Shihaam is 1 jaar by KOOKWATER. Baie geluk

Posted on
brandende koek

Shihaam werk in Wellington se Kookwater winkel – gister vir een jaar.  Ons is so trots op haar.  Wens haar gerus geluk as jy in die winkel kom.  Met al die gelukwensinge en feesvieringe laat dit my gister weer terugdink aan my jare by Hugenote H/Skool en spesifiek een Maandag toe Dirkie aftree na 40 jaar diens by Hugenote.  Dirkie het vir 40 jaar alles gegee vir Hugenote en sy afskeid moes iets spesiaal wees.  Die CSV kry ‘n saalbeurt en die taak om Dirkie te bedank word aan hulle opgedra.  Alles is haarfyn uitgewerk.  Die voorsitter van die CSV sal open met skriflesing en gebed terwyl die kringleiers die koek met 40 kersies regkry agter die gordyne op die verhoog.  Gewoonlik duur so ‘n preek net ‘n minuut of 3, want die kinders is nog nie almal so vaardig om te praat voor 800 kinders nie.  Met dit in gedagte besluit die ander kringleiers met die koek om die oomblik toe die voorsitter begin met sy boodskap, te begin om die kersies aan te steek – al 40.  Die eerste 10 kersies was maklik.  Teen die 20ste kers was daar meer hitte en het al die kersies vinniger begin brand.  Teen die tyd dat die 40e kers aangesteek is, was dit een groot vlam. 

Die kinkel in die kabel het gekom toe die voorsitter daai dag iets anders probeer het.  In plaas van die gewone 2 minute preek het hy daai dag ‘n 10 punt plan gehad wat hy wou preek.  Toe hy begin met die 3e punt was die 40 kerse vol in die vlam.  Die onderwysers op die verhoog wat die vlamskouspel gadegeslaan het, se oe het al hoe groter geword. ‘n Paar kon al in hul geestesoog sien hoe daai gordyne vlamvat.  Die Voorsitter het nie sy 10 punte kon klaarmaak nie.  Hy het gestop in die middel van die 4e punt.  ‘n Kort gebed later is die vlammende koek aan Dirkie oorhandig en ‘n hele paar kringleiers moes help doodblaas aan die kerse.  Dirkie was gelukkig.  Almal sal sy afskeid onthou.  Ek het later die oggend vir die werkers gevra wat hulle met die koek gemaak het.  Hul antwoord: Ons het maar so die ergste kerswas afgebeitel – daai koek was heerlik.  Dankie Dirkie vir al die jare diens en vir die lekker herinnering.

 
Terwyl ons nou in ‘n feestelike bui is – Ons het heerlike nuwe produkte: 3 soorte katkos – 2kg teen R85.  Tuna, Anchovis en Sea Delights.  Onthou ook die 3 soorte hondekos wat ons verkoop in pakke van 2kg tot 15kg.
 
ONS FUTURELIFE VERSKEIDENHEID HET BAIE UITGEBREI – 
 
FUTURELIFE ENERGIESTAFIES: 
HP PEANUT 50G – R8.50,  MothersFood: Salted Caramel 38g  R6.50,   High Energy Choc Strawberry 40g R8.50,  Yoghurt Crunch 40g R6.50 en Smart Oats Energy: Berry 38g R6.50. Ek was stomgeslaan toe ek my huiswerk doen en 
die stafies se pryse begin by R17.  Geniet dit.
 
FUTURELIFE ONTBYTPAPPE
425g MUESLI CRUNCH CHOC         R39
750g SMARTFOOD ORIGINAL          R54
375g KIDS CEREAL – Aarbei              R27
 
SMARTFOOD: 500g  GRONDBOONTJIEBOTTER R38
 
BOEGOEWATER IS WEER VOLOP  – R25 VIR 2 LITER.  Drink al die kwale weg.
5 liter Water R15.  Gaar betyds op vir die Kersvakansie.
 
Kollega: “Waarheen vat jy jou vrou vir julle 30ste huweliksherdenking?”.   Man:’Wel, met ons 25ste herdenking het ek haar Mauritius toe gevat.  Sal haar seker nou moet gaan haal’.
 
Daar in Kakamas kom ou Jontas by die Polisiestasie ingestap.  SERSANT: ‘Naandse…… waarmee kan ek help?’     JONTAS: ‘Ek sien julle soek ‘n middeljarige man wat elke naweek jong vroue pla.  SERSANT: ‘Ja….. dit is so… ons soek so ‘n ou.   JONTAS:  ‘Wel…… kan ek dan maar daai werk kry?’
 
Ek het my foto gestuur na die hoekie vir eensames, toe stuur hulle my foto terug en se:  ‘Hulle is nie so eensaam nie.
 
Mag jou toekoms vol Futurelife wees, mag jou tuin blom met ons Gesiggies en Afrikanertjies en mag die vreugdevure elke dag brand – nie net op jou afskeidskoek eendag nie.
 
Verjaarsdag groete
Eensame Frans