OPGEE IS NIE ‘N OPSIE NIE

Posted on
https://paramilvets.co.za/

T-Shirts: https://paramilvets.co.za/img-20171211-wa0059/

Ek het vandag my horlosie, my selfoon en R500 vir ‘n arm persoon gegee.  Die blydskap, geluk en vreugde wat ek ervaar het is moeilik om te beskryf – veral toe hy die mes terugsit in sy sak.

JY WEET JY IS IN SUID AFRIKA:   as jy in jou motor klim en sien dat jou troetelslang nie meer in sy houer is nie (hy het die houer se deksel afgedruk en skuil in die kattebak) en jou eerste gedagte is:  “IEMAND HET MY KAAPSE KOBRA GESTEEL”

Daar is baie visse innie see….. myne le seker al in die kerrie vir Easter Weekend.

In ons land gee ons nie op nie.  As jy hou van lekker kaas, maar jou beursie pas nie by jou lus nie, maak jy ‘n plan. Jy koop by Kookwater.

  • Bonnita EDAM kaas loaves: R99 per kg.  Bonnita Gouda blokke (ongeveer 1,2kg) R99 per kg. Dis nie daai oeverblindery van R99 vir 650g nie.  Dis rerig R99 PER KG.
  • GERASPERDE CHEDDAR R85 PER KG.  Gerasperde MOZZARELLA R25 vir 250g (Parmalat)  Ons eerste wenners van die weeklikse 1kg gerasperde Cheddar het die week reeds hul kaas opgeeis. Koop ‘n kg kaas en kry jou inskrywing in die trekking.  Elke week, en jou naam bly in die boks vir solank die kompetisie hou – by Newton en Malmesbury. 
  • CAMEMBERT R17.50, Blaauwberg Bloukaas R22.50
  • 200g FETA KAAS R17.50.  Uiteindelik weer Feta.  Gouspring – die prys is laag – hulle vlieg van die rak af.
  • 1KG DOUBLE CREAM PLAIN YOGHURT R16.50, 1KG en 850g Fabulite (suikervry) gegeurde yoghurt R16.50
  • Die week se wenner: 100g NUTRIDAY JUNIOR DAIRY SNACK – 4 vir R20 (tans R15.99 in ander winkels).  150g – 3 vir R20 (tans R19.99 elders)
  • Die soetighede in Wellington se Kookwater Winkel verstom my daagliks.  Oom Freddie se reuse MELKTERT (R112) WORD NIE GEKLOP NIE.  Ek het die naweek weer ‘n halwe een verorber (ek moes darem met die familie ook deel).Die soutigheidjies, Trifle, Grootkoeke, Kaaskoekskywe en Cupcakes laat my mond water.  Dis ‘n fees vir die oog.  Dankie aan Bakoondjie wat nou hul meesterstukke by ons verkoop.  By Wellington was DENZIL ESAU hierdie week se wenner van die koek.  Vir elke koek wat jy koop by Wellington se Kookwater Winkel, kry jy ‘n kans in die weeklikse trekking van ‘n koek.  Jou naam bly in die boks solank die kompetisie aan is.
  • 5 liter sap R52.50. (as jy iets kry soos dooswyn, dan is hierdie seker papsaksap in ‘n boks), 
  • 400g BODY CREAM, – BUTTER, – HYDRATION ens.  R14.90.  Hulle raak ook nou vinnig op.
  • 30g CHIPS – R3.50 (BOKSPRYS) en LONG CHIPS -3 vir R25.

As die lewe bietjie druk en dit lyk of die dinge teen jou is, hier is raad:  TJANK, SKREE, BYT JOU NAELS, MOER ‘N KUSSING, VAT ‘N LANG AA, BID, TJANK NOGGE BIETJIE….. ma asseblief tog my masekind,  MOETIE OPGEE NIE !

 

DWARSDEURSETTINGSVERMOENDE GROETE

FRANS VASBYT

 

Kom “JOIN” ons nuwe goeie nuus en Kookwater Planne Groep!
 
Deel asseblief jou goeie nuus, nuwe idees, resepte of humor op hierdie blad! Ons het meer hiervan in ons lewe nodig.