VLAK 1 en ons PLANNE RAAK AL HOE MEER

Daar is ‘n pragtige MTN advertensie wat male sonder tal op RSG gespeel word: ONS IS ONBREEKBAAR,  ONS IS ONVERNIETIGBAAR, ONS IS ONVERSLAANBAAR.  Dit steek in my kop vas en ek glo dit.  Is dit nie tyd dat ons uit ons huise kom en uit ons dop kruip nie?

Ek is borrelend opgewonde.  Dit kan die heerlike lenteweer wees of die vlak 1 aankondiging of die moontlikhede wat voorle.  Verskeie ekonome voorspel dat die ekonomie met ‘n V-kurwe herstel.  Dit sal. Soek die geleenthede.  Benut dit.  Richard Branson het gese as jy ‘n goeie geleentheid aangebied word, VAT DIT.  Jy kan later uitvind hoe jy dit gedoen gaan kry. 

Lees gerus verderVLAK 1 en ons PLANNE RAAK AL HOE MEER

Posted on

Mooi dae, pragtige blomme en ‘n Kookwater Skoolbrief

Dis heerlike Lente. Die wereld blom en die Boland is pragtig. Ons het die pragtigste Orgidiee ruikers (R95 vir 3 stringe blomme) om iemand se dag en huis mooi te maak. Die groot probleem met die orgidiee (uit ‘n besigheidsoogpunt) is dat dit vreeslik lank hou – letterlik weke. Daar is ook heelwat Proteas en die mooiste speldekussings in die winkels.
Die skole is weer oop vir alle grade en ons moet natuurlik ons deel doen om almal se akademiese dae op te helder. Ons sal sorg vir die kosblikke, maar ‘n mens moet altyd ‘n plan B he as dinge verkeerd loop met die take ens. Ek het die mooiste ouerbrief raakgeloop wat ‘n ouer gevra is om te skryf toe Jan Junior se taak nie die sperdatum gehaal het nie. Ek tik dit sommer oor, want die oorspronklike brief was met die hand geskryf en nie baie duidelik nie: … Lees gerus verderMooi dae, pragtige blomme en ‘n Kookwater Skoolbrief

Posted on

Dis LENTE by Kookwater. Ons (en Jimmy’s) BLOM met positiewe idees

Dis lekkerder om te skryf oor iets wat my na aan die hart le – die eerste is die verhaal van Dale Collett. (dis aangeheg). Dit sit my weer aan die dink oor myself. Soos Andrew Carnegie gese het: “AS I GROW OLDER, I PAY LESS ATTENTION TO WHAT PEOPLE SAY. I JUST WATCH WHAT THEY DO”. Sal dit nie wonderlik wees as ons ophou kla oor wat ander mense, die munisipaliteit, die regering, en almal behalwe jyself nie doen nie, en liewer self dit regmaak waaroor jy kla. … Lees gerus verderDis LENTE by Kookwater. Ons (en Jimmy’s) BLOM met positiewe idees

Posted on

DIE OU VERJAAR! en Kookwater hou partytjie

Die OU verjaar net een keer ‘n jaar en ons Kookwater winkels laat nie ‘n kans verbygaan om lekker fees te vier nie. Ons gaan groot met lae pryse. Kyk gerus of jy enige ander winkel NAAABY aan ons pryse kry. Geen kans nie. Daar is bietjie baie, so ons deel dit op in 4 kategoriee. Kyk bietjie hier:
DRINKGOED: SAP, SAP, SAP, YSTEE, ENERGIEDRANKIE … Lees gerus verderDIE OU VERJAAR! en Kookwater hou partytjie

Posted on

Positiewe manne met Kookwaterplanne – so tussen die rook en drink deur

Vir my mede Entrepeneurs wil ek net se: If you can run a business IN LEVEL 3 LOCKDOWN, WITH STAGE 2 LOAD SHEDDING, IN A DOUBLE RECESSION WITH NO BEE CERTIFICATE – YOU CAN MAKE IT ANYWHERE IN THE WORLD. Ons sal nie moed opgee nie. Ons sal elke dag opstaan met ‘n lied in die hart (al bewe die liggaam) en ONS PLANNE SAL NIE OPRAAK NIE. … Lees gerus verderPositiewe manne met Kookwaterplanne – so tussen die rook en drink deur

Posted on

Haal die Ys uit jou lewe

My rit na Darling in die ysige koue en reen was eenvoudig hemels. Met die lae wolke, die plate varkblomme, grasgroen en goudgeel landerye en die reuk van 800 orgidiee blomme in die motor, was my dag gemaak. My tande was kurkdroog van glimlag oor die mooi in die lewe. … Lees gerus verderHaal die Ys uit jou lewe

Posted on

Groenteplantjies vir WYSNEUSE

Die weer is reg (eintlik heerlik) en Kookwater help jou om die boer in jou wakker te maak. Maak jou eie groentetuin. Ons het heerlike plantjies om jou eie vars groentes te kweek: Blomkool, Kopkool, Broccholi, Brusselse spruite en dwerg Spinasie teen slegs R9.50 per sespak. Ons het ook Pietersielie en Basiliekruid (Basil) teen R9.50 per sespak. Plant ook ‘n paar Madeliefiebosse teen R20 (Daisies) vir ‘n bietjie kleur in die tuin. Die nuutste jong Entrepreneur in die dorp is die 11 jarige AJ du Plessis. … Lees gerus verderGroenteplantjies vir WYSNEUSE

Posted on

Kookwater WENKE VIR ONGETROUDES. (Dis gratis)

Hierdie heerlike sonskyndae bring weer ‘n lus vir die lewe terug tussen al die vrese vir die virus. Die eerste geel van die Canolalande begin nou ook pragtig kop uitsteek. Die heerlike weer laat my sommer lus voel vir woel in die tuin – Ons Madeliefiebossie (Daisiebosse) teen R20 en die blomkool, kopkool, broccoli en radyse help graag om die tuinlus uit te woed. Die pragtige Orgidiee (2 stringe vir R100) en Proteas (R10 elk) bring ook die mooi in my huis in. … Lees gerus verderKookwater WENKE VIR ONGETROUDES. (Dis gratis)

Posted on