Knak ‘n Corona voor die kaggel.

Posted on
vriende kuier

Onthou jy nog die tyd van Corona?  Kookwater bied  nou Corona te koop aan – die bier, nie die Virus nie.  Alkoholvrye Corona Bier teen R12 per botteltjie (R17 elders).  Ek het vir die manne wat voorraad oplaai ‘n alkoholvrye Corona bier aangebied.  Hulle het ‘Nee Dankie’ gese.  Hulle reken hulle drink nie bier vir die lekkerte nie.  Hulle drink dit om dronk te word.  

 

Ons het ‘n paar wenners saam met hierdie koue: 

Plan A:  Stook daai kaggel:  Kurkdroe Port Jackson beginsels (‘fire starters’) R16.50 per sak of 3 sakke vir R45.  Moenie sukkel met daai sopnat kaggelhout nie, meng hulle met hierdie lekker droe beginsels.  

Plan B:  Vul die innerlike (voor die kaggel).  Die KOEK VAN DIE WEEK is ons enkellaag koeke. Gewone prys R60, nou slegs R50.  Daar is Lemoen, Sjokolade, Vanilla en Koffie koeke.  

Plan C:  Daai kurkdroe wintervel het ook aandag nodig.  Ons het koekies DOVE seep vir R16 of 4 vir R59.  My ou velletjie voel seepglad. Laat staan daai ‘Kaktus op die vlaktes’-image en gaan vir ‘Lily of the Valley’.

Plan D:  Winter in die Boland beteken WATERBLOMMETJIES.  Ons is die enigste winkel wat tans het.  R45 vir 500g.  Jy kan natuurlik nog ‘n rukkie wag vir die ander padstalle en winkels – die prys het verlede jaar begin by R120 per kg.

 

Die ander lekkerprys lekkernye in die winkel is tans : 

FRUIT DAINTIES  teen R9.90 vir 125g,  GEMENGDE NEUTE teen R9.90 per 100g, 900g DRINKING YOGHURT R9.90 en 1kg PLAIN YOGHURT vir R7.50.  Niemand klop hierdie pryse nie. 

GEVRIESDE BLOUBESSIES R35 vir 500g,  500g DUBBELROOM LANCEWOOD YOGHURT R14.50, 10 ROLLE DUBBELLAAG TOILETPAPIER R35.

 

  • Se dankie vir die vrou in jou lewe.  Sonder haar sou jy nie geweet het wat jy als verkeerd doen nie.
  • Ouderkom kom op ‘n slegte tyd.  Net toe ek begin om alles te weet, begin ek vergeet wat ek alles weet.
  • Die wereld is vol goeie mense.  As jy nie een kan vind nie…..  wees een.
  • Glimlagte is aansteeklik.  Gaan voort en besmet soveel mense as wat jy kan.
  • Het jy al ooit so koud gekry in die nag dat jy na jou komberse se vervaldatum gekyk het?

 

Mag jou glimlagte baie mense besmet vandag en mag jou planne teen die koue lekker werk.

 

Bibberende Grasgroen Groete

Frans Kaktus