DIE OU VERJAAR
Dit moes gebeur. Niemand bly vir ewig 21 nie. Die Ou ook nie. By Kookwater soek ons enige verskoning vir ‘n lekker pryspartytjie. Dit was lankal weer tyd vir ‘n week van lekker lae pryse. Dis baie belangrik om die naweek se sportnederlae te verwerk met iets lekkers. Ons ou nasie het hierdie positiewe streep. Die Protea krieket het die naweek afgeskop met ‘n hartseer verloor – Daai verloor is reeds reggestel. Ons het Australie gister met 96 lopies kafgedraf (lees verneder). Die Springbokke was nommer 2 op die verloornaweek. Ons weet die 10 veranderinge aan die beginspan sal Saterdag die gewensde uitwerking he. Ons weet dit sommer. Die Kaap sal weer Hollands wees. Vir Drikus is daar nie ‘n kitsoplossing nie. Soos met Ukraine vat die Russe maar hulle tyd en is hulle nogal vol lelike planne. … Lees gerus verderDIE OU VERJAAR