Man vra sy vrou: “Wat sal jy doen as ek die Lotto wen?”
Vrou: “Ek sal die helfte vat, jou net so los en teruggaan na my ma.”
Man: “Ek het so gedink. Ek het R12 by die Lotto gewen. Hier is jou R6. Se groete vir jou ma.”
Toe ek jonk was, was ek ‘n swak gholfspeler. Na jare se speel en oefen is ek nou nie meer jonk nie.
My ducks are absolutely not in a row. I don’t even know where some of them are and I’m pretty sure one of them is a pigeon.
Twee vroue baklei lelik oor die laaste beskikbare sitplek op die bus. Die kondukteur het onsuksesvol probeer om die geskil op te los, tot die busdrywer skree: “Gee die sitplek vir die lelike een.” Albei vroue het vir die res van die rit bly staan.
‘N GLIMLAG IS AANSTEEKLIK. Probeer dit. Groet mense op straat wat jy glad nie ken nie, met ‘n glimlag. 90% van hulle sal terug groet en ook glimlag. 7% het jou nie gehoor nie en 3% is ongeneeslike suurgatte. JY bepaal die atmosfeer by jou werk. Probeer vandag om nie deel van die ongeneeslike 3% te wees nie. As jy aan niks kan dink om oor te glimlag nie, forseer dit. As jy nog steeds sukkel, kom staan voor die koek- en melktertkaste in Kookwater en probeer om suur te lyk terwyl die kwyl loop. Hier is nog ‘n paar dinge wat jou glimlag sal uitbring – ons koop jou sommer om met lae pryse:
- 1kg gerasperde Cheddar R85, President Creamy Blue Bloukaas R18.50 (jy kan weer suur raak as jy sien dit kos R52 by ander winkels – of BREED GLIMLAG as jy weet jy het net R18.50 betaal). Parmalat Mature Cheddar: 230g vir R25. 250g gerasperde Mozzarella R25. 230g PRESIDENT PLAIN CREAM CHEESE R25. Bak ‘n koek. 1kg Lancewood Plain Yoghurt R16.50
- 2kg Whiskas R85. Katte kan ook glimlag.
- Ons PROTEA ‘special’ hou nog: 5 vir R55. As die mense in jou huis nie hou van blomme nie, koop dit vir jouself.
- 800g SNACKTIME SOUTBESKUITJIES R79. SPERLARI HARDE NOUGAT R29.50, 210G SHORTBREAD FINGERS R21.50
- Master Chips – 2 vir R25, 3 pakke LONG CHIPS vir R25, Saltee Crackers R22.90, 10 pakkies CHIPO CHIPS vir R35.
- Heinz Balsamic met ‘n tikkie knoffel – (salad dressing spray) R13.50
- Pragtige houtkissies – nuwe ontwerpe vanaf R30. Kaasborde R120.
Die een ding wat my opgeval het by Keukenhof (behalwe die 7 miljoen tulpe) is dat omtrent 90% van die mense daar in die reen en koue rondgeloop het met die breedste gliimlagte. Dis beslis aansteeklik en onvermydelik as dinge rondom jou glimlagte veroorsaak.
Maak ‘n keuse die week om die wereld te verander: 1. Plant mooi blomme (my blombolle loop al uit), 2. Groet mense op straat – ook die wat jy nie ken nie en 3. HANG DAAI TANNE UIT. (Glimlagte sonder tanne is nog mooier).
Droe tand Groete
Frans Bloukaas
Deel bietjie jou lekker resepte met ons en wen ‘n lekker prys. Jou lekker resep sal ‘n glimlag op baie gesiggies laat en die prys sal jou gesiggie ook ophelder.
