CAMEMBERT en GROOTMAAT KOELDRANK

Een van die vrae wat ek die meeste gevra word, is: As ek grootmaat koop, wat is die beste prys? UITEINDELIK word hierdie ouens se droom bewaarheid. Ons gewone uiters lae prys op Bashew blikkies is R5.50. Hierdie is baie gewild. Ons het nou ‘n grootmaatprys op 2 soorte Bashews: Cola en Iron Brew. As jy 24 of meer koop kos dit net R100 per pak van 24. Dis R4.17 per blikkie. Gaan groot.
Die voorraad Ceres sappies (R21 vir 6x200ml) raak vinnig minder, maar hou nog. Ons het ook ‘n paar ander hittebrekers: … Lees gerus verderCAMEMBERT en GROOTMAAT KOELDRANK

Posted on

VLAK 1 en ons PLANNE RAAK AL HOE MEER

Daar is ‘n pragtige MTN advertensie wat male sonder tal op RSG gespeel word: ONS IS ONBREEKBAAR,  ONS IS ONVERNIETIGBAAR, ONS IS ONVERSLAANBAAR.  Dit steek in my kop vas en ek glo dit.  Is dit nie tyd dat ons uit ons huise kom en uit ons dop kruip nie?

Ek is borrelend opgewonde.  Dit kan die heerlike lenteweer wees of die vlak 1 aankondiging of die moontlikhede wat voorle.  Verskeie ekonome voorspel dat die ekonomie met ‘n V-kurwe herstel.  Dit sal. Soek die geleenthede.  Benut dit.  Richard Branson het gese as jy ‘n goeie geleentheid aangebied word, VAT DIT.  Jy kan later uitvind hoe jy dit gedoen gaan kry. 

Lees gerus verderVLAK 1 en ons PLANNE RAAK AL HOE MEER

Posted on

Positiewe manne met Kookwaterplanne – so tussen die rook en drink deur

Vir my mede Entrepeneurs wil ek net se: If you can run a business IN LEVEL 3 LOCKDOWN, WITH STAGE 2 LOAD SHEDDING, IN A DOUBLE RECESSION WITH NO BEE CERTIFICATE – YOU CAN MAKE IT ANYWHERE IN THE WORLD. Ons sal nie moed opgee nie. Ons sal elke dag opstaan met ‘n lied in die hart (al bewe die liggaam) en ONS PLANNE SAL NIE OPRAAK NIE. … Lees gerus verderPositiewe manne met Kookwaterplanne – so tussen die rook en drink deur

Posted on

Kookwater idee: om vir ANDER mense om te gee

Die ou sondagskoolliedjie het vannag 4 uur in my op opgekom. Onthou jy nog: ” Jy in jou klein hoekie en ek in myn”? Die ander frase was ” Jesus min my salig lot” en dan die meer onlangse liedjie van Joan Armatrading: ” Me, Myself, I “. Alles van toepassing op ons huidige omstandighede. Jy het nou al vir amper 3 weke jou nessie reggepak, jouself jammer gekry en by almal wat wil hoor en nie wou hoor nie gekerm oor allerhande goed. Die Here het vir jou gesorg. Niemand wat hierdie nuusbrief kry het die virus gekry nie. Dis tyd om weg van jouself af te kyk. Ander mense het jou nodig. Kom ons maak ‘n paar planne: … Lees gerus verderKookwater idee: om vir ANDER mense om te gee

Die Gesonde Kwarantyn Konyn

So, wat noem ons die Paashaas vanjaar? Die Kwarantyn Konyn. Ek glo dat daar 3 dinge is wat ons land gaan help om hier deur te kom: Ons sin vir Humor is hoog op die lys. Ek glo ook dat ‘n gesonde leefstyl dalk kan help om die land te red. Ek gaan nie ‘n marathon op my balkon hardloop nie. Ook nie ‘n ystermankompetisie in die tuin nie. Gesond EET en DRINK is die deel wat Kookwater graag mee help:
Lees gerus verderDie Gesonde Kwarantyn Konyn

Posted on