GERASPERDE GOUDA KAAS R89 per kg – net by KOOKWATER

Posted on
kaas voorblad

Sjoe – dis ‘n Kookwater prys vir kwaliteit kaas R89 per kg !    HET JY GEWEET?: Gouda en Cheddarkaas blokke moenie gevries word nie, want dit krummel daarna.  Met gerasperde kaas soos hierdie is die probleem opgelos.  Die kaas is reeds gerasper en krummel dus nie as jy dit rasper nie.  Dis belangrik dat jy gerasperde kaas gevries hou en net die deel wat jy nou wil gebruik, ontdooi.  Hou die ander gevries.  Alternatiewelik kan jy die kaas in kleiner sakkies opdeel en vries.  Mozzarella kaas – selfs groot blokke – kan wel gevries word sonder probleme.  Die rede het te doen met die baie hoer voginhoud van Mozzarella kaas.  NOU WEET JY ALLES VAN KAAS.    Vir die kaaskenners of -liefhebbers het ons twee heerlike soorte skaars kase.  240g 6 Maande verouderde Cheddar R43 en Heerlike Emmental kaas vir slegs R140 per kg (Gewone prys in ander winkels is R425 per kg.)  Hierdie twee sit jou kaasbord vir Saterdag se rugby in ‘n klas van sy eie. 

KINDERS en ouers moet spog met hul KOSBLIKKE.   KINDER KOSBLIKKE kan nou weer blom.  Ons het nou weer heerlike bederfies ingekry.  Hier is ‘n paar lekker idees:

  • Toebroodjies:  Vars brood R10, Kaas snytjies – R18.40 vir 14, R33 vir 28.  400g Sandwich Ham R40.50,  Smoked Ham R40.90, Pizza Salami R45.90.  Met hierdie bestanddele bou jy ‘n HEERLIKE TOEBIE.
  • 200ml SAPPIES: R27 vir 6.  Ons het 7 soorte: SQUISH Appel,druiwe en rooibos mengsel, Lemoensap, Berry Burst, Squish peer en pruimsap, Koejawel en Sunfirst ‘Tom en Jerry’ Aarbei en piesang.
  • Vrugte: heerlike GROOT lemoene, VARS DADELS, Naartjies, 100g sakkies NEUTE.  BLOU BESSIES bly ‘n wenner (dis lekker grotes)
  • Sjokolade of Aarbei CROISSANTS.  3 vir R10.  Pak vir jou man en jouself ook in.  Koop sommer ‘n boks van 24 vir R72 – dis net R3 elk – boksprys.  Bederf jouself.
  • Niknaks – R1 elk of R45 vir 50.  Simba chips – R5.50 per pakkie.
  • 500ml WATER – R5 per botteltjie.

Dis lekker om terugvoer van ons produkte te kry.  ‘n Dame het my gister geskakel en se sy drink haar koffie swart en sonder suiker.  Sy vra of ons nie vir haar 24 pakke van daai 200g JACOBS BARISTA gemaalde koffiebone het nie(R45).  Sy se dis die lekkerste koffie wat sy in ‘n lang tyd gedrink het.  Ons kon haar help.  Ons help jou ook graag.  Daar is ‘n groot verskeidenheid koffiekapsules vir altwee soorte masjiene: Nespresso versoenbaar (Compatible) en Dulce Gusto.  R44.50 vir 10 kapsules (Nespresso) en die heerlike prys van R99 vir 30 van die Dulce Gusto kapsules.

MET HIERDIE HEERLIKE LENTEWEER EN MASSAS BLOMME orals in die veld, wil ek my tuin en huis ook laat blom.  Ons het pragtige gesiggies (R15 per sespak), Waterblomme vir die bredies R75 per kg (‘n blom is ‘n blom😁), PROTEAS – R55 vir 4.  DIE TUINWENNER is ons DUBBELE SONNEBLOM SADE R20 vir 20 pitte.  Kyk gerus die foto hieronder van die dubbele sonneblom in my tuin.  

Daar is hierdie vreemde stemme in my kop wat heeltyd dinge se soos “Was die klere” en “Maak die huis skoon”.  Gelukkig het my ma my geleer om nie na vreemdelinge te luister nie.

Vraag op Facebook:  ‘Ek soek raad.  Waar moet ek ‘n haak aan my voertuig sit’.   Antwoord: “As dit ‘n Ford is, aan die voorkant”.

Mag jou dag vol blomme wees. Mag jy ‘n heerlike Kosblik vandag kry en mag die stemme in jou kop jou uitlos vandag.

Lente Groete

Frans Kaas