Briewe
BOKSPRYSE IS DIE IN DING en gratis ‘POM POMS’
In die Wellington Begraafplaas staan ‘n huisie wat deur die Joodse gemeenskap aan die Drakenstein Munisipaliteit geskenk is. Die struktuur van die huisie is nog in ‘n baie goeie toestand, maar soos baie onbewaakte geboue het vandale en kwaaddoeners dit geteiken om vuur teen die mure te maak en allerhande ongewenste graffitti op die mure te skryf. Sulke goed pla my. … Lees gerus verderBOKSPRYSE IS DIE IN DING en gratis ‘POM POMS’
KOOKWATER SE HITTE PLANNE
Die lewe (en die HITTE) is darem nie so erg nie – SOLANK JOU PLANNE NET NIE OP RAAK NIE. Kookwater het ‘n klompie lekker planne vir Wellington se 35 grade vandag:
1. YOGHURTS: 900G NUTRIDAY R16.50, 500G LANCEWOOD DUBBELROOM R12.50, 150G LANCEWOOD DUBBELROOM R7.50
2. DRINKGOED: 300ml SCORE IMMUNE BOOSTER ORANGE r6.90 OF R36 vir 6, 330ml SWITCH COLA R36 VIR 6, 500ml POWER STATION R8 of R39 vir 6 (R6.50), Pura gegeurde WATER R27 vir 6, 500ml Still en ‘Sparkling’ WATER R4.50 (R4 grootmaatprys, 200ml BURTONS BLIKKIES R5 elk: Pienk Tonic, Indian Tonic, Soda Water, Dry Lemon. Steri Stumpies R45 vir 6 (R7.50) … Lees gerus verderKOOKWATER SE HITTE PLANNE
Kookwater Blom vir die beker
Ons het 675 AMARYLLIS PLANTE IN 10 dae verkoop en die klante kom heeltyd terug vir nog. 3 plante – vol in die blom – vir R120 of R49 as jy net een koop. Dis so mooi, hulle verkoop hulle self. Ons kry vandag weer ‘n 100 nuwes in. Ons het begin met ‘n diep rooie en ‘n gemengde kleur, maar nou het ons omtrent 4 kleure en dit verander heeltyd. Dis ‘n fees om in jou tuin te he. Waar plant jy hulle – son of skaduwee? … Lees gerus verderKookwater Blom vir die beker
TEDDIEBERE, Pom Poms, NU VEG KITSKOSSE by KOOKWATER
My sypaadjie sonneblomme het ‘n nuwe naam gekry, of liewer, ek het nou eers hul regte name uitgevind. Daai pragtige dubbele sonneblomme staan bekend as Teddiebere of Pom Poms. ‘n raker beskrywing sal jy nie sommer kry nie. Elke oggend as ek in my bakkie klim sit daai blomme ‘n glimlag op my ou bakkies. … Lees gerus verderTEDDIEBERE, Pom Poms, NU VEG KITSKOSSE by KOOKWATER
GRATIS PROTEAS? REUSE SONNEBLOMPITTE en KAAS vir die RUGBY
Ek staan vanoggend op, ek tel my arms op, beweeg my bene, ek draai my nek en ALLES KRAAK. Toe kom ek tot die wonderlike gevolgtrekking: Ek is nie OUD nie – ek is KRAAKVARS.
Die seuntjie kom by sy juffrou in die klas en se: ‘Juffrou, ek wil jou nou nie bang praat nie, maar my pa se as my punte nie drasties verbeter nie, gaan iemand gemoer word’
Die enigste iemand wat my ooit wou vat soos ek is, was die polisie.
So ja, Hopelik breek daai glimlag bietjie deur. Kom ons Maak daai glimlag nog groter. As ek iets VERNIET kry, hang ek graag tanne uit: … Lees gerus verderGRATIS PROTEAS? REUSE SONNEBLOMPITTE en KAAS vir die RUGBY
ERFENISDAG – BRAAIDAG BY KOOKWATER
Kookwater het ‘n paar tradisionele dinge wat jou dag lekker sal maak. Ons is natuurlik heeldag Woensdag oop van 8 tot 5. Jy kan lekker kom snuffel.
WATERBLOMMETJIES. R75 per kg. Beplan ‘n lekker potjie. Dis mos tradisie.
Oom Freddie se lekker dik Tradisionele MELKTERT R120. Terwyl jy wag vir die pot, sit hierdie nommertjie voor. ‘n Koppie Sawwelyf sal die prentjie mooi afrond. 200g JACOBS BARISTA GEMAALDE KOFFIEBONE R45 – dis nou koffie. Dit mag so wees dat Jacob nie ‘n Afrikaner is nie, maar Jan Spies is en as ons ‘n koppie sawwelyf moet inkry, is Jacob s’n ‘n wenner.
KONINGSPROTEAS 4 vir R55. Dis ons nasionale blom en PRAGTIG.
MAKATAAN R35. Dis eg Suid Afrikaans. Jy kan maar probeer om daai ou naam in ‘n ander land te kry. Jy sal nie. … Lees gerus verderERFENISDAG – BRAAIDAG BY KOOKWATER
Middelmaand Malligheid by Kookwater
Ai, die rugby was lekker Saterdag. Ek moet bieg, ek het die eerste helfte gemis. Ek is vreeslik bly dat ek nie die tweede helfte gemis het nie. Om die rekord (grootste punteverskil ooit) van 10-43 te vier, gaan ons fokus op die 10. Ons sal 10 pryse in ons winkels tot rekordvlakke laat daal op 10 produkte. … Lees gerus verderMiddelmaand Malligheid by Kookwater
GERASPERDE GOUDA KAAS R89 per kg – net by KOOKWATER
Sjoe – dis ‘n Kookwater prys vir kwaliteit kaas R89 per kg ! HET JY GEWEET?: Gouda en Cheddarkaas blokke moenie gevries word nie, want dit krummel daarna. Met gerasperde kaas soos hierdie is die probleem opgelos. Die kaas is reeds gerasper en krummel dus nie as jy dit rasper nie. Dis belangrik dat jy gerasperde kaas gevries hou en net die deel wat jy nou wil gebruik, ontdooi. Hou die ander gevries. Alternatiewelik kan jy die kaas in kleiner sakkies opdeel en vries. Mozzarella kaas – selfs groot blokke – kan wel gevries word sonder probleme. Die rede het te doen met die baie hoer voginhoud van Mozzarella kaas. NOU WEET JY ALLES VAN KAAS. Vir die kaaskenners of -liefhebbers het ons twee heerlike soorte skaars kase. 240g 6 Maande verouderde Cheddar R43 en Heerlike Emmental kaas vir slegs R140 per kg (Gewone prys in ander winkels is R425 per kg.) Hierdie twee sit jou kaasbord vir Saterdag se rugby in ‘n klas van sy eie. … Lees gerus verderGERASPERDE GOUDA KAAS R89 per kg – net by KOOKWATER
HELLO LENTE: BLOM SAAM MET KOOKWATER – DIE 10% AFSLAG WINKEL
Goudgeel Canola lande, Spierwit Varkblomme en Blinkblaar Blougroen Koringlande. Die fees van kleure wat ons elke dag rondom ons sien is pragtig. (as ons dit nog raaksien en nie net jaag na die volgende taak nie). Trek bietjie die briek op vandag en stop erens langs die pad. Bederf jouself vir ‘n minuut of twee. Dit verander my dag as ek dit doen. Ons het pragtige Afrikanertjies, Gesiggies en Grasangeliere (R15 per sespak) – dit sal jou tuin ‘n kleurinspuiting gee. Ons sypaadjietuin in Newton begin ook nou uit sy winterdop uit kruip. Ek verstom my aan die mooiste kleure van die Bokbaaivygies, Gizaneas en Gesiggies. Die paar honderd gesiggies wat ons laasweek geplant het, behoort binnekort hul bydrae te lewer. Ek sien baie uit na ons sonneblomprojek wat ons vroeg in die lente gaan begin. HIER KOM ‘N DING. … Lees gerus verderHELLO LENTE: BLOM SAAM MET KOOKWATER – DIE 10% AFSLAG WINKEL
Die Boland blom in oorvloed. Hoe lyk jou tuin?
Goudgeel Canola lande, Spierwit Varkblomme en Blinkblaar Blougroen Koringlande. Die fees van kleure wat ons elke dag rondom ons sien is pragtig. (as ons dit nog raaksien en nie net jaag na die volgende taak nie). Trek bietjie die briek op vandag en stop erens langs die pad. Bederf jouself vir ‘n minuut of twee. Dit verander my dag as ek dit doen. Ons het pragtige Afrikanertjies, Gesiggies en Grasangeliere (R15 per sespak) – dit sal jou tuin ‘n kleurinspuiting gee. Ons sypaadjietuin in Newton begin ook nou uit sy winterdop uit kruip. Ek verstom my aan die mooiste kleure van die Bokbaaivygies, Gizaneas en Gesiggies. Die paar honderd gesiggies wat ons laasweek geplant het, behoort binnekort hul bydrae te lewer. Ek sien baie uit na ons sonneblomprojek wat ons vroeg in die lente gaan begin. HIER KOM ‘N DING. … Lees gerus verderDie Boland blom in oorvloed. Hoe lyk jou tuin?
