DIE OU VERJAAR

Posted on
die ou verjaar

Dit moes gebeur.  Niemand bly vir ewig 21 nie.  Die Ou ook nie.  By Kookwater soek ons enige verskoning vir ‘n lekker pryspartytjie.  Dit was lankal weer tyd vir ‘n week van lekker lae pryse.  Dis baie belangrik om die naweek se sportnederlae te verwerk met iets lekkers.  Ons ou nasie het hierdie positiewe streep.  Die Protea krieket het die naweek afgeskop met ‘n hartseer verloor – Daai verloor is reeds reggestel.  Ons het  Australie gister met 96 lopies kafgedraf (lees verneder).  Die Springbokke was nommer 2 op die verloornaweek.  Ons weet die 10 veranderinge aan die beginspan sal Saterdag die gewensde uitwerking he.  Ons weet dit sommer. Die Kaap sal weer Hollands wees.  Vir Drikus is daar nie ‘n kitsoplossing nie.  Soos met Ukraine vat die Russe maar hulle tyd en is hulle nogal vol lelike planne.

 

Terug by die partytjie.  Kyk bietjie na hierdie partytjiewenners:

  • Ons het sommer 2 KOEKE VAN DIE WEEK. (Wat is ‘n partytjie sonder koeke?) PYNAPPELROOM KOEK – was R160, nou R150 en LEMON MERINGUE – was R100, nou R90
  • ‘n SESPAK YOGHURT kos hierdie week net R8.99.  (Gouspring, dit gaan nie Saterdag haal nie)
  • 820g INGELEGDE PERSKES – was R15, Nou R11.99.
  • WATERBLOMMETJIES nou slegs R75 per kg.
  • ‘n 7KG SAKKIE AARTAPPELS R45 (of R8.50 per kg)
  • KOFFIELIEFHEBBERS:  DULCE GUSTO KOFFIEKAPSULES – R99 vir 30 Kapsules.    200g JACOBS BARISTA Gemaalde KOFFIE R45  (R85 elders)
  • DOVE SEEP was R16.50, nou R12.50  OF VAT 4 VIR R48.
  • Vir my Diabetes Vriende:  TRUVIA VERSOETER (Vir bakwerk)  Was R25, Nou slegs R18.50 – 3 soorte.
  • SKOONMAAKMIDDELS:  Bring jou eie bottels (doen jou deel vir die omgewing) en betaal net R8 per liter vir JIK,  STASOFT, ‘PINE’, CHERRY PINE, LAVENTEL en Skottelgoedwas seep. As jy nie jou eie bottel het nie, ons voorsien teen R2 – Ons betaal werkloses om die bottels op te tel.
  • FUTURELIFE ENERGIESTAFIES – 2 vir R10.  Daar is 3 soorte: Yoghurt, Grondboontjiebotter en Yoghurt&Bessie.  
  • ONS FUTURELIFE Pappe is ook nog volop. Kom kry genoeg.

BEPLANNING IS BELANGRIK.  Dis weer daai tyd van die jaar wat ons Matriekafskeid en voorstellings by die kerke het.  Bespreek jou koeke betyds en maak seker dat alles mooi gereel is.

 

As ek nou die Bokke se wedstryd van Saterdag moet beskryf:  Die eerste helfte was MAXIMUS DECIMUS MERIDIUS en die tweede helfte Mister Bean.

Susan:  Hoekom sal jy my nie bel en se jy’s jammer nie?  Ben:  Want ek het beperkte lugtyd en jy het onperkte bakleityd.

‘n Ou sit langs sy vriend in die kroeg: Laas nag, terwyl ek hier by die kroeg was, het ‘n inbreker by my huis ingebreek.  Vriend:” Het hy enigiets gekry?.  Jip, se die ou. ” ‘n Gebreekte kakebeen, ses tanne uitgeslaan en ‘n paar gebreekte ribbes. My vrou het gedink dit was ek wat alweer daai tyd van die nag dronk huistoe kom”

Om te lag is soos ruitveers.  Dit stop nie die storm nie, maar dit help ons om vooruit te gaan.

 

Geniet die pragtige weer, die heerlike partytjie pryse en die Rugby Saterdag.

 

Partytjie Groete

Maximus Decimus Frans