Daar is min dinge so lekker soos die heerlike koelte op my stoep half 6 in die oggend. Die tortelduiwe koer en ek is in my element. Met gister se temperature (43 grade in Wellington) nog vars in die geheue en die volgende week se voorspellings van middel dertigs temperature val Swart Vrydag net soos boompies met swart/droe blare wat gered moet word. Die Munisipaliteit se waterlorrie het gekalf en ons 20 boompies daar by Usave het amper ook gekalf. Gelukkig het ons dit betyds raakgesien en kon ‘n ander lorrie kom help.
- 820g BOKSPRYS VIR INGELEGDE VRUGTE: Perskes R12 per blik, Vrugtekelkie R14 per blik. Daar is min ander winkels wat produkte verkoop teen 27% (‘N KWART) van hul gewone prys ONS PERSKES KOS R12 teenoor die gewone prys in ander winkels van minstens R45.
- 500g FUTURELIFE R29.90, 400g Graanvlokkies R29.
- MURGPAMPOENTJIES R20 /kg. Ek was stomgeslaan toe ek sien ander winkels vra R80/kg (hulle verkoop dit natuurlik in 200g bakkies sodat jy nie kan agterkom dis so duur nie.
- 3 sespakke NUTRIDAY YOGHURT vir R29.90. Dis mos nou ‘n hittebreker.
- 500ml ‘Still’ en ‘Sparkling’ water R4, 5 liter R15. CEDERBERG Gegeurde WATER: 6 x 250ml R15, 500ml R4.50, R4 grootmaatprys, 6x1liter R36 – dis R6 per liter. Die gemiddelde prys elders vir 1 liter is R17. Hoe’s daai?
- 1 liter KOEJAWELSAP R12. 6PAKKE sappies R27. 500G BLOUBESSIES R29 – GEMENG MET MY OATSPAP SOGGENS, IS DIT ‘N WENNER.
- 2 LITER GASKOELDRANK (APPEL) vir R9 OF 3 VIR R25. SO BREEK JY DIE HITTE.
- PEKANNEUTE IN DIE DOP R49 vir 500g.
- GERASPERDE CHEDDAR R89 per kg. Daar is min kaaspryse daarbuite wat dit klop. VARS BROOD vir R11. KAAS SNYTJIES vanaf R1.33 per snytjie.
- Vir die kinders: pragtige ‘speelgoedlekkers’. R7.50 of enige 2 vir R10.
Ek is uiters opgewonde oor ‘n paar dinge: Die Springbokke se wedstryde, die boompies wat ons langs die strate plant wat mooi groei, die parkies wat nou reggemaak word en ons nuutste projek het alle verwagtinge oortref. Ons het besluit om kragbokse in woonbuurte so geleidelik graffitti-vry te maak. Laat ek maar voor begin. Ongeveer twee jaar gelede het kwaaddoeners een naweek besluit om ‘n klompie groot kragbokse in Wellington se dorp en buurte met spreiverf te takel. Ons was reeds besig om graffitti af te haal op verskeie ander plekke in die dorp (ons gebruik ‘n produk Krud Kutter) en het toe besluit om ons dorp graffitti vry te maak. So gese, so gedaan en ek is bly om te kan se dat Wellington se middedorp grotendeels meer as 95% graffitti vry is. Ander buurte het gevolg asook die pawiljoene en mure van die Rugbyvelde in Newton, padtekens en vele mure. Die burgemeester van Berlyn in Duitsland was vir my ‘n inspirasie – Hulle beleid is dat geen graffitti in die stad vir langer as 24 op sal wees voordat die munisipaliteit dit sal verwyder nie. Die grootste teleurstelling is in pragtige Universiteite in Portugal waar eeue oue marmer standbeelde vieslik met spuitverf getakel is en net so gelos word. In Athene en Venisie het die spuitverf nie net aaklig gelyk nie, maar die feit dat mense wat so staatmaak op toerisme, dit net so laat is verstommend.
Dit sal nie in Wellington gebeur nie. Ons nuutste projek is om kragbokse in buurte ‘n nuwe laag spreiverf te gee – Eskom se kleur is avokadogroen. Die munisipaliteit gee die plakkers wat moet opkom en ons gee die verf en die arbeid. Ek wou aanvanklik die bokse skoonmaak met ons graffitti verwyderaar (Krud Kutter), maar dit het vreeslik lank gevat – ongeveer 1 tot 2 uur per boks. Die gemiddelde buurt in Van Wyksvlei het meer as 60 bokse. Dit sal nie werk nie. Ons het Dinsdag die eerste boks gespuit – na vele beplanning en vergaderings. Dit het my stoutste verwagtinge oortref. Dis pragtig – kyk gerus die voor en na foto’s bo-aan die nuusbrief. Ons gaan nog baaaaiie bokse verf. Praat met jouself as jy een van die ouens is wat se: “hulle sal dit weer met graffitti bemors”. Beteken dit dat jy dit so moet los? REG VOOR JOU MILJOEN RAND HUIS? Waar is daai logika? Is jy rerig bereid om toe te laat dat snotkopkindertjies en tikkoppe ‘n groter se het as jy in jou eie buurt? Dis die seisoen om te gee, Sny jou gras, verf jou huis, skoffel jou sypaadjie, plant bome en sonneblomme, tel die papiere op in jou buurt, voor jou besigheid, sny die gras voor jou plaashek. KOMAAN. Dis mooi vir almal.














