Vernuwe, brei uit, moenie ophou planne maak nie
15 jaar gelede het die eerste Kookwater winkel oopgemaak met 4 tipes produkte: Biltong, Droewors, Cheddar en Gouda. Die winkelspasie was ongeveer 5 vierkante meter. Nadat die yskas, kerwer, toonbank en biltonguitstalkaste ingesit was, was daar 2 vierkante meter oor vir die klante. Hierdie klein spasie het R100 000 gekos om toe te rus. (sonder voorraad). Ons winsgrens op kaas was 5%. Ek het geweet dat dit nie volhoubaar was nie, maar ons moes naam maak. Ons biltong en kaas was verreweg die goedkoopste op die dorp. Op ‘n Saterdag het die mense in die gangetjie af op die sypaadjie uitgestaan. Ons was geseend. Ons het gegroei. Ons het nie ophou planne maak nie. Vandag het Kookwater meer as 200 verskillende produkte op die rakke en ons mikpunt is om dit nog verder uit te brei. … Lees gerus verderVernuwe, brei uit, moenie ophou planne maak nie