Goudgeel Canola lande, Spierwit Varkblomme en Blinkblaar Blougroen Koringlande. Die fees van kleure wat ons elke dag rondom ons sien is pragtig. (as ons dit nog raaksien en nie net jaag na die volgende taak nie). Trek bietjie die briek op vandag en stop erens langs die pad. Bederf jouself vir ‘n minuut of twee. Dit verander my dag as ek dit doen. Ons het pragtige Afrikanertjies, Gesiggies en Grasangeliere (R15 per sespak) – dit sal jou tuin ‘n kleurinspuiting gee. Ons sypaadjietuin in Newton begin ook nou uit sy winterdop uit kruip. Ek verstom my aan die mooiste kleure van die Bokbaaivygies, Gizaneas en Gesiggies. Die paar honderd gesiggies wat ons laasweek geplant het, behoort binnekort hul bydrae te lewer. Ek sien baie uit na ons sonneblomprojek wat ons vroeg in die lente gaan begin. HIER KOM ‘N DING.
TE VEEL VAN ‘N GOEIE DING IS FANTASTIES. Die ou het so lekker verjaar en die laeprys partytjiefees was so gewild, dat ons besluit het om dit nog ‘n week te verleng. 6pakke Nutriday Yoghurt R9.99, Waterblommetjies R75/kg, Bloubessies R22.50 vir 300g, 100g DADELS R15, Langlewe melk 6x1liter vir R55, Futurelife energiestafies – 2 vir R10, Verskeie soorte Futurelife pappe, Dove seep R12.50, 200g Jacobs Barista gemaalde koffie R45,Truvia versoeter R18.50, Dulce Gusto Koffiekapsules R99 vir 30, 820g ingelegde Perskes R11.99, Skoonmaakmiddels: Jik, Stasoft, Skottelgoedwasseep, Pine, Laventel, Cherry Pine – slegs R8 per liter as jy jou eie houer bring. 7kg AARTAPPELS R45.
Ons hondekosverskeidenheid het lekker uitgebrei: Rover Hondekos R125 vir 7 kg, Vitagen/Pedigree/Bobtail mengsel R25/kg, R48 vir 2kg. Ons nuutste toevoeging is uiters duur in ander winkels – ULTRA PET. 20KG vir groot honde en vir klein hondjies kos R1899 in ander winkels – ons prys R950. Ons het ook 12kg Ultra Pet Super Woof vir klein/medium ‘puppy’ vir R390 en 3kg vir R125. Bederf jou viervoet kinders.
Ons het natuurlik nie op ons louere gerus nie en heelwat nuwe produkte bygekry: Nespresso ‘compatible’ KOFFIEKAPSULES – 10 vir R44.50. Verskeie geure en sterktes – selfs McDonalds se McCafe koffiekapsules. 800g Parmalat Protein YOGHURT R17.50. Die groot wenner is die 6 maande verouderde Cheddar: 240g teen R43 – heerlik.
Dis natuurlik KOEKWOENSDAG, wat beteken as jy vandag ‘n koek koop, staan jy ‘n kans om een te wen ook. Die koek van die week is my gunsteling: WORTELKOEK – enkellaag was R95, nou R85 en dubbellaag was R185, nou R175.
‘n Huwelik is gelyke dele “Ek kan nie sonder jou lewe nie” en “Hoekom op aarde moet jy so hard nies”
Was ‘n mens nog steeds skottelgoed by die Spur as jy nie jou rekening kan betaal nie? Ek smaak myself bietjie bederf.
‘n Ou geselfs met sy vriend in die kroeg “Gisteraand toe ek hier besig was om ‘n paar kappe te maak, het ‘n ou by my huis ingebreek”. Vriend ‘Het hy enigiets gekry?’. “Ja” se die ou ” ‘n Gebreekte kakebeen, ses tanne uit en ‘n paar gebreekte ribbebene. My vrou het gedink dis ek wat weer gesuip by die huis aankom.”
Mag jou week blom van kleur, mag jy die mooi om jou raaksien en mag jou tuin sy Lente baadjie aantrek (met jou hulp).
Grasgroen Groete
Frans Varkblom































