Vergeet van daai nuwejaarsvoornemens wat net jou gewete sus vir ‘n dag of drie. Dis tyd om rondom jou te kyk en jou wereld in die oe te kyk. Wat gaan aan in jou gemeenskap? In jou huis? Met jou geldsake? Los ‘n slag jou selfoon en jou TV en begin iets doen. Jou selfoon het alreeds jou wekker, jou kamera, jou alarm en jou almanak vervang. Moenie dat dit jou familie ook vervang nie. Dietrich Bonhoeffer het gese: “Silence in the face of evil is itself evil” en “Not to speak, is to speak” en “Not to act, is to act”. As jy niks se oor of doen aan die dinge wat verkeerd is nie, kan jy dit net sowel goedkeur. Doen iets in jou gemeenskap. Dit sal jou kos, maar dis nodig. Dit sal tyd vat om die papiere te begin optel, maar dis nodig. Dit sal geld vat om die hongersnood te begin aanspreek, maar dis nodig. Dit sal moed vat om vir jou vriende te se dat hulle kinders nie op die regte pad is nie. Dit sal moed vat om dit vir jou eie kinders te se. Kry ‘n opinie, kry ‘n ruggraat. Doen iets aan jou omstandighede. Begin by jou geldsake. Beplan reg. … Lees gerus verderAS JY NIKS SE NIE, SE JY EINTLIK BAIE DUIDELIK IETS. Kookwater het planne.