Ons het die week ‘n lekker verrassing ingekry. ROOIBOSTEE in vele verpakkings en soorte. Die 5 geure BOKKEVELD ROOIBOS het eerste opgedaag: Suurlemoen, Heuning, Vanilla, Oorspronklik, en Swartbessie. 20 teesakkies vir R15. Kort op die hakke van die teesakkies, het redespresso gevolg: RED CAPPUCCINO R35 vir 10 sakkies. Daarna ROOIBOS ESPRESSO – NESPRESSO COMPATIBLE KAPSULES. 10 KAPSULES VIR R29.90. DRIE GEURE: ROOIBOS INTENSO, VANILLA ROOIBOS EN ROOIBOS ESPRESSO. Die laaste redespresso produk is ‘INSTANT RED CAPPUCCINO vir R29.90 – Oorspronklik en Onversoet. GESONDHEID KOM IN VELE VORME. Jy spaar op elkeen van hierdie produkte minstens R45. Hoe’s daai?
Vroue se gereeld dat mans hulle nie help met die skoonmaak werk in die huis nie….. So wie is Mr Min, Mr Muscle, Mr Sheen en Handy Andy nogal?
My kinders lag vir my omdat ek mal is. Ek lag vir hulle omdat dit oorerflik is.
Koos loop verby ‘n rioolplaas. Hy sien ‘n man met sy hand in die water, besig om dit te drink. Hoogs ontsteld skree hy vir die man: “Hi, jy kan nie daai water drink nie, daar’s k*k in”. Die man skree terug: “I’m Julius Malema. I don’t understand your boer language. Speak English”. Die man antwoord: “I said….. USE BOTH HANDS”.
Op die onderwerp van Gesondheid en Drinkgoed:
- BUTTANUTT NEUTMELKE is nou weer volop by Kookwater: 350ml botteltjies vir R9.50: Oatmilk, Amandelmelk, Cocoa Oatmilk, Makadamiamelk en Vanilla Oatmilk. My kosblik blom elke dag met so een. Die 1 liter melkies was ‘n heerlike verrassing. Dieselfde geure teen R18.80. (Spaar minstens R14). Ek hou van al die soorte, maar die wenner met ‘n kortkop is daai COCOA OAT MILK – Dit proe enige tyd soos sjokolade Steri Stumpies. Drink hom yskoud. Heerlik en nog gesond ook.
- AMANDELMEEL is net vir hierdie week (tot Saterdag) R60 per kg. Gaan groot en spaar minstens R90 per kg.
- Gevriesde Bloubessies: R35 vir 500g. Heerlike mielies en vars vye.
- 400g Parmalat KAASSNYTJIES R36 vir 24, 320g MILO PAP R33.50,
- 4pak YOGHURT R7.50, 6 pak Yoghurt R13.50. Heerlike geure van Lancewood. 1kg ‘plain’ yoghurt R17.50.
- KONDENSMELK R19.50, 380g Grondboontjiebotter R17.50 (topkwaliteit)
- 820g FRUIT COCKTAIL HET OPGEDAAG R15. 410g R9.50.
Mag hierdie oggend koelte heeldag aanhou, Mag oom Donald se los koppie jou glad nie pla vandag nie en Mag die Afrikanertjies in jou tuin uit volle bors blom vandag. (R15 per sespak by Kookwater)
BUTTANUTT Groete
Frans Rooibos



















