Ferrero Rocher Kersversierings, klaspartytjies en Parkies vir Kersfees

Dit kon net sowel ‘n hoofstuk uit een van Dana Snyman se boeke wees wat ek gister aangehoor het in ‘n parkie in Wellington. ‘n Jong ma en haar dogtertjie nader my. Jammer om te pla, maar Uncle, se vir haar julle gaan die parkie mooi maak. Sy willie my glo nie. Ek se ons gaan so maak. Sy draai na die dogtertjie toe met ‘n positiewe bevestiging: DIS MOS KERSFEES. Ek het ‘n traan gepik en weggekyk. Doen iets in jou gemeenskap – mense het jou nodig. Wat van ‘n kersboom in julle parkie versier? Geskenkpakkies uitdeel vir die bejaardes? Bak ‘n koek vir die kinders in die buurt? Doen net iets. (Wat jy ook al doen, moet asseblief nie geld of kos gee vir die straatkinders in Wellington nie. Hulle het huise, hulle kan elke dag kos kry by hul skole of by die kerk, hulle is besig om kriminele te word, omdat ons hulle so leer). … Lees gerus verderFerrero Rocher Kersversierings, klaspartytjies en Parkies vir Kersfees

Posted on

WEN BLOMME, WEN R1000, WEN ELKE DAG BY KOOKWATER

Die Euromillions jackpot het verlede week op 2 biljoen rand gestaan. Ek het weer begin planne maak wat ek sou maak as ek die paar randjies wen. Ek het dadelik begin om lysies te maak van dinge wat my gelukkig sal maak – ook dinge wat ek sou koop as ek die lottotjie wen. Ek wil jou aanraai om ook so ‘n wenslysie te maak. Een van die goed op my lysie is dat Wellington se parkies geverf sal word en die oomblik toe ek dit neerskryf, besef ek toe dat – soos met baie ander dinge op my lysie – ek nie die Lotto daarvoor hoef te wen nie. Ek moet dit net doen. Noem dit mikpunte of doelwitte of wense, maar maak jou lysie van wat jy sal doen as jy onbeperkte geld het. Maak ‘n laaaaang lys en begin werk aan jou lys. Dis hoe ons vooruit kom in die lewe. Dis hoe die lewe begin sin maak en lekker raak. … Lees gerus verderWEN BLOMME, WEN R1000, WEN ELKE DAG BY KOOKWATER

Posted on