoplys. Vandag se brief het geen specials nie. Net spesiale foto’s.

My mond het so oopgehang van al die mooi blomme. Ons het vir 4 ure geloop en blomme kyk. Heeltyd verskillend, Hulle 40 tuiniers plant 7 miljoen bolle (tulpe, affodille, ens) elke jaar. Dis ongelooflike werk, maar asemrowend. Ek stuur vir jou foto’s. Hoop dit kom lekker groot uit en vreet nie al jou data nie. … Lees gerus verderDINK BIETJIE GROTER. Doen meer met minder.

Posted on

Spaar geld by Kookwater en gee dit dan uit op dit waarvan jy hou.

Ek is MAL oor blomme. My groot verjaarsdag van laasjaar het oorgestaan na vanjaar. Keukenhof was op my emmerskoplys. Vandag se brief het geen specials nie. Net spesiale foto’s.

My mond het so oopgehang van al die mooi blomme. Ons het vir 4 ure geloop en blomme kyk. Heeltyd verskillend, Hulle 40 tuiniers plant 7 miljoen bolle (tulpe, affodille, ens) elke jaar. Dis ongelooflike werk, maar asemrowend. Ek stuur vir jou foto’s. Hoop dit kom lekker groot uit en vreet nie al jou data nie. … Lees gerus verderSpaar geld by Kookwater en gee dit dan uit op dit waarvan jy hou.

Posted on

Ry of Bly. So maak mens!

Langnaweke se sukses hang af van jou BEPLANNING. As jy beplan om die pad te vat, onthou: ‘N GEREELDE MIDDAGSLAPIE VERHOED DAT JY OUD WORD, VERAL AS JY DIT AGTER DIE STUUR DOEN. Rus uit en moenie in die in die koerant terugkom as ‘n statistiek nie. Moenie net aan jouself dink nie, Kookwater kan nie bekostig om klante te verloor nie. Beplan die langpad: … Lees gerus verderRy of Bly. So maak mens!

Posted on

Gerasperde Cheddar R85 per kg, Mozzarella, Melktert, VARS ROOM

Ons lekker verrassings het net betyds opgedaag sodat jy op hierdie heerlike vakansiedag by ons kan kom kuier. Ons is alle vakansiedae oop van 8 tot 5. Hier is ‘n paar planne vir jou afdag:

PLAN A: Begin met ‘n gesonde ontbyt. Maak lekker Scones met ons Plain Yoghurt – R16.50 vir ‘n kg, Gegeurde Yoghurt 1kg en 850g – gewoon en Fabulite (suikervry) R16.50

PLAN B: Nooi vriende oor met ‘n lekker kaasbord: Bloukaas R22.50, President Camembert en Brie R19.50, Biltong en Droewors, Groenvye R60, 3 PAKKE LONG CHIPS vir R25, 2 pakke MASTER CHIPS vir R25, Drinking yoghurt R6.50 vir die kinders, Soutigheidjies van oom Freddie en natuurlik kan jy nie vriende oornooi sonder daai Heerlike DIK, MELKTERT (R112), en een van daai vele soorte Koeke van Marietjie. Oom Freddie en Marietjie van die ou Bakoondjie het hoooope koeke gebak sodat ons nie uit voorraad uit raak die naweek nie. Hertzoggies, Sjokolade Granache koek, vlakoek, cupcakes….. daar is so baie – te veel om te noem. Geniet dit.
Lees gerus verderGerasperde Cheddar R85 per kg, Mozzarella, Melktert, VARS ROOM

Posted on

OPGEE IS NIE ‘N OPSIE NIE

Ek het vandag my horlosie, my selfoon en R500 vir ‘n arm persoon gegee. Die blydskap, geluk en vreugde wat ek ervaar het is moeilik om te beskryf – veral toe hy die mes terugsit in sy sak.

JY WEET JY IS IN SUID AFRIKA: as jy in jou motor klim en sien dat jou troetelslang nie meer in sy houer is nie (hy het die houer se deksel afgedruk en skuil in die kattebak) en jou eerste gedagte is: “IEMAND HET MY KAAPSE KOBRA GESTEEL”

Daar is baie visse innie see….. myne le seker al in die kerrie vir Easter Weekend.

In ons land gee ons nie op nie. As jy hou van lekker kaas, maar jou beursie pas nie by jou lus nie, maak jy ‘n plan. Jy koop by Kookwater. … Lees gerus verderOPGEE IS NIE ‘N OPSIE NIE

Posted on

O KOEK, HIER KOM ‘N DING. WEN ‘N KOEK ELKE WEEK

Ek wou nog altyd graag koeke in Kookwater verkoop. Die geleentheid om dit te doen het verlede week opgeduik. Een van die eienaars van Bakoondjie (Wellington se tuisnywerheid) het kom vra of hulle nie hulle produkte deur Kookwater kan verkoop nie. Ek het gese soos my oom die Ds toe hy met sy troue gevra is wat hy antwoord op al die vrae: JA, VAN GANSER HARTE. Oom Freddy het vir ons ‘n melktert gebring om te proe en laat daar geen illusie wees nie. OOM FREDDY MAG MAAR. Daai melktert is GROOT, DIK EN HEERLIK. Teen R112 – ‘n wenner. Oom Freddie bak ook heerlike soutigheidjies – pasteitjies en so. Mariette se koeke is meesterstukke. Die engelse noem dit EYE CANDY. Soos ek die foto’s op ons Facebookblad laai, stroom die komplimente in en ek kan sommer sien hoe die kwyl drup op hul selfone. Sjokolade Mousse Koek R140, Karamel Roomkoek R140, Vlakoek, Oreo Koek, Lemoen Maaskaaskoek. Cupcakes groot R10, Klein R75 per dosyn. Te veel om op te noem. Te mooi vir woorde. … Lees gerus verderO KOEK, HIER KOM ‘N DING. WEN ‘N KOEK ELKE WEEK

Posted on

Well Done is better than Well Said.

Ek het respek vir mense wat die daad by die woord voeg. As jy sterk voel oor Klimaatsverandering, plant meer bome. As die misdaad jou pla, vra jou sekuriteitsmaatskappy wat hulle in die res van die dorp doen – nie net rondom jou huis nie. Die Facebook Warriors doen dit nie vir my nie. Kerm en kla en swartsmeer het ‘n plek, maar as dit die somtotaal van jou bydrae is, help dit nie regtig nie. Dankie vir die besighede in Kerkstraat en Hoofstraat wat hul bydrae lewer (finansieel) om ekstra sekuriteitspersoneel aan te stel om kriminele aan te keer. Drink op straat, leegle-ery, dra van gevaarlike wapens, urinering, parkeeraanwysers, diefstal en misdaadvoorkoming word saam met die Wetstoepassings beamptes van Drakenstein getakel. Daar is ‘n beweging om hierdie dienste uit te brei na die groter Wellington area. WELL DONE IS BETTER THAN WELL SAID. Daar is ook ‘n Chinese gesegde wat se: WORDS DO NOT COOK RICE. (Ek moet bieg hierdie 2 spreuke het ek geleen by die kerk in die Moedergemeente Sondag). Hou op kla. Doen iets in jou gemeenskap. Tel die papiere op, maak die parkie mooi, gaan stem in die verkiesing. As dinge moet verander, hoekom doen JY dit nie. IF IT IS TO BE, IT IS UP TO ME. … Lees gerus verderWell Done is better than Well Said.

Posted on

Cheddar Specials en lekker dinge

Nes ek dink pryse kan nie laer as ons s’n nie, dan oorval nog ‘n verskaffer my. Ons het nou ‘n GROOOOT klomp Long Chips gekry wat ons gaan gaan weggee teen 3 vir R25 (R22.50 elk elders). Dieselfde ouens help nou ook dat ons Alibi Max kan verkoop teen 3 vir R15. Die 250ml Vars room is nog steeds 4 vir R20 (R26.99 elk elders) en ons klante se vrieskaste raak nou lekker vol, want almal weet nou al dat jy room kan vries. Ons verkoop gemiddeld een pallet room per week. Ek gaan vandag weer ‘n pallet haal. Ons gerasperde Cheddar (R95/kg) is baie lekker en loop vinnig. Die laaste B…. Kaas is op die rakke en raak nou min. Ons R30 is darem heelwat beter as die gewone rakprys van R90. … Lees gerus verderCheddar Specials en lekker dinge

Posted on