KOEKWOENSDAG, NAWEEKBEPLANNING

Posted on
sjokolade gesig

Hier gaan ons alweer.  Nog ‘n langnaweek.  Nog ‘n vakansiedag. Nog ‘n kans om lekker rustig deur Kookwater te stap en al die laeprys topkwaliteit produkte te geniet.  Die waarskuwing is teen TE wat nie goed is nie, behalwe tevrede en te perd.  My weergawe:  TE VEEL VAN ‘N GOEIE DING IS FANTASTIES.  Kom ons kyk bietjie daarna:

 

  • TE VEEL KOEK?  Dit kan mos nie ‘n probleem wees nie.  Oom Freddie se Melkterte raak al hoe gewilder.  Ek kry Oom Freddie elke oggend 8 uur in die winkel met sy nuutste besending melkterte.  Hy se hy staan half 5 op om te bak.  Daarna word die melkterte laat staan om af te koel en 8 uur kom daai vars melkterte en soutighede in die winkel in.  Bewonderenswaardig.  SO HOE WERK KOEKWOENSDAG NOU WEER? As jy vandag ‘n koek of tert koop, kom jou strokie met jou naam op in die boks en vanaand trek ons ‘n wenner.  Die wenner wen dan ‘n koek of tert ter waarde van die een wat hy/sy gekoop het.  Dit blyk baie gewild te wees.  Mariette sorg dat die rakke kreun van die mooiste koeke.  My persoonlike gunsteling is die wortelkoek en die klam koeke.  My diabetes keer ongelukkig dat ek te veel van die koeke kan toets, maar dis mooi.  Die nuutste kolwyntjies (cup cakes) getuig ook van die meesterstukke.  So die vraag is:   DO YOU FEEL LUCKY?  GO AHEAD MAKE YOUR OWN DAY…
  • TE VEEL YOGHURTS? Dis met trots wat ek kan aankondig dat ons nou ‘n wye verskeidenheid yoghurts het:  
  1. 6pakke yoghurts R8.50. (verskeie soorte – onder andere Spongebob) Ons het verlede week en Donderdag 7 pallette hiervan gehad – daar is 2 oor. 
  2. 850g Parmalat yoghurt – 2 pakke vir R25.  Hierdie prys en kwaliteit is uiters gewild.
  3. 1kg Parmalat yoghurt – R16.50
  4. 1kg LANCEWOOD DUBBELROOM YOGHURTS R27.50. Ongelooflike geure: Turkish Delight with Choc Chips, Vanilla with Vanilla Seeds, Apple Oats & Cinnamon, Lemon Cheesecake, Chocolate.  Hierdie top kwaliteit is uiters gewild en heerlik innoverend deur Lancewood.  
  • TE VEEL ROOM? 250g vir R15.  Ons het net ‘n paar honderd ingekry.  Moenie dat die kans deur jou vingers glip nie.  Bak iets lekkers – jy het mos tyd.  Van bak gepraat – ons het nog 2 houers 5kg Maaskaas (Cottage Cheese) teen R350 elk.  Gouspring.
  • KOFFIES: KOFFIEBONE R240/kg,  Jacobs Cappuccinos 10 sakkies vir R39, LOR koffiekapsules R49, Dolce Gusto Koffiekapsules.  Te veel om op te noem.  Sluk die koffie af met ons heerlike beskuite – R45 vir 450g en natuurlik ‘n stuk koek of melktert.
  • SKOONMAAKMIDDELS:  BRING JOU HOUERS EN KOM KRY GENOEG VOORRAAD: 1 LITER Stasoft, Pine, Lavender, Cherry Pine, Jik, Opwasmiddel – R10 per liter.  Omo Liquid R15 per liter. Maak die kaste vol teen daai prys.
  • Ons blikke ingelegde vrugte is legendaries – veral hul pryse: 820g Perskes R15 is maar een voorbeeld (R45 elders). 
  • Ons het reuse Afrikanertjies en sespakke Petunias ingekry.  Dis pragtig.

Op Koos se begrafnis preek die ds baie mooi oor hom. ‘Hier le broer Koos Koekemoer.  Hy was ‘n nugter mens. Hy’t nooit sy vrou verkul nie. Hy het nooit lyf weggesteek nie” In die middel van die preek staan Koos se vrou op en se: “Kom kinders, ons is by die verkeerde begrafnis”.

Wat is luiheid?  Die gewoonte om te rus nog voor jy moeg word.

Ek wens ek was ‘n seekat, sodat ek ‘n klomp mense gelyk kan klap.

Mans is soos winkelwors….. selfs die bestes het ‘n bietjie vark in…

‘n Ou man met ‘n gehoorprobleem gaan sien die dokter sodat hulle sy gehoor kan herstel.  Na ‘n maand gaan sien hy weer die dokter vir verdere toetse.  Dokter: “Jou gehoor is perfek. Jou familie is seker baie bly dat jy so goed kan hoor?”  Die ou man antwoord:  ” O, nee. Ek het my familie nog niks gese nie.  Ek sit net rond en luister wat hulle te se het.  Ek het my testament reeds drie keer laat verander.”

 

Kom ons geniet hierdie lekker langnaweek.  Sluk die koue af met ‘n lekker koffietjie en beskuit (of koek).  Laat die tuin blom en kom kuier lekker in Kookwater.

 

Afrikanertjie groete

Frans VOLROOM