Ons het 675 AMARYLLIS PLANTE IN 10 dae verkoop en die klante kom heeltyd terug vir nog. 3 plante – vol in die blom – vir R120 of R49 as jy net een koop. Dis so mooi, hulle verkoop hulle self. Ons kry vandag weer ‘n 100 nuwes in. Ons het begin met ‘n diep rooie en ‘n gemengde kleur, maar nou het ons omtrent 4 kleure en dit verander heeltyd. Dis ‘n fees om in jou tuin te he. Waar plant jy hulle – son of skaduwee? Dit maak nie saak nie, hulle staan op die oop land waar ons hulle koop. Die kweker se sy plant hulle in ‘n glas blompot en sit hulle vir 2 weke in die huis sonder veel water, want die glas blompot het mos nie gate in nie. Na die 2 weke plant sy dit weer in die tuin.
Van MOOI Blomme gepraat. Ons Pom Poms oftewel Teddiebere (dubbele sonneblomme) groei vir die beker. 60 pitte is op pad Prins Albert toe. Al die nuwe bome wat die Munisipaliteit langs Piet Retiefstraat – op pad na die begraafplaas – geplant het, het ook sonneblomme rondom hulle gekry. Hulle behoort binnekort sigbaar te wees. Hulle 2 meter lywe sal nie ongesiens verbygaan nie. Dit sal ‘n fees vir die oog wees. Vir die ouens wat hou van jou eie besigheid, hierdie is ‘n geleentheid. Ek het ‘n jaar of 3 gelede ‘n advertensie op Facebook gesien van reuse sonneblomme. Iets soos 20 pitte vir R300. Ek het dadelik bestel. Dit was pragtig en na die eerste oes het ek honderde pitte gehad. Doen gerus dieselfde met die Teddiebere. Koop 20 pitte vir R20 en kry nog 20 gratis. Plant hulle nou en teen Kersfees kan jy jou eerste oes van honderde pitte oes. Adverteer op Facebook en maak baie mense gelukkig. Moenie so min soos Kookwater vra nie. Dis ‘n besonderse produk.
Ons het weer heerlike vars room ingekry. R16 vir 250ml. 500g Futurelife (piesanggeur) vir R31.90, 250g Maaskaas (Cottage Cheese) vir R19.90, 200g KOO GEMENGDE GROENTE IN KERRIE – R5.50 of R29.90 vir 6. OVERNIGHT OATS – 2 vir R10, SPEK – 200G vir R20.50 of 1kg vir R92.50 (Diced Bacon), 500ML WATER R4.50 OF R4 Grootmaatprys. R15 vir 5 liter. NU VEG se klaargaarkosse teen R29 is ‘n absolute wenner. Die pampoenkoekies is verreweg die gewildste. Geniet dit.
Daar het gister weer ‘n duisend vars KONINGSPROTEAS INGEKOM – ‘N FEES VIR DIE OOG. KOOP 4 vir R55 en kry nog een gratis. Komaan – bederf jouself en iemand anders. Vat ‘n geskenk vir iemand wat jy ken of nie ken nie.
Plant jou tuin vol Amaryllisse en gaan sit en luister hoe jou Teddiebere groei terwyl jy smul aan jou 6 minute PAMPOENKOEKIES.
BLOM GROETE
Frans Vars Room.



















