Dis die tyd van die jaar dat ‘n blik koffie 3 dae hou en ‘n koekie seep 2 maande.
Ek het vir my baas gese daar is tans 3 maatskappye wat my soek en ek wil ‘n verhoging he. My baas besluit toe, met my jare diens en getroue werk gee hy my ‘n 10% verhoging. Voor ek uitstap vra hy: Net so terloops wie is die maatskappye wat jou soek? Ek se toe Edgars, Truworths en Nedbank se krediet afdeling.
Waterblommetjiebredie is gemaak vir hierdie winterweer. (R45 vir 500g). Ons Aartappels (R8.50perkg) pas ook in daai bredie. Patats (R15 per kg) gaan ook goed af – ek hou van hom gekook in die skil.
Planne om teetyd by die werk of by die werk op te kikker: WOENSDAG IS KOEKDAG (Koop ‘n koek en kom in aanmerking vir die trekking om nog ‘n koek te wen). Die koek van die week is LEMOEN MAASKAASKOEK (Gewoonlik R160 – hierdie week slegs R150), Koffiebone R125, Redespresso, Nespresso compatible koffiekapsules – almal winterwenners.
Ons het 20kg Ultra Pet / Ultra dog sakke ingekry vir groot honde en groot honde se babas. Ek het eers nee gese, want ek het gedink R750 is darem baie duur vir 20kg. Groot was my verbasing toe ek by Petshop Science instap en sien dat hierdie topkwaliteit hondekos R1500 per sak kos. Lang storie kort, ons het nou 20kg Ultra Pet Super vir ‘Large Puppy’ en 20kg Premium Recipe vir ‘Large Adult Dog’ vir R750. Ons het ook 3kg Ultra Pet ‘Special Diet Joint Health en 3kg Ultra Pet Opti woof vir ‘All size Adult dogs’ vir R125. (R256 elders).
Stook daai kaggel. Bloekomhout moet ‘n bietjie nat wees, dan brand die kaggel mos langer. Dis egter nie nodig dat jy gelyke hoeveelhede ‘Blitz’ en hout hoef te gebruik nie. Ons Beginsels (fire starters) is kurkhoringdroog. R16.50 vir ‘n sak of 3 sakke vir R45. Dis hoe jy die frustrasie uit kaggelmaak haal – terwyl jy goed kan voel omdat jy jou deel vir die omgewing gedoen het deur ‘n klomp Port Jackson bome uit te roei.
Mag jou kaggel lekker knetter, mag jy die immergewilde persoon tydens teetyd wees (omdat jy almal onthou het van Koekwoensdag by Kookwater) en mag jou honde jou bewonder.
Bewerige Groete
Kaggel Rossouw
















