‘n Seksie jong blonde dame wat effens aangeklam lyk stap by die casino in. Sy se sy wil R20 000 wed op die enkele rol van die dobbelsteen. “Ek hoop nie julle gee om nie, maar ek voel gelukkiger as ek nie klere aan het nie.” So gese, so gedaan en sy trek al haar ou kleertjies uit en rol die dobbelsteen. Toe die dobbelsteen tot stilstand kom spring sy op en af en skree: “EK WEN, EK WEN”. Sy gee elke ‘dealer’ ‘n drukkie, vat haar klere en geld en vertrek. Stomgeslaan kom die ‘dealers’ na ‘n rukkie tot verhaal en die een vra: ‘Het jy gesien op watter nommer die dobbelsteen geval het?’ Nee, se die ander een. Ek het gedag jy hou die dobbelsteen dop. WAT LEER ONS UIT DIE VERHAAL? Nie alle dronkes is dronk nie. Nie alle blonds is dom nie en MANS BLY MAAR MANS.
Hierdie storie het niks met ontbyt uit te waai nie, maar ‘n lewenslessie het niemand nog kwaad gedoen nie.
KOOK WATER HET ALLES WAT JY NODIG HET VIR ONTBYT:
EIERS: 30 JUMBO EIERS vir R89.
BROOD – Wit of Bruin R10.
SPEK (Bacon) R20.50 vir 200g.
SAP R14.50 vir 1 liter of 200ml sappies vir R4.50.
YOGHURTS: 6X100ml R9.90, 500ml Yoghurts R12.50, 500ml Dubbelroom Lancewood (Coconut) yoghurt R9.90, 2 x 1kg ‘plain’ yoghurt vir R19,90. 3 x 900ml YOGOFUN (Drinking Yoghurt) vir R20.
KOFFIES: 500g KOFFIEBONE R125, Nespresso Compatible koffiekapsules R42.50 vir 10 of 20 vir R79. Dulce Gusto KOFFIEKAPSULES (Die grotes) R115 vir 30
TEE: KITS ROOIBOSTEE SAKKIES R1.70 ELK. Verskeie geure BOKKEVELD ROOIBOS R15 vir 20 sakkies. RED ESPRESSO TEEKAPSULES R29.90 vir 10.
LANGLEWE MELK R9.90 per liter of 6 x 1liter vir R55
FUTURELIFE PAP: 1.25KG VIR R65 (Gewone prys R125)
KAAS: Gerasperde Mozzarella R99 vir 750g, KAAS SNYTJIES R33 VIR 28 snytjies of R18.50 vir 14
200G SAMPIOENE: R22.50 – knopies of gesny. Heerlik.
Na so ‘n ontbyt moet daar skottelgoed gewas word: 1 liter Skottelgoedwasmiddel R10 as jy jou eie bottel bring.
Mensig, nou water my mond. Heerlike gesonde kwaliteit produkte. Ongelooflike pryse.
KOOKWATER se rakke is stampvol met heerlike nuwe produkte: LUCKY STAR BLIKKIES SARDYNTJIES R17.50, NATURES VALLEY Granola Bars R4.50 elk of 10 vir R35, OLD EL PASO FAJITA KIT R39.90, FUTURE LIFE ENERGY BARS R6.50 of 5 vir R30, 500g Imbo Sopmengel R11, 500g Imbo SAMP&BEANS R9.90, GALBANI MOZZARELLA R49 (R85 elders), 250g gerasperde Mozzarella of Pizzarella R32). Pragtige kleur vir jou tuin: Gesiggies en Afrikanertjies R15 per sespak.
DIE KOEK VAN DIE WEEK IS ‘N GROOT WENNER: KAASKOEK. Klein was R140, nou R130, GROOT was R165, nou R155.
Ons se nie genoeg dankie nie. BAIE DANKIE aan almal wat koek bak of sop kook vir die bejaardes wat Maandae by Kookwater Newton kom aansit. Baie dankie aan die vrou wat ‘n sak hondekos gekoop het vir die rondloperhonde daar by die Newton winkel. ONS SIEN JULLE RAAK. Ons is baie dankbaar. JULLE MAAK ‘N VERSKIL. DANKIE, DANKIE, DANKIE.
- Gehoor van die man wat liewer in die tronk wou wees as by sy huis by sy vrou? Hy beroof toe ‘n bank en gee homself oor aan die polisie. Die Regter vonnis hom toe tot 6 maande huisarres. Ai…
- Julle wat so kla oor die koue. Hou op – ek het nog niemand sien kla oor die koue in Tops se instapyskas nie.
Mag iemand jou bederf vandag, mag jy die vreugde he om iemand anders te bederf en mag jou dag vol vreugde wees.
Dobbelgroete
Frans Spek en Eiers.



















