SOPBENE, SAP – STARBUCKS en Blikke

Die ouens wat weet se ons gaan heerlik reen kry. Die Rossouws is reg daarvoor. Ons het gister lekplekke reggemaak, geseel waar geseel moet word en toegestop waar toegestop moet word. Ek kan nie wag om te sien of dit weer gaan lek nie.
Mammie gaan ‘n GROOT pot sop maak. Perfek vir die stormweer. Kookwater het natuurlik heerlike sopbene ingekry teen slegs R10 per kg. Koop ‘n klomp – gee dit weg saam met die idee van ‘n lekker pot sop. Die beste plan is egter om ‘n ekstra pot sop te kook en dit weg te gee vir iemand wat vanaand gaan koud kry.
Ek is taamlik opgewonde oor die lekker nuwe produkte wat ons nou in die winkel het. … Lees gerus verderSOPBENE, SAP – STARBUCKS en Blikke

Posted on

Nou raak die paaartie rof

Nou raak die paaartie rof. (As jy dalk nie Maandag se nuusbrief gelees het nie – Daai Kookwater Winkel in Newton raak 2 jaar oud en ons VIER HEELWEEK FEES) Die eerste 2 dae se laeprysprodukte was taamlik gewild, maar die voorraad hou nog. Ons moet nog ‘n paar lekker produkte bysit om die week darem die moeite werd te maak. (Ons wil nie he die mense moet dink dat kos duurder raak nie). BY KOOKWATER DAAL DIE PRYSE PAPPIE. … Lees gerus verderNou raak die paaartie rof

Posted on

MOEDERSDAG DINGE

Wat is ‘n huis sonder ‘n moeder en ‘n moeder sonder Tjoklits en blomme? As dit nie was vir die moeders nie, sou my figuur al weke gelede afgeplat het (soos die kurwe moes doen). Die moeders het mooi na ons gekyk en baie nonsens opgevreet. Dis tyd om hulle te bederf: … Lees gerus verderMOEDERSDAG DINGE

Posted on

LINDT en Kaas

So ons mag nie meer Biltong verkoop nie (grendeltydreels), so die naam moet verander na Kookwater Lindt en Kaas of Kookwater Waterblommetjies en Kaas of so iets. Ons het hierdie week ‘n paar planne met die kookidees: … Lees gerus verderLINDT en Kaas

Posted on

SES SWART DAE by Kookwater

Die eerste 3 dae van ons swart week was rof. Die dames het met mandjies kaas daar uitgestap. Die goeie nuus is dat al die pryse van die KAAS, KINDERS EN KOFFIE nog steeds geld – kyk gerus op die aangehegde pryslys.
Die tweede fase van die swart week skop nou in. Dis GESKENKE, GROENTE EN GELDSPAAR. … Lees gerus verderSES SWART DAE by Kookwater

Posted on