BOKSPRYSE IS DIE IN DING en gratis ‘POM POMS’

Posted on
Grafitti Skoonmaak sessie

In die Wellington Begraafplaas staan ‘n huisie wat deur die Joodse gemeenskap aan die Drakenstein Munisipaliteit geskenk is.  Die struktuur van die huisie is nog in ‘n baie goeie toestand, maar soos baie onbewaakte geboue het vandale en kwaaddoeners dit geteiken om vuur teen die mure te maak en allerhande ongewenste graffitti op die mure te skryf.  Sulke goed pla my.  Ek het gedink dis ‘n lekker projek om mense betrokke te kry om iets goeds te doen.  Ek het die munisipaliteit gekontak en hulle het gese hulle sal nie omgee as ons die geboutjie verf nie.  Plan B was om ‘n foto of 3 op Facebook te sit om te kyk of daar mense is wat met so ‘n projek sou help.  Daar was redelik reaksie – ‘n paar ouens wat aangebied het om te help en natuurlik die gewone ‘Facebook warriors’ wat hulle irrelevante kommentaar graag wou aanbied oor wie se werk dit eintlik is en hoe dit maar weer so sal lyk oor ‘n week en sulke opbouende kommentaar.  Elvis en sy maat (wat langs die strate papiere optel) het Maandag ingespring en die mure en swart van die vure afgewas en die eerste laag wit verf opgeverf.  Groot was ons verbasing toe ons Dinsdag opdaag en twee verwers van Drakenstein Munisipaliteit 8 uur in die oggend daar vind – reeds voluit besig om te verf.  Lang storie kort – die Manne van Drakenstein Munisipaliteit het die geboutjie reg rondom, sowel as die pilare voor die geboutjie, pragtig geverf.  Die gebou het gegaan van SEEROOG tot SIERAAD in 3 dae.  BAIE DANKIE aan almal wat ‘n (positiewe) bydrae gemaak het.  

 
Die temperature begin styg en Kersfees kom al hoe nader.  Die kersfeespoeding moet betyds beplan word.  Ingelegde vrugte bly maar die gunsteling koue poeding in ons somers en daarom het Kookwater besluit om weer ons bokspryse in te stel vir mense wat graag wil koop en verkoop of sommer net wil koop en weggee. As jy ‘n boks van 12 x 820g blikke koop, lyk die pryse soos volg:
  • Gewone prys van 820g  Appelkose, Pere en Perskes is R15.  As jy ‘n boks van 12 blikke koop, val die prys tot R12 per blik.  Daar is heelwat plek vir herverkoop – hierdie blikke kos R45 en meer in gewone winkels.
  • Gewone prys van 820g Vrugtekelkie (Fruit Cocktail) is R17.  As jy ‘n boks van 12 blikke koop, val die prys tot R14 per blik.  Met ander winkels se pryse wat begin by R60, kan jy ‘n lekker besigheid bedryf met ‘n goeie winsgrens.
Die proteas is ‘n fees vir die oog.  Ons verskaffer het ‘n nuwe land WIT KONINGS PROTEAS aangeplant wat vanjaar begin blom het.  Dit ligpienk Konings Proteas (4 vir R55) raak nou skaarser en die pragtige VENUS PROTEAS (R20 elk) en die REUSE WIT KONINGSPROTEAS (R40 elk of 3 vir R100) raak bietjie meer volop.  Dis ‘n fees vir die oog. Geniet dit.
 
Die NU VEG mikrogolf etes is uiters gewild teen R29 elk.  My seun (wat nou self kos maak in sy eie woonstel) stuur verlede week ‘n foto van hierdie produkte aan wat hy in ‘n winkel afgeneem het.  Hy raak al hoe meer beindruk met Kookwater, aangesien die ander winkels hierdie vir R49 verkoop.  Die Pampoenkoekies is my gunsteling.  Die Chop Suey en die ander van die Nu Veg Asian Range is ook baie gewild (en dis nie net omdat dit R29 by ons en R59 elders kos nie).  Net langs die Nu Veg in die vrieskas is die 2kg GEGEURDE RYS (SAVOURY RICE) vir R49.  Die Rossouws het Sondag weer hiervan geniet by die Sondagmaal.  Dis baie lekker.  
 
Ons groot verskeidenheid Yoghurts teen R16.50 vir 850g, 900g en 1kg is ‘n wenner in die temperature.  Die Nutriday 900g Fruit Cocktail is my gunsteling.
 
Vir die HANE EN BOKKE WEDSTRYD Saterdag sal die maaskaas verskeidenheid (Cottage Cheese) ook heerlik wees saam met chips en koekies.  Ons sal vir Oom Freddie vra om sy voorraad MELKTERTE te vermeerder.  Dit het verlede Saterdag uitverkoop.  Man, dit was lekker om daai wedstryd al kouende gade te slaan.  Vir die Hane beplan ek om Kookwater se Makataan en Groen vye ook nader te trek.
 
  • Jy weet wanneer jy op die toilet sit en skielik besef jy daar is nie toiletpapier nie, so jy moet opstaan en daai ‘waggel’ doen om ‘n rol te kry?   Ja wel, ek is amper by Shoprite.
  • Is daar nie iemand wat my wil nooi vir ‘n braai nie?  Ek het nou twee lee roomysbakke wat ek graag wil gebruik.
  • Die Dominee is besig om die tien gebooie met die Sondagskoolklas te behandel en spesifiek die gebod ‘Jy mag nie steel nie’.  Hy vra toe die klas: “Wat dink julle sou die koekblik in die spens vir julle se as dit kon praat?”  Pietie steek sy hand op en se:  “Laat die kindertjies na my toe kom en moet hul nie verhinder nie”
  • Robert asked the televangelist to pray for his hearing.  After 4 minutes of violent shaking and trying to push him over backwards, the preacher ask: “How’s your hearing?”.  Robert replied: “I don’t know. It doesn’t take place until Tuesday at the courthouse.
 
UITEINDELIK DIE DEEL OOR DIE GRATIS POM POMS.  Ons het ‘n grooot klomp dubbele sonneblomsade (OOK BEKEND AS TEDDIEBERE OF POM POMS)  verkoop teen R20 vir 20 sade.  Ons het toe die prys lekkerder gemaak teen R20 vir 40 pitte.  Hierdie is my visie: ONS DORP MOET BLOM.  KOM KRY 20 TEDDIEBEER SADE GRATIS SAAM MET ENIGE AANKOPE.  Plant dit in die son en gee lekker water.  Plant hulle op die sypaadjies, in die parkies rondom die bome en geniet die fees.  Stuur vir ons rondom Kersfees foto’s van jou pragtige Teddiebere en onthou om die duisende pitte te oes om volgende jaar hope van dit te plant.  Verkoop die pitte op facebook.  Jy kan GROOT GELD MAAK.
 
Beplan daai KERSPOEDING, beplan die Bokwedstryd se verversings en beplant jou buurt met Teddiebeer sonneblomme.
 
TEDDIEBEER GROETE
Blommie Rossouw