Briewe
Aftree, Uittree of oorgee?
‘n Span dokters en sielkundiges het onlangs ‘n artikel gepubliseer in die NEW ENGLAND JOURNAL OF MEDICINE. Hulle het bevind dat die mees produktiewe ouderdom van die mens is tussen 60 en 70. Die tweede mees produktiewe tydperk is tussen 70 en 80 en die derde is tussen 50 en 60. Glo jy dit? Ek doen. Jy leer jou hele lewe lank en bou kennis op. Jy bereik die toppunt van jou geestelike en verstandelike potensiaal op 60 en dit hou aan tot minstens 80. DIS ‘N SKANDE EN ‘N MORS VAN JOU POTENSIAAL OM OP 60 OF 65 AF TE TREE EN TE GLO DAT JY NIKS MEER HET OM BY TE DRA TOT JOU LAND, JOU GEMEENSKAP, JOU GELIEFDES NIE. … Lees gerus verderAftree, Uittree of oorgee?
Knak ‘n Corona voor die kaggel.
Onthou jy nog die tyd van Corona? Kookwater bied nou Corona te koop aan – die bier, nie die Virus nie. Alkoholvrye Corona Bier teen R12 per botteltjie (R17 elders). Ek het vir die manne wat voorraad oplaai ‘n alkoholvrye Corona bier aangebied. Hulle het ‘Nee Dankie’ gese. Hulle reken hulle drink nie bier vir die lekkerte nie. Hulle drink dit om dronk te word. … Lees gerus verderKnak ‘n Corona voor die kaggel.
Hier kom ‘n lekker winter. Kookwater is reg daarvoor
Dis grasgroen in die Boland. Die Boland is soos ons hom ken – Hy’t ‘n byt in die oggend en ‘n heerlike dag daarna. Die wingerde rus en die koring en Canola groei vir die vale. Doen jou winterbeplanning reg. Maak seker jy het genoeg bloekomhout vir die kaggel. Dit moenie te droog wees nie, ander brand dit te vinnig uit. Dis waar Kookwater se BEGINSELS inkom. Kurkdroe Port Jackson fynhoutjies om daai nat hout ‘n hupstootjie te gee. R16.50 per sak of 3 sakke vir R45. Ons hersirkuleer die ou kunsmissakke, roei die Port Jacksons uit en haal die frustrasie uit jou nat hout uit. Drie vir die prys van een. … Lees gerus verderHier kom ‘n lekker winter. Kookwater is reg daarvoor
WATERBLOMMETJIES IN DIE BOLAND.
Ek was aangenaam verras toe ons verskaffers verlede week opdaag met pragtige WATERBLOMMETJIES. R 85 per kg. (OF R45 vir 500g) Dit was sowaar ‘n heerlike verrassing. Ek het nog nerens enige waterblomme gesien nie – nie in damme of langs die pad of enige plek nie. Dis baie vroeg. Ek is trots om te se dat Kookwater losvoor enigiemand anders is. Die yskoue weer is goed vir twee dinge – WATERBLOMMETJIEBREDIE en natuurlik ‘n lekker koppie koffie of tee saam met ‘n heerlike Koek of Melktert. Woensdae is KoekWoensdag by Kookwater … Lees gerus verderWATERBLOMMETJIES IN DIE BOLAND.
KOEK WOENSDAG, Koffie, en ‘n Fiksheids model
Ek wil nou nie spog of grootpraat nie, maar ek het nou net ‘n werk as ‘n fiksheidsmodel losgeslaan. Hulle het my gehuur vir die ‘voor’ foto. Owergesetsynde – die Ou is amper weer gesond. Dankie vir julle geduld met laasweek se kort nuusbriefie. Die Med Lemon het sy ding gedoen en dinge loop met springe. … Lees gerus verderKOEK WOENSDAG, Koffie, en ‘n Fiksheids model
‘n Man van min Woorde – dis KOEKWOENSDAG
Wat meer is daar te se? DIS KOEKWOENSDAG. Koop een van Mariette se meesterstukke of ‘n Melktert of twee en staan ‘n kan om ‘n koek van ‘n soortgelyke waarde in vanaand se trekking te wen. Elke Woensdag. … Lees gerus verder‘n Man van min Woorde – dis KOEKWOENSDAG
KOEKWOENSDAG, NAWEEKBEPLANNING
Hier gaan ons alweer. Nog ‘n langnaweek. Nog ‘n vakansiedag. Nog ‘n kans om lekker rustig deur Kookwater te stap en al die laeprys topkwaliteit produkte te geniet. Die waarskuwing is teen TE wat nie goed is nie, behalwe tevrede en te perd. My weergawe: TE VEEL VAN ‘N GOEIE DING IS FANTASTIES. Kom ons kyk bietjie daarna: … Lees gerus verderKOEKWOENSDAG, NAWEEKBEPLANNING
Welkom terug – DIS KOEKWOENSDAG
Dit was ‘n heerlike naweek. Die volgende langnaweek le en wag vir jou. Jy kan nie net leef vir die naweke nie. Elke dag is lekker. Dit hang net af of jy dit so beplan. Dis mos Woensdag – reel iets lekker vir teetyd by die werk. Mariette het ‘n heerlike nuwe Marshmallow koek ontwerp. Hy wag vir jou. My gunsteling is nog steeds daai WORTELKOEKE en natuurlik Oom Freddie se lekker dik MELKTERT. ‘TODAY IS A GOOD DAY FOR A GOOD DAY’. Vir ingeval jy gewonder het hoekom Koek Woensdag so genoem word: As jy ‘n koek of tert koop op Woensdae, kom jou naam in die trekking om nog ‘n gratis koek te wen. Een koekwenner in elke winkel. … Lees gerus verderWelkom terug – DIS KOEKWOENSDAG
HET JY GEWEET? KOEKWOENSDAG IS HIER.
Dit was ‘n moeilike keuse – wat om op te fokus, die yoghurt of die koffie. Hoekom nie altwee nie. Kom ons begin by die yoghurt: DIS VAKANSIE, DIS WARM, bederf die kinders op ‘n gesonde manier. 6x100g Parmalat YOGHURT kos nou net R9.90. As jy ‘n boks van 8 koop vir R68 daal die prys na R8.50. Heerlike geure: Aarbei, Vanilla, CHOC CHIP, Plain en gemeng. Man, my mond water. … Lees gerus verderHET JY GEWEET? KOEKWOENSDAG IS HIER.
FOKUS OP DIE MOOI IN DIE LEWE
Dit was ‘n moeilike keuse – wat om op te fokus, die yoghurt of die koffie. Hoekom nie altwee nie. Kom ons begin by die yoghurt: DIS VAKANSIE, DIS WARM, bederf die kinders op ‘n gesonde manier. 6x100g Parmalat YOGHURT kos nou net R9.90. As jy ‘n boks van 8 koop vir R68 daal die prys na R8.50. Heerlike geure: Aarbei, Vanilla, CHOC CHIP, Plain en gemeng. Man, my mond water. … Lees gerus verderFOKUS OP DIE MOOI IN DIE LEWE
