Spaar geld by Kookwater en gee dit dan uit op dit waarvan jy hou.

Posted on
Kookwater francois en Helmien

Ek is MAL oor blomme.  My groot verjaarsdag van laasjaar het oorgestaan na vanjaar. Keukenhof was op my emmerskoplys.  Vandag se brief het geen specials nie.  Net spesiale foto’s. 

My mond het so oopgehang van al die mooi blomme.  Ons het vir 4 ure geloop en blomme kyk.  Heeltyd verskillend, Hulle 40 tuiniers plant 7 miljoen bolle (tulpe, affodille, ens) elke jaar.  Dis ongelooflike werk, maar asemrowend.  Ek stuur vir jou foto’s.  Hoop dit kom lekker groot uit en vreet nie al jou data nie.

Vir die wat nie so mal is oor blomme nie:

  • Wie se daar bestaan nie meer ordentlike mans nie?  Ek het gister ‘n man gesien wat die sambreel vir sy vrou vashou terwyl sy die motor se pap band omgeruil het.
  • 1 April (April Fools Day)  is vernoem na Andy April.  Hy is gebore op 1 April 1926. Hy het al sy pa se bates verloor in ongelooflike swak sake besluite, so mense het hom begin noem: Andy April the Fool. Op 19 het hy ‘n 61 jarige weduwee getrou wat hom geskei het oor sy ‘foolishness’.  Hy het altyd sulke snert stories gelees soos jy nou doen…
  • Ek benodig ‘n ‘password’ van 8 karakters .  Wat van: Sneeuwytjie en die 7 dwergies?
  • Operator: 911 what’s your emergency?    Man: A man just got hit by a car, I need an ambulance.  Operator:  What is your location?   Man:  I am on Eucalyptus street.  Operator:  Can you spell that for me?  Man:(long awkward silence),  Operator: Sir? Are you There?    Man: I’m gonna drag him over to Pine street and call you right back.

Ek en Elmien sal aanhou navorsing doen oor kaasdinge, blomme, bote en ander kookwater dinge.    Ons vier elke dag outoppie en oupoppiedag.  Geniet die foto’s

Blombolgroete uit Holland

Frans Tulp.

Kom “JOIN” ons nuwe goeie nuus en Kookwater Planne Groep!
 
Deel asseblief jou goeie nuus, nuwe idees, resepte of humor op hierdie blad! Ons het meer hiervan in ons lewe nodig.