DIE OU VERJAAR – KOOKWATER HOU PARTYTJIE

Posted on

Hoe oud is oud?  Die Wereld Gesondheid Organisasie (WGO) het verklaar dat 65 jaar oud deesdae as jonk beskou word. Voorheen, gebaseer op die ‘Friendly Society Act” van 1875 in Brittanje, was oud gereken as 50 jaar oud.  Die VN het 60 beskou as die grens na oud. Die WGO het egter nuwe navorsing gedoen oor die gemiddelde gesondheidskwaliteit en lewensverwagting en die mens se ouderdom as volg ingedeel:

  • 0 tot 17 jaar oud  –  minderjarig
  • 18 tot 65 jaar       –  jeug en jong mense.    DIS NOU EK DAAI.  EK HOU HIERVAN
  • 66 tot 79 jaar        – middeljarig
  • 80 tot 99 jaar       –  bejaardes of seniors
  • 100 +  jaar           –  langlewende bejaardes – (Watch this space) 

Vir ingeval jy nog nie die idee gekry het nie……  DIE OU VERJAAR en soos elke jaar hierdie tyd styg die opwinding en die verwagtinge en daal die pryse:

  • Kom ons skop die partytjie af met KAAS:  FETA KAAS R29.50 vir 400gr en R15 vir 200gr,  Lancewood se blokke Roomkaas R9.50,  Gerasperde Cheddar R65 per kg, Roomkaas R19.50.  
  • ‘n Mens moet seker darem nie partytjie hou met ‘n droe keel nie:  

Vir die minderjariges: Alkoholvrye Vonkelwyn – R9.50 per bottel,  200ml Sappies (koejawel en Fruit Punch) R15 vir 6 of R48 vir 24.  

                                     Vir die jeug en jong mense:  Pienk Tonic Water R5.50 per liter,  Blikkies Tamatiesap R21 vir 6 en R72 vir 24, 4 x 5 liter water vir R19

  • Ligte verversings:  5 Roti’s vir R12,  6 Groot Wraps vir R16,  8 Klein Wraps vir R16, 4 Avo’s vir R10, Waterblomme R55 per kg, 100gr Gedroogde Pynappel – 5 pakkies vir R20.
  • Soetgoed vir nagereg: Ferrero Rocher R19.50 vir 3 balletjies, ‘No sugar added’ Sjokolades van 75gr vir slegs R9.90, 1 liter OK LATTE R15.
  • Bly veilig op my partytjie: 3 x 100ml Sanitizer vir R10 en weggooibare maskers vir R1.50.
  • Ek het my snerpende koue dag afgeskop voor ‘n knetterende kaggelvuur wat met Kookwater se Beginsels (fire starters) soos ‘n droom gevat het.  Geen geswets en gelyke hoeveelhede Blits en Nat hout nie.  Hierdie beginsels (droe plankies) teen R12.50 het my dag gemaak.  Ek is reg vir die sneeu.

Ouderdom is nie vir sissies nie.  Ek deel graag hierdie 2 Ingilse wyshede:  

  • When I was young, I was poor.  After years of hard, honest and painstaking work, I am no longer young.
  • Me in high school: Stays up all night drinking with friends, gets hungry at 2am and goes out for tacos and donuts.  Loses 3 kg.       
  • Me today: Pant size goes up each time I swallow my own spit…

Hiermee my verpligte goeie wens vir hierdie dag, die ou se verjaarsdag: Mag al jou wense waar word.  Mag al jou vyande naar word en mag jy deur Jesus bewaar word.

Partytjiegroete

Frans die Jong Mens

voorheen bekend as Outoppie Rossouw