Dankie, Dankie, BAIE Dankie. Julle is Kookwater Kastemers

Dis nodig om gereeld Dankie te se. Van Kookwater se kant af wil ons baie dankie se vir die ondersteuning dwarsdeur 2020 en deur al die jare. Dis heerlik om vriendelike mense in die winkel te ontmoet wat altyd groet en glimlag (al is dit met die oe) agter die maskers. Om die dankiese nie net lippetaal te maak nie, het ons besluit om die Swart Vrydag ding sommer vir twee weke te laat aanhou. Die eerste week het sekere produkte teen uiters lae pryse. As dit nog hou die volgende week, sal die prys ook laag bly. Volgende Maandag sit ons nog ‘n klomp lae pryse by. Hierdie week het 3 groepe lae pryse: … Lees gerus verderDankie, Dankie, BAIE Dankie. Julle is Kookwater Kastemers

Posted on

CAMEMBERT en GROOTMAAT KOELDRANK

Een van die vrae wat ek die meeste gevra word, is: As ek grootmaat koop, wat is die beste prys? UITEINDELIK word hierdie ouens se droom bewaarheid. Ons gewone uiters lae prys op Bashew blikkies is R5.50. Hierdie is baie gewild. Ons het nou ‘n grootmaatprys op 2 soorte Bashews: Cola en Iron Brew. As jy 24 of meer koop kos dit net R100 per pak van 24. Dis R4.17 per blikkie. Gaan groot.
Die voorraad Ceres sappies (R21 vir 6x200ml) raak vinnig minder, maar hou nog. Ons het ook ‘n paar ander hittebrekers: … Lees gerus verderCAMEMBERT en GROOTMAAT KOELDRANK

Posted on

LINDT en Kaas

So ons mag nie meer Biltong verkoop nie (grendeltydreels), so die naam moet verander na Kookwater Lindt en Kaas of Kookwater Waterblommetjies en Kaas of so iets. Ons het hierdie week ‘n paar planne met die kookidees: … Lees gerus verderLINDT en Kaas

Posted on

Kookwater Kaas, Tamaties, Avo’s, Mango’s en terug skooltoe planne

So: Dit was ‘n heerlike vakansie en feestyd, maar die geld is op en die salaris word eers weer op 93 Januarie betaal. Forest Gump was verkeerd – Life is not a box of chocolates. Rather a jar of Jalepono’s: What you do today, may bite you in the arse tomorrow. Gedane sake het geen keer. Gelukkig het Kookwater vir jou ‘n plan of twee om GROOT GELD TE SPAAR en nog steeds Januarie te geniet. … Lees gerus verderKookwater Kaas, Tamaties, Avo’s, Mango’s en terug skooltoe planne