Dikbekpille en ietsie om ‘DIE OOM’ te bederf

Vir Vadersdag vertel ‘n mens ‘Army’-grappies: Amerika, Brittanje en Rusland wil kyk wie se spesiale magte die beste is en vergader in die Sahara woestyn vir ‘n toets. Die Navy Seals van Amerika word eerste uitgestuur met die opdrag om ‘n kameel te vang. Na 3 ure is hulle terug met ‘n kameel. Die SAS-magte van Brittanje kry dieselfde opdrag en na 12 ure daag hulle ook toe op met ‘n kameel. Rusland se Spesmacht-manne moet ook ‘n kameel gaan soek. Na 18 ure kom hulle daar aan met ‘n olifant wat vol bloukolle en bloed is. … Lees gerus verderDikbekpille en ietsie om ‘DIE OOM’ te bederf

Posted on

Bierbrood, Mieliebrood, Botter, Uie – alles

Dis lekker om aangename verrassings te kry. Ek is mal daaroor. Dit het 2 keer in die laaste week met my gebeur. Laat ek bietjie uitbrei. Ons maak elke oggend die stuk sypaadjie tussen die Diemersfontein robot en die Shoprite robot aan ons kant van die pad skoon van papiere. Die stuk bos op die robot by Diemersfontein het ‘n ongelooflike klomp rommel wat my al baie lank al pla. Groot was my verbasing toe hierdie stuk bos verlede Do/Vrydag pragtig skoongemaak word – dit lyk of een of ander politieke party dit gereel het. Baie dankie. Dis die soort goed wat my aandag trek, nie lee beloftes nie. … Lees gerus verderBierbrood, Mieliebrood, Botter, Uie – alles

Posted on

rustige vakansiedagplanne

Mensig, maar ‘n vakansiedag so in die middel van die week is darem maar lekker. 4 kort weke in ‘n ry kan ‘n mens nogal luilekker maak. Vasbyt, volgende week is alweer ‘n kortetjie. ‘n Mens raak lusteloos en weet nie meer wat om te doen met al jou afdae nie. Wees nie bevrees nie, Kookwater het, soos altyd, ‘n plan. Vandag is ‘n ideale geleentheid om rustig deur al ons produkte te kom loer. … Lees gerus verderrustige vakansiedagplanne

Posted on

plantjies, Koeksisters en Croissants

Gister se reen het weer iets wakker gemaak in my. Daai gevoel om te boer. As dit koeler raak, het ek mos sommer heelwat meer energie en lus om die tuin te pak. Ons winkels blom met die pragtigste Afrikanertjies (vir kleur en om die goggas weg te hou). Daar is ook die mooiste (lekker sterk) groenteplantjies – 3 soorte blaarslaai, mooi groot tamatieplante, Chinese slaai, Rissieplantjie en selfs nog ‘n paar basiliekruid. Kweek jou eie groente. Dis erg gesond. … Lees gerus verderplantjies, Koeksisters en Croissants

Posted on