JOEFDAY, OUPADAG EN NOG ‘N LANGNAWEEK VIR DIE PA’S

Nog ‘n Paasnaweek. Die pa’s is darem bevoorreg. Die dat Joefday en Vadersdag nou saam gevier word, kan dalk probleme veroorsaak, veral by die Joef. Moet ons nie liewer ‘n Oupadag ook inbring nie? Hoe anders gaan ons oues van dae onderbroeke en sakdoeke in die hande kry? My laaste bottel Old Spice, wat ek in 1981 voor my matriekafskeid gekry het, het ook al lankal verslaan. Blouwillemaandag in die Burger (Maandae) deel hierdie week die storie van die outjie wat ‘n opstel moes skryf oor ‘Wat is ‘n oupa?’. : Die outjie skryf: “Oupas is mans-oumas. Oupas is slimmer as jy want hy help jou met goet waarmee jy nie self kan regkom nie. Oupas gaan stap met klein sienkies en gesels oor fisvang en trekkers. ‘n Oupa werk nie en daarom het hy tyt vir jou behalwe as hy wil slaap want oupas slaap graag. Oupas kan nie goed sien nie, daarom wil hy altyt weet wat jy doen. Oupas het baaaie geld want hulle koop elkedag ‘n koerant. Elkeen moet perbeer om ‘n oupa te kry want dis beter as telewiesie. … Lees gerus verderJOEFDAY, OUPADAG EN NOG ‘N LANGNAWEEK VIR DIE PA’S

Posted on

TERUG NA NORMAAL? NUWE NORMAAL? DIESELFDE OU TWAK?

Die groot afwagting is verby. Die lang wag in die rye is verby. (Ek het bewondering vir die ouens en vrouens wat so lank in die rye gestaan het). Nou wat nou? Hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde? Ons kan tog nie teruggaan na die ewige geween en gekners van tande oor alles wat verkeerd is nie…. die facebook krygers wat alewig reken die vinger is magtiger as die hand. Dis tyd dat ons die hand uit die mou haal en iets doen. Hoekom is ons toegangsroetes tot ons dorpe langs die paaie so vuil? Hoekom le die papiere in jou straat, in jou parkie, teen jou skool se drade, voor jou besigheid en langs jou plaas se grensdrade aan weerskante van die pad wat aan jou plaas grens? WAAR IS DIE TROTS? WAAR IS DIE SKAAMTE? Seker die regering se skuld… Ek kom gereeld mense tee wat groot uitbrei oor hoe vuil alles is en hoe hulle al die munisipaliteit aangevat het en wat hulle alles gedoen het, behalwe ‘n sak gevat het en die gemors in hul eie straat skoongemaak het. As jy ‘n man kan kry om in jou tuin te werk, hoekom kry jy nie ook iemand om jou BUURT / STRAAT / SYPAADJIE skoon te maak nie? HOEKOM BLOM ONS DORP NIE? Ons dorp het mense soos JY nodig, met beursies soos JOUNE, en hande soos JOUNE. JY kan help planne maak …….. of net agteroor sit en KLAAAA. … Lees gerus verderTERUG NA NORMAAL? NUWE NORMAAL? DIESELFDE OU TWAK?

Posted on

Die Stemmery, die KOEKE en die Outoppie

Die lug was gevul met geesdrif vir die stemmery. By sekere van die Wellington stemlokale was die stem persentasie naby 80%. Die rye was lank. Die son was rof. Die manne by die vleisbraai by die NG Kerkbasaar het keppies gedra met #STEM WORSROL, #STEM AFVAL EN #STEM SKAAPCHOP op. Hulle het mooi by die dag se tema ingepas. Die uwe het darem self die stemrye aangedurf, maar met ‘inside info’. Mammie was daar by ‘n stalletjie en het laat weet hoe lank die rye is. Hier by 1 uur se kant het die boodskap deurgekom dat die OUTOPPIE RY nou lekker kort is. En daar beleef ek toe hoe lekker dit is om soos ‘n outoppie behandel te word. Kookwater het ‘n wenresep op Maandae met die outoppieding. Die een vrou het laat hoor dat meneer Kookwater nie oud genoeg is vir die ry nie. Ek het maar sterk gestaan en gese my vrou het gese ek moet in die ry staan. Almal was daarmee tevrede. … Lees gerus verderDie Stemmery, die KOEKE en die Outoppie

Posted on

Galbani Mozzarella, Finish Powerball, KWARTELEIERS, Hoe’s daai vir ‘n verskeidenheid?

Ek het die volgende ‘wysheid’ op sosiale media opgetel: “It does not matter where you are in life, because the great thing about life is that it is always your NEXT MOVE that counts. No matter where you are, you can change your life if you want to. It’s always your next decision.” Sal dit nie lekker wees as die mense rondom jou nie in sak en as sit oor die land, die vooruitsigte, die ekonomie en misdaad nie. Ek funksioneer beter as ek omring word deur mooi goed en positiewe mense. Mooi blomme doen dit vir my. Ek plant hulle totdat daar genoeg is. As die tweebeen en vierbeen bokke (bokkers) dit steel of opvreet, dan plant ons nog. Mooi bome is heerlik in die somer in Wellington. As die beeste dit opvreet of die stout kinders of gangsters dit uittrek en afbreek, dan plant ons nog, want ek wil. Ek fokus daarop om hier rondom my ‘n verskil te maak. Moenie in sak en as gaan sit nie, doen iets aan jou omstandighede, jou lewe. Ek verstaan nie altyd die mense wat niks het, behalwe TYD nie. Hoekom gebruik jy nie jou tyd om die area rondom jou mooi te maak nie. Of jy afgetree is of werkloos by die huis sit. Jy het TYD – gebruik dit om ‘n verskil te maak. IT’S ALWAYS YOUR NEXT MOVE. Jy kan ‘n verskil maak aan ons land – JA JY. … Lees gerus verderGalbani Mozzarella, Finish Powerball, KWARTELEIERS, Hoe’s daai vir ‘n verskeidenheid?

Posted on

Kosblik idees en GRATIS GOED

Baie baie dankie vir die ondersteuning met die 18 ton yoghurt wat ons in 2 weke verkoop het. Ja, ek weet die prys was lekker laag, maar nogtans. So, om dankie te se vir die ondersteuning, gee ons lemmetjies (suurlemoene) GRATIS weg. Saam met elke aankope kan jy ‘n plastiek sakkie suurlemoene kry. As jy mooi vra, kan jy twee kry. Wat maak mens met lemmetjies? Die enigste beperking is jou kreatiwiteit: Lekker sap oor jou vis, Jy gooi dit oor die Avo’s sodat dit nie bruin raak nie. Bak ‘n Lemon Meringue tert of tien. Ek het gehoor dat jy Suurlemoensap, knoffel, Boegoewater en nog ‘n paar goed meng om te verseker dat die verkouekieme (en ‘n paar naby vriende) die pad vat. ‘n Man daar in Newton wys my die sakkie Rooibostee en die sakkie lemmetjies – hy maak heerlike suurlemoentee. Kom haal jou lemmetjies en geniet dit. Jy sal nie sommer ‘n beter prys kry nie.

Ek stap gister met die idee van kosblikke deur die winkel Ek het gedink ek sal darem seker so 4 of 5 idees kry. Groot was my verbasing. Kyk bietjie hier: … Lees gerus verderKosblik idees en GRATIS GOED

Posted on

Bederf die Moeders van die volk

Die Pa’s het ‘n naweek gehad (Paasnaweek) – dis nou die Moeders se beurt. Dit gaan alles oor beplanning. “Happy wife, Happy life”. “Failing to Plan is Planning to Fail” So…. Kookwater het ‘n paar planne vir die ouens wat bietjie besig is:

1. Koop betyds blomme. Moenie wag tot Saterdag nie – blomme raak VREESLIK duur voor Moedersdag – net soos rooi rose voor Valentynsdag. Kookwater het pragtige proteas – 4 vir R55. Koop sommer vir jou skoonma ook. Dit laat jou aandele sommer lekker styg.
Lees gerus verderBederf die Moeders van die volk

Posted on

AS DIT YOGHURT REEN, MOET JY SKEP

As dit pap (of yoghurt) reen, moet jy skep. By Kookwater gaan dit rof. Die yoghurts reen in groot hoeveelhede en klein pryse. Ons nuutste WENNERPRYS is ‘n BOKS VAN 8 SESPAKKE YOGHURT VIR R40. Dis R5 vir sespak (as jy ‘n boks koop). Ons het in 2020 aan die begin van Covid ook hierdie prys gehad. Ek onthou nog goed hoe die mense buite die winkel in rye gewag het om toegelaat te word (net 15 mense in die winkel op ‘n slag). Ek het almal kalm gehou. Die een groot vraag was heeltyd: “As ek nou voor kom, sal daar nog bokse yoghurt wees?” Ek het almal gerusgestel en moes heeltyd bakkievragte vol yoghurt aanry. Dit was groot pret. Vandag hoef jy nie meer buite te staan nie. Kom in en kry jou en die buurt se kinders se yoghurt. Dit sal hartseer wees as jy Saterdag opdaag en dit uitverkoop is. … Lees gerus verderAS DIT YOGHURT REEN, MOET JY SKEP

Posted on

‘n GLIMLAG IS AANSTEEKLIK. Toets dit.

‘N GLIMLAG IS AANSTEEKLIK. Probeer dit. Groet mense op straat wat jy glad nie ken nie, met ‘n glimlag. 90% van hulle sal terug groet en ook glimlag. 7% het jou nie gehoor nie en 3% is ongeneeslike suurgatte. JY bepaal die atmosfeer by jou werk. Probeer vandag om nie deel van die ongeneeslike 3% te wees nie. As jy aan niks kan dink om oor te glimlag nie, forseer dit. As jy nog steeds sukkel, kom staan voor die koek- en melktertkaste in Kookwater en probeer om suur te lyk terwyl die kwyl loop. Hier is nog ‘n paar dinge wat jou glimlag sal uitbring – ons koop jou sommer om met lae pryse: … Lees gerus verder‘n GLIMLAG IS AANSTEEKLIK. Toets dit.

Posted on

Produkte wat vlieg en dinge wat gedoen moet word.

PLAN A: Ek kan nie daai pragtige marmer mure en marmer pilare in Athene met die graffiti uit my kop uit kry nie. Ek sal nie toelaat dat daai ook gebeur hier waar ek ‘n verskil kan maak nie. Ons begin vandag om die graffiti op die buurman in Newton se gebou dood te verf. Daar is heeltyd mense wat se: Julle mors jul tyd en geld. Die graffiti sal more weer terug wees. Dis heel waarskynlik wat gaan gebeur, maar dan sal dit weer toegeverf word. My ondervinding is dat die aptyt vir graffiti op raak as jy sien dat jou kunswerk (en geld om die spreiverf te koop) nie lank bly nie. Ons het ‘n waterbasis produk ook bestel wat spreiverf afhaal van sement, sierstene, plastiek en yster af. Dit sal gebruik word om die kunswerke wat gister op die Munisipale toilette by Usave in Mbkweni opgekom het, af te haal. (nadat ons daai mure die vorige keer skoongemaak het, het dit darem minstens ‘n jaar skoon gebly). … Lees gerus verderProdukte wat vlieg en dinge wat gedoen moet word.

Posted on

DINK BIETJIE GROTER. Doen meer met minder.

Ek is MAL oor blomme. My groot verjaarsdag van laasjaar het oorgestaan na vanjaar. Keukenhof was op my emmerskoplys. Vandag se brief het geen specials nie. Net spesiale foto’s.

My mond het so oopgehang van al die mooi blomme. Ons het vir 4 ure geloop en blomme kyk. Heeltyd verskillend, Hulle 40 tuiniers plant 7 miljoen bolle (tulpe, affodille, ens) elke jaar. Dis ongelooflike werk, maar asemrowend. Ek stuur vir jou foto’s. Hoop dit kom lekker groot uit en vreet nie al jou data nie. … Lees gerus verderDINK BIETJIE GROTER. Doen meer met minder.

Posted on