HELLO LENTE: BLOM SAAM MET KOOKWATER – DIE 10% AFSLAG WINKEL

Posted on
blom sypaadjie

Bring bietjie die Lente in jou huis en in jou tuin.  Die Gousblomme en bokbaaivygies blom vir dood daar op Newton se sypaadjie.  Ons het honderde geplant.  Ons het ook ‘n hele paar honderd gesiggies geplant, maar hulle getalle daal kwaai snags – soggens sien jy net die groeiende getal gaatjies waar daar gister nog plantjies was.  Ek se dit nie om die kommentaar te kry soos – “ja, ‘hulle’ steel ook enigiets” nie.  Ons sal nie opgee nie en ons sal suksesvol ‘n tuin vol blomme kry.  Ry gerus daar verby en geniet dit. Die meeste bokke, skape en varke het nou wagters gekry (dankie Drakenstein Munisipaliteit) en ons staan minder blomme aan hulle af.  Ons is dankbaar en bly glo dat jy nie moet opgee nie.  

 

So, hoe kan jy jou tuin en sypaadjie opvrolik?  Maklik. Probeer die Kookwater driepunt plan:

  1.  Koop ‘n duisternis Gesiggies teen R15 per sespak (kwekerye se pryse loop nou tot R45 per sespak.) en plant hulle.
  2. Ons het die mooiste dubbele sonneblomsade.  20 sade vir R20.  Ons het deur die winter ‘n klomp geplant en hulle blom nou.  Kyk gerus na die foto.  Die eintlike tyd om hulle te plant is nou.  Hulle soek volson. Koop ‘n paar pakkies en laat jou tuin en sypaadjie BLOM.  Dis ‘n maklike plant.  Met genoeg aandag groei hulle maklik tot 2m hoog (ooghoogte vir die Ou).  
  3. Bring die blomtema in die kospotte in.  WATERBLOMME TEEN R75 per kg.  Dis die Boland.  Dis Tradisionele kos.  Dis Lekker.   Maak ‘n bredie.  Verras jouself en jou huismense.

10% AFSLAG?  Wat jy waar kry? By Kookwater. Ons gee gereeld 10% afslag:

  • Elke Maandag kry 60 plussers 10% afslag op enige aankope.  Dit was altyd 5%.  NOU 10%. Ons Bejaardes verdien dit.
  • Elke ‘Allpay dag vir Pensioenarisse’ kry bejaardes ook 10% afslag.
  • Elke Woensdagmiddag kry die HUIS HUGENOOT se koshuiskinders ook 10% afslag op enige aankope.  Hulle moet net in Hugenote H/Skool se skoolklere opdaag om te kwalifiseer.  Ons kinders van ver moet bederf word.

BEPLANNING is belangrik – veral vir groot geleenthede.  Het jy al die KOEKE en SOUTIGHEDE en MELKTERTE bestel vir die Matriekafskeid en vir die Aannemings?  Bestel nou om teleurstelling te voorkom.  WOENSDAE IS KOEKWOENSDAG en jy staan ‘n kans om ‘n koek te wen as jy een koop.  Vandag is jou dag.  DIE KOEK VAN DIE WEEK IS ENKELLAAG KOEKE.  Gewoonlik R60.  Hierdie week is dit net R50.  Geniet dit.

 

Kan dit wees dat daar nog nuwe produkte is by Kookwater?  Natuurlik.

  • 400g Graanvlokkies (Corn Flakes) R29
  • CROISSANTS (gevul met sjokolade of aarbeivulsel) R3.90 of 3 vir R10(R3.33) koop ‘n boks van 24 vir R72 (R3 elk)  Ideaal vir enige partytjie of klasbederf of herverkoop.  Verras jou kollegas by die werk met so ‘n boks vir teetyd.  ‘n Absolute wenner.  As die bure oorkom om saam die Matriekafskeid of Aanneming te vier, sal ‘n boks of twee ideaal wees.
  • 200ml SAPPIES. Ons het 5 geure.  R27 per sespak.  Dis maklik om die kinders te oortuig om sap te geniet – daar is Tom & Jerry aarbeigeur ook.
  • 6 pak Nutriday Yoghurt. R9.90.
  • Verskeie soorte en sterktes koffiekapsules. Selfs McDonalds s’n.
  • FUTURELIFE – vele soorte pappe en natuurlik energiestafies (2 vir R10).
  • Ons het 5 SOORTE HONDEKOS vanaf 2kg tot 20kg. Goedkoop tot duur (maar natuurlik halfprys van ander winkels).  Die duurste is ULTRA PET – 20KG teen R950 klink duur, totdat jy dit elders moet gaan koop teen R1899.  Ek het byna op my rug geval toe ek daai prys sien.

Ons hele familie was so musikaal.  Tot my ouma se naaimasjien was ‘n Singer.

‘n Man stuur ‘n boodskap vir sy vrou: Liefie, ek is deur ‘n motor getref by die werk.  Tina het my hospitaal toe gevat. Hulle het toetse gedoen en X-strale gevat. Die hou teen my kop was baie erg, dalk ernstig.  Ek het 3 gebreekte ribbes,  ‘n gebreekte arm, ‘n  fraktuur in my linkerbeen en hulle moet dalk my regter voet afsit.  Vrou se antwoord: “WIE IS TINA?”.

 

Mag jou dag vol blomme wees (maak jou oe op – dis orals), Mag jou beursie laank hou by Kookwater en mag Tina mooi kyk na jou.

 

Lente Groete

Frans Afslag