SES SWART DAE by Kookwater

Die eerste 3 dae van ons swart week was rof. Die dames het met mandjies kaas daar uitgestap. Die goeie nuus is dat al die pryse van die KAAS, KINDERS EN KOFFIE nog steeds geld – kyk gerus op die aangehegde pryslys.
Die tweede fase van die swart week skop nou in. Dis GESKENKE, GROENTE EN GELDSPAAR. … Lees gerus verderSES SWART DAE by Kookwater

Posted on

WOELIGE WINSKOPIE WEEK oftewel Swart Vrydagweek

Kookwater se klante kan die week uitsien na selfs NOG LAER PRYSE. Ons kan egter nie alles in een dag uitpak nie en het besluit om sommer heelweek die fees te vier. Maandag en Dinsdag fokus ons op KAAS, KINDERS EN KOFFIE. Ek wil nie alles herhaal wat hier onder in die pryslys is nie, maar hier is enkele lusmakertjies:
KAAS KAAS KAAS … Lees gerus verderWOELIGE WINSKOPIE WEEK oftewel Swart Vrydagweek

Posted on

Kookwater RED ONS LAND (en swart vrydag)

Ons weet dis eers volgende week Swart Vrydag, maar g’n mens kan so lank wag nie. Ons gooi sommer solank ‘n paar lekker pryse in net sodat jy nou nie volgende week ‘n spier trek nie. Vir die ouens en vrouens wat nie weet nie – Ons het volgende week vanaf Maandag tot Saterdag elke dag uiters lae pryse op vele produkte. Maar vat maar solank hierdie week se laes vir ingeval die voorraad opraak. … Lees gerus verderKookwater RED ONS LAND (en swart vrydag)

Posted on

opkikker idees (en produkte)

Die Springbokke se glorietoer deur SA is goed en lekker en wonderlik, maar dit is mos nou maar eenmaal so dat almal nie altyd op so ‘n hoogtepunt is nie (soos die Engelse span bv). Partykeer maak die lewe jou seer. Ek hoor Saterdagoggend op Ontbytsake (op TV) die een dame se plan vir as dit moeilik gaan. (Dis ‘n 16VL plan en nie vir sensitiewe lesers) Sy se: “As die lewe jou klap dat die snot spat, sit terug en se: Dis OK, ek het nog baie snot”. As hierdie verwysingsraamwerk dalk nie vir jou werk nie, probeer die een: As iemand vir jou se jy’s lelik, slaan terug met: Jy’s bietjie deurmekaar, ek is nie ‘n spieel nie.
Om jou en jou beursie op te beur, het ons ‘n paar lekker nuwe produkte: … Lees gerus verderopkikker idees (en produkte)

klapper-, Olyf- en Canola olies

Daar is al baie gese oor ons ekonomie en gister se doodskoot deur die minister het nie gehelp om my gemoed te lig nie. Vir die ouens wat sukkel om die lig in die tonnel te sien – ek het gevind dat humor beslis die een ding is wat ons in Suid Afrika deur baie dinge help. Ek hoor dat daar Sondag chaos was tydens ‘n nagmaal in ‘n kerk in Japan. Die dominee het gevra of daar iemand oorgeslaan is met die beker. Die hele All Black Span staan toe op en bars in trane uit. … Lees gerus verderklapper-, Olyf- en Canola olies

Posted on

Bokke, Boere en Boervroue

Ek is lus vir sushi, (die Japanese soort – as die Bokke hulle Sondag opgerol het.) Ek kan nie wag nie vir Sondag se wedstryd nie. By Kookwater het ons die heerlikste verversings – kyk gerus op ons aangehegde pryslys vir ons heerlike kase vir die verversings tydens die wedstryd. Behalwe vir die lekker rugby in Japan, het ons darem baie dinge wat ons by die Japanese kan leer. Respek vir
jou medemens onder andere. Een van die eerste dinge wat ons gehoor het, is dat alles werk, alles is betyds en mense doen moeite om die toeriste welkom te laat voel. Sal dit nie lekker wees as ons ook bietjie van die ongeduld met mekaar omtslae raak en liewer glimlag vir die ou in die motor langs jou in spitstyd nie? Ek bly dink aan daai skakeling tussen gemeenskappe wat my ou grootworddorp, Prins Albert, gereeld aanpak. Die tema is altyd: GROET IS ‘N MOET. … Lees gerus verderBokke, Boere en Boervroue

Kookwater en ander Entrepreneurs van HOOP

Man, maar ek het Sondag ‘n preek so in my kraal gehoor. Ek som kortliks op: Uitgebreide navorsing dui daarop dat 65% VAN ALLE MENSE OP AARDE DINK DAT MORE ‘N SLEGTER DAG GAAN WEES AS VANDAG. Ons taak is nie om by te dra tot die statistieke deur gedurig negatiewe dinge oor alles en almal kwyt te raak nie. (Kyk maar hoe graag word die polisie, die munisipaliteit, die hospitale, die regering en vele meer op Facebook afgekraak) ONS TAAK AS CHRISTENE IS OM ENTREPRENEURS VAN HOOP TE WEES. … Lees gerus verderKookwater en ander Entrepreneurs van HOOP