Die Ou Verjaar – fase 2

Man, maar hierdie verjaarsdagpartytjie gaan lekker rof. Fase 1 van die lae pryse is UITERS gewild. Die lae pryse hou tot Saterdag (solank die voorraad hou). Daar is nog ‘n klompie Lindt sjokolades en jy het nog ‘n kans om die kinders te bederf met daardie 12 bakkie Yoghurt vir R13.50.
FASE 2 Nou raak die pryse laag. Van Woensdag, 21 Aug tot Saterdag 24 Aug geld hierdie: … Lees gerus verderDie Ou Verjaar – fase 2

Woelige Woensdag uit Prins Albert

Afstandsonderrig. Dis pragtig en rustig op my grootworddorp Prins Albert. Ek verstom my elke keer hoe ‘n bitter klein dorpie soos Prins Albert se mense so uiters kreatief kan wees. Dit lyk of die voorsitter van die Tuinklub se motto deur almal gevolg word: ” Dit sal net gebeur as iemand dit laat gebeur”. Ai, as almal in Suid Afrika tog net ophou kritiseer en agteroorsit en wag dat dinge vir hulle gedoen word, sal ons dorpe en land floreer. Ek was die naweek weereens verstom om te sien dat hier elke 6 maande ‘n ‘Open Studios’ naweek gehou word. 27 kunstenaars op die dorp (waar kom hulle almal vandaan?) maak hul ateljees – of garages oop sodat almal op die dorp en die hope toeriste persoonlike toere deur die studios kan kry. Enige ding onder die son. My mond het oopgehang – pragtig. Hierdie dorpie se mense is elke keer vir my ‘n inspirasie. … Lees gerus verderWoelige Woensdag uit Prins Albert