‘n Man van min Woorde – dis KOEKWOENSDAG

Posted on
hoof foto

Wat meer is daar te se?  DIS KOEKWOENSDAG.  Koop een van Mariette se meesterstukke of ‘n Melktert of twee en staan ‘n kan om ‘n koek van ‘n soortgelyke waarde in vanaand se trekking te wen.  Elke Woensdag.

 

Die Ou het een of ander ding onder lede en voel nie so watse nie.  Wees nie bevrees nie, die tipe virus tas nie jou rekenaar aan nie en is meestal beperk tot die ou.  Vandag moet jy maar grappies lees en prentjies kyk……  en natuurlik ‘n koek of 2 kom koop.  Die winkel se omset sal my dan sommer dadelik beter laat voel.😬

  • Pasient: (op die operasietafel) “Dokter, ek is verskriklik bang, dis my eerste operasie” Dokter: “Ek is net so bang, dis my eerste een ook!”
  • I bet when Cheetahs race and one of them cheats, the other on goes “Man, you’re such a Cheetah!” and they laugh & eat a zebra or whatever.
  • Julle moet ophou julle grocery lists ini trollies los. Wat is myjoenys, awekaroupere,babakoei spaais, mieks wetstibels?
  • Did you know on the Canary Islands there is not one canary? And on the Virgin Isles? Same thing – not one canary there either!
  • Ek het besluit om als te vermy wat my vet maak….soos foto’s….spieels en ‘n skaal….
  • Die perfekte man is:….. Die gemmerbroodman hy is oulik, hy is soet en as hy jou probleme gee, kan jy sy kop afbyt
  • Ek staan vanoggend op… Ek tel my arms op . Ek beweeg my bene. Ek draai my nek. En alles kraak! Toe kom ek tot die wonderlikste besef….. Ek is nie OUD nie, Ek is KRAAKVARS
 
 
Groete
Die Siek Ou