Koningsproteas, Koning Springbokke

Posted on
Kookwater Rugby

DIE SPRINGBOKKE: 7’s Wereldkampioene, 15’s Wereldkampioene en nou ook 14’s Wereldkampioene.  Man dit was lekker om hierdie wedstryd saam met my buurman te kyk en saam met Oom Freddie se lekker dik tradisionele melktert.  Hierdie Saterdag het ons Camembert, Cottage Cheese (vir die dip) en Dip en Top.  Ons gaan met ‘n vol mond VIR die Bokke en OP die ref skree.  

 
SWART VRYDAG IS FLOU MAKOU.  Kookwater doen die kleurvolle ding:  Ons het ‘n nuwe voorraad REUSE WIT KONINGSPROTEAS ingekry: 3 vir R99,  Venus Proteas R20 elk. Grasangeliere, Jakobregoppe R15 per sespak en natuurlik is daar daai 20 TEDDIEBEER – DUBBELE SONNEBLOMPITTE GRATIS saam met elke aankope.  
 
WATER BY DIE HOPE. PRYSE UIT DIE BOONSTE GESTOELTES:  So klop ons die hitte. SO MAAK JOU BESIGHEID MOS GROOT GELD.  500ml Stil en ‘sparkling’ water R4.50 of R4 as jy ‘n pak van 24 koop.  5 liter waters R15.   GEGEURDE CEDERBERG WATERS: AARBEI, NAARTJIE, LITCHI.  250ml botteltjies (vir die kosblik) 6 vir R15,   500ml  R4elk – as jy ‘n pak van 12 koop,  1 LITER – 6 VIR R36.
 
DIS WEER TYD VIR INGELEGDE VRUGTE:  3KG PERSKES R45 (vir daai kerrieperske kersgeskenke).  3KG ‘FRUIT COCKTAIL’ R49.  Maak ‘n reuse ‘TRIFLE’.  Dis weer tyd vir die BOKSPRYSE:  820G PERSKES R15 of R12 elk as jy ‘n boks van 12 koop.  820G FRUIT COCKTAIL R17 of R14elk as jy ‘n boks van 12 koop.  WAT MAAK EK MET 12 BLIKKE?  Plan A:  Gee dit as geskenke vir jou tuiningenieur of huishulp. Plan B: Beplan ‘n GROOT KERSPOEDING vir jou straat se kinders (of jou huishulp se straat).  PLAN C:  BEGIN JOU EIE BESIGHEID – JY WOU MOS AL LANKAL.  Hier is die logika.  Jy koop ‘n blik vir R12.  Jy verkoop hom vir R25.  Ander winkel begin by R45.  Versprei in jou dorp.  Adverteer op Facebook.  Gaan groot. Kry bestellings vooraf.  Doen jou huiswerk.  MAAK LEKKER GELD.  Hou op kla oor hoe duur goed kos – asseblief – red jouself.
 
YOGHURTS: ONS HITTE BREKERS:  3 SESPAKKE NUTRIDAY VIR R29.90.  850G Parmalat yoghurts R16.50.  5kg Plain laevet Yoghurt R49,  5kg DUBBELROOM PLAIN Yoghurt R59.  Geniet.
 
LANDDROS:  Jy se jy het die ring in die straat opgetel?  Ek is bereid om jou die voordeel van die twyfel te gee, maar hoekom het jy nie die ring by die polisiekantoor gaan ingee nie?  Gatiep: Ek wou, maar toe lees ek wat binne in engraved is:  “Joune vir altyd”
BUMPER STICKER IN ROTTERDAM: “De mens heft al veel uitgevonden Koffie zonder caffeine, Bier zonder alcohol, sefls Auto’s zonder chauffeur.  Maar nog geen parlement zonder idioten.
 
Mag jou hitteplanne lekker werk, Mag jou sonneblomme pragtig pronk en mag ons met 13 Bokke die Iere ore aansit Saterdag. Ek kan nie wag nie.
 
CEDERBERG Groete
Die ou Boksprys Blikskottel;