Briewe
DIE OU VERJAAR
Dit moes gebeur. Niemand bly vir ewig 21 nie. Die Ou ook nie. By Kookwater soek ons enige verskoning vir ‘n lekker pryspartytjie. Dit was lankal weer tyd vir ‘n week van lekker lae pryse. Dis baie belangrik om die naweek se sportnederlae te verwerk met iets lekkers. Ons ou nasie het hierdie positiewe streep. Die Protea krieket het die naweek afgeskop met ‘n hartseer verloor – Daai verloor is reeds reggestel. Ons het Australie gister met 96 lopies kafgedraf (lees verneder). Die Springbokke was nommer 2 op die verloornaweek. Ons weet die 10 veranderinge aan die beginspan sal Saterdag die gewensde uitwerking he. Ons weet dit sommer. Die Kaap sal weer Hollands wees. Vir Drikus is daar nie ‘n kitsoplossing nie. Soos met Ukraine vat die Russe maar hulle tyd en is hulle nogal vol lelike planne. … Lees gerus verderDIE OU VERJAAR
INTERSKOLE BY KOOKWATER
Daar is groot opgewondenheid in die lug. Hugenote en Swartland se interskole is op hande. Die afrigters het hul hande vol. Die spelers is reg. Die ouers moet sorg dat die spanpraatjies ‘n sukses is. Dit beteken nie dat julle dit moet reel nie. Dis die kinders se voorreg. Ons bydrae is net die agtergrond musiek: GENOEG VERVERSINGS. ‘n Koek of twee, ‘n Melktert en genoeg koeldrank en chips. Iets lekkers om te eet is ook ‘n goeie idee. Kyk gerus na ons idees: … Lees gerus verderINTERSKOLE BY KOOKWATER
Shihaam is 1 jaar by KOOKWATER. Baie geluk
Shihaam werk in Wellington se Kookwater winkel – gister vir een jaar. Ons is so trots op haar. Wens haar gerus geluk as jy in die winkel kom. Met al die gelukwensinge en feesvieringe laat dit my gister weer terugdink aan my jare by Hugenote H/Skool en spesifiek een Maandag toe Dirkie aftree na 40 jaar diens by Hugenote. Dirkie het vir 40 jaar alles gegee vir Hugenote en sy afskeid moes iets spesiaal wees. Die CSV kry ‘n saalbeurt en die taak om Dirkie te bedank word aan hulle opgedra. Alles is haarfyn uitgewerk. … Lees gerus verderShihaam is 1 jaar by KOOKWATER. Baie geluk
Alles wat jy nodig het vir ‘n KOOKWATER ONTBYT
‘n Seksie jong blonde dame wat effens aangeklam lyk stap by die casino in. Sy se sy wil R20 000 wed op die enkele rol van die dobbelsteen. “Ek hoop nie julle gee om nie, maar ek voel gelukkiger as ek nie klere aan het nie.” So gese, so gedaan en sy trek al haar ou kleertjies uit en rol die dobbelsteen. Toe die dobbelsteen tot stilstand kom spring sy op en af en skree: “EK WEN, EK WEN”. Sy gee elke ‘dealer’ ‘n drukkie, vat haar klere en geld en vertrek. Stomgeslaan kom die ‘dealers’ na ‘n rukkie tot verhaal en die een vra: ‘Het jy gesien op watter nommer die dobbelsteen geval het?’ Nee, se die ander een. Ek het gedag jy hou die dobbelsteen dop. WAT LEER ONS UIT DIE VERHAAL? Nie alle dronkes is dronk nie. Nie alle blonds is dom nie en MANS BLY MAAR MANS. … Lees gerus verderAlles wat jy nodig het vir ‘n KOOKWATER ONTBYT
As jy lekker goed teen ‘n Kookwater prys haat, moenie die brief oopmaak nie
Welkom terug na jou welverdiende vakansie. Die kinders is terug skool toe en jy verdien ‘n bederf. Daai eerste dag terug by die werk is stresvol. Ek onthou nog goed van my dae in die onderwys, die ware woorde: Dis goed en wel om 4 vakansies per jaar te he, maar het jy enige idee hoe erg dit is om 4 keer per jaar terug te gaan werk toe na ‘n vakansie. Hoe dit ook al sy, jy verdien ‘n bederf. Die mense by jou werk verdien ‘n bederf omdat hulle jou moet verdra vir daai eerste dag of twee na jou vakansie. Kookwater help graag. Ons het meer as 7 produkte se pryse drasties verlaag. Vra gerus vir ‘n pamflet as jy by die winkel kom om seker te maak jy mis nie iets nie. … Lees gerus verderAs jy lekker goed teen ‘n Kookwater prys haat, moenie die brief oopmaak nie
SAMPIOENE by KOOKWATER
‘n Ou gunsteling het weer opgedaag: SAMPIOENE – 200g vir R22.50 – wit knopies en wit gesnydes en R39.90 vir 400g Wit en bruin gesnydes gemeng. Ons ‘n paar jaar gelede ‘n verskaffer daar naby Touwsrivier gehad. Hulle het toegemaak tot ons groot ontsteltenis, maar gelukkig kon ons nou hierdie nuwe verskaffer kry. My vrou gooi sampioene in omtrent alle soorte kosse en ek is mal daaroor. Heerlik en nogal gesond ook. … Lees gerus verderSAMPIOENE by KOOKWATER
Respek, Rugby en Kinderbederfies by KOOKWATER
Die ou prospekteerder het die dorp met sy moee pakmuil binnegeskuifel. Hy maak sy muil buite die saloon vas en terwyl hy die stof van hom afskud, kom ‘n jong skarminkel uit die kroeg gestap. Hy het ‘n rewolwer in die een hand en ‘n bottel whisky in die ander. “Hei, ou man, het jy al gedans?” vra hy. Die ou man kyk hom op en af. “Nee, ek het nie. Ek wou nog nooit regtig dans nie.” ‘n Klom mense het rondom hulle vergader en die skarminkel se: “Wel, Oubaas, jy gaan nou bietjie dans” en hy begin na die ou man se voete skiet. Die ou prospekteerder spring rond soos ‘n wurm op ‘n warm sinkplaat en die klomp mense lag hulle slap. Toe sy ammunisie op is, sit die jong man sy rewolwer terug en draai terug kroeg toe. Die ou prospekteerder stap na sy pakmuil, haal sy dubbelloophaelgeweer uit en haal hom oor. Die skarminkel hoor die geluid en draai stadig om. Stilte sak oor die toneel. Die skare is gefokus en die jong man kyk in ‘n dubbele geweerloop vas. Toe praat die ou man: “Seun”, se hy, “het jy al ooit ‘n muil se gat gelek?” Die jong man sluk hard en se: “Nee Oom, maar ek wou dit nog altyd graag doen”. Hier is ‘n paar lesse vir ons almal: … Lees gerus verderRespek, Rugby en Kinderbederfies by KOOKWATER
Welkom terug aan Oom Freddie se melkterte
Ja, die melkterte is terug. Ek wil amper se ‘halleluja”. Baie mense het gevra en gehoop en gewonder wat van die heerlike dik, tradisionele melkterte geword het. Oom Freddie is weer op die been en ‘n voorbeeld vir jou en my. Ek het dit al vertel, maar ek vertel dit weer – dit kan nie genoeg gese word nie: Ek het respek vir ‘n man wat soggens half 5 opstaan om sy eerste besending melkterte vir die dag te bak. Die melkterte word gemeng, gebak en afgekoel en teen 8 uur elke oggend kom daar vars melkterte in Kookwater in. As die bakker boonop ouer as 80 is, verdien hy lof en RESPEK, RESPEK, RESPEK. Daar is te min Oom Freddies in die wereld. Dis alweer rugbytyd Saterdag. Ons weet die stres gaan min wees tydens die wedstryd (dis Italie), so kry iets lekkers om te geniet saam met die lekker rugby. BESPREEK NOU JOU MELKTERT EN ‘N LEKKER KOEK VIR SATERDAG. Ek vat die eerste een Saterdag. Beplan jou verversings. … Lees gerus verderWelkom terug aan Oom Freddie se melkterte
KOEKWOENSDAG en BETAALDAG – Wat ‘n heerlike kombinasie
Ryp le sag oor veld en gras,
asem waai soos mis in glas.
Windjie sny, die lug is stil,
Winter hou die wereld stil.
Hierdie probeerslag op ‘n gedig is gedoen deur ChatGPT, die KI bron. Ek gebruik dit al meer (voel eintlik nogal trots op myself dat ek by bly met die tegnologie.) Ek is veral beindruk dat ek vrae in Afrikaans kan vra. Die blikbrein antwoord ook in suiwer Afrikaans
… Lees gerus verderKOEKWOENSDAG en BETAALDAG – Wat ‘n heerlike kombinasie
Waterblommetjies, Patats, Aartappels, Koffiebone
Dis die tyd van die jaar dat ‘n blik koffie 3 dae hou en ‘n koekie seep 2 maande.
Ek het vir my baas gese daar is tans 3 maatskappye wat my soek en ek wil ‘n verhoging he. My baas besluit toe, met my jare diens en getroue werk gee hy my ‘n 10% verhoging. Voor ek uitstap vra hy: Net so terloops wie is die maatskappye wat jou soek? Ek se toe Edgars, Truworths en Nedbank se krediet afdeling.
… Lees gerus verderWaterblommetjies, Patats, Aartappels, Koffiebone
