Ry of Bly. So maak mens!

Posted on
kookwater kat

Langnaweke se sukses hang af van jou BEPLANNING.   As jy beplan om die pad te vat, onthou:  ‘N GEREELDE MIDDAGSLAPIE VERHOED DAT JY OUD WORD, VERAL AS JY DIT AGTER DIE STUUR DOEN. Rus uit en moenie in die in die koerant terugkom as ‘n statistiek nie.  Moenie net aan jouself dink nie, Kookwater kan nie bekostig om klante te verloor nie. Beplan die langpad:

  • Koop lekker gemengde neute. Ons het ‘n lekker verskeidenheid. Vat genoeg beskuit saam – R23.90 vir 500g by Kookwater, 
  • Oom Freddie se melkterte (R112) of Melktertskywe (R20) en sy soutighede maak elke laaang pad heerlik kort. Trifle bakkies vir R18 of Kaaskoekskywe vir R20.  Jy kan net sowel ‘n mooi koek saamvat vir die mense wat jy by kuier (Moenie met lee hande daar aankom nie).  Of koop dit sommer vir die paar teetye en koffiekuiers – die naweek is laaank.
  • Vat lekker sap saam – R13.50 per liter of CLARK & SONS Pink Tonic, Indian Tonic en Soda Water.  Enige 3 x 1 liter vir R20.
  • CHIPS VIR DAAI KAASBORDE: 10 x 30g pakkies vir R35 vir die kinders.  2 x 145g pakke MASTER CHIPS vir R25 (soos Doritos). 3 pakke LONG CHIPS VIR R25.
  • BILTONG en Droe Wors is belangrike padkos.

AS JY TUISBLY.: Hou by die huisreels: Ek en my vrou het ‘n ooreenkoms – ek erken ek is verkeerd en sy stem altyd saam.  Beplan lekker etes:

  • VARS ROOM 4 X 250g vir R20.  Teen die prys gooi mens dit by omtrent alle kosse.  
  • Maak Pizzas – 250g MOZZARELLA vir R25, meng dit met gerasperde CHEDDAR (R85 per kg) vir bietjie meer geur.  KAASPRYSE IS ROF DEESDAE – Jy kry nerens kaas teen hierdie pryse nie.
  • Maak jou plek mooi: Ons het pragtige PROTEAS – 4 VIR R55.  
  • Plant ‘n boom:  Moringa boompies – R60 elk.  Baie gewild, baie gesond.  Ons het ook pragtige rissieplante R30.

Kookwater is oop op alle vakansiedae (Vrydag en Maandag ook) van 8 tot 5.  Saterdag ook van 8 tot 5 en Sondag Bottoe.  Bring genoeg tyd saam om seker te maak jy mis nie een van die goeie pryse nie.

 

Benut die tyd om weer daai droom van ‘n ekstra inkomste af te stof.  Kom koop by ons en verkoop onder jou vriende of buurt. Daai 820g Perskes, Pere of Appelkose teen R9 as jy ‘n boks koop.  Dit kos R45 in ander winkels.  Sit 100% wins by en verkoop nog steeds vir minder as die helfte van die prys van ander winkels.

 

Genoeg van al die prys stories – jy weet mos ons pryse is puik. 

 

Luiheid is die gewoonte om te rus voor jy moeg is.

 

Seuntjie kyk deur sy ouma se bybel en kry ‘n gedroogte blaar.  Hy kyk grootoog vir sy ouma en se: ‘Ouma, ek dink Eva het haar panty in jou bybel vergeet’

 

Tye (en mans) verander: In die 1940’s het mans gelieg oor hul ouderdom om in die WWII te gaan veg.   In 2024 maak mans of hul vroue is om te wen in sport.

 

In my jong dae kon jy kafee toe gaan met R1 en terugkom met 4 Comics, 3 Kit Kats,  2 Tex’e, ‘n pak chips en ‘n Coke.   Deesdae het hulle kameras orals.

 

BEPLAN ‘N LEKKER BLAASKANS, ‘N GROOT RUS OF ‘N DIEP TIEP.  As ons weer praat is dit in Hollands.  Ek sal probeer om ‘n nuusbrief uit Amsterdam te stuur, maar kan nie belowe nie.  Die tegnologie mag my dalk pootjie. Ek gaan oom Freddie se Melktert mis vir 2 weke.  Moenie stress nie – die winkels is vol, die koeke word gebak en die pryse is lekker laag.

 

Sien jou more.

 

Groete van Ver af

KLM Rossouw

 

Kom “JOIN” ons nuwe goeie nuus en Kookwater Planne Groep!
 
Deel asseblief jou goeie nuus, nuwe idees, resepte of humor op hierdie blad! Ons het meer hiervan in ons lewe nodig.