6, 4, 2, 0. Soos die beurtkrag daal, so VRY ONS AL LEKKERDER BY KOOKWATER

Posted on
Ou ongeluk

Twee motors bots reg van voor en word heeltemal vernietig.  Uit een wrak kruip daar ‘n vrou – heeltmal ongedeerd – en uit die ander wrak kruip ‘n man – ook sonder ‘n skrapie op hom.  “Dit is ‘n wonderwerk” se die vrou, “Ek ‘n vrou, jy ‘n man en albei het hierdie vreeslike ongeluk oorleef. Dit moet ‘n teken van bo wees dat ons vir ewig en altyd saam moet wees.”.  ‘Jy is reg’ se die man, ‘Dit is beslis ‘n wonderwerk en ‘n teken vir ons’.  “En kyk” se die vrou, “hier is ‘n bottel wyn wat wonderbaarlik nie gebreek het nie.  Kom ons maak dit oop en drink dit om ons nuwe verhouding te vier.”  Die vrou maak die wyn oop en gee dit vir die man aan wat ‘n groot sluk vat.  Hy gee die bottel vir haar, maar sy sit nie haar mond daaraan nie.  ‘Wat is fout?’ vra die man, ‘Gaan jy nie daarvan drink nie?’  “Ag nee wat” se die vrou, “Ek gaan maar vir die polisie wag”.  

 

‘n Onaangename verrassing het ons gister getref toe ons blikke by die fabriek gaan koop het.  Hul pryse het oornag minstens verdubbel.  Dit beteken dat ons pryse onvermydelik dieselfde gaan doen.  Ons gaan jou egter ‘n kans gee.  Hierdie is die snaaksste ‘special’ wat ek al gesien het.  ONS PRYSE GAAN DIESELFDE BLY tot Vrydag tensy die produkte uitverkoop is teen daai tyd.  Saterdag styg die pryse.  Dit beteken dat jy nog 820g Perskes kan koop vir R9.90 of R9 as jy ‘n boks van 12 koop.  3kg Perskes bly R25 tot Vrydag.  3kg Fruit Cocktail bly R35 tot Vrydag.  Geniet dit.  Dis nie aldag dat jy so ‘n vooruit waarskuwing kry nie.  Terwyl ons blikke gesels:  Ons het groenteblikke ingekry: Tamatie Braai ‘Relish’ en Heel geskilde Tamaties – R12.50 per blik.

 

Hulle se dat dogters ‘n man kies soos hul pa.  Dis hoekom ma’s so vreeslik huil op die troudag

Petrolprys styg, kospryse styg, huur styg….  Dit lyk vir my, my salaris het hoogtevrees.

Hoe vinnig verander die ou lewe nie…. In my jonger dae was my lyfroom Nivea.  Nou is dit Voltaren.

 

Donderdag is NASIONALE MELKTERTDAG.  Wat ‘n heerlike verskoning om een van oom Freddie se melkterte werk toe te neem.  Ek gaan my verseker bederf met ‘n groot skyf vir R22.  KOM BESTEL VANDAG JOU MELKTERT OM TELEURSTELLING TE VOORKOM.  Bederf die onderwysers by jou kind se skool met ‘n paar melkterte (Ma van die jaar)

 

Die nuwe produkte stroom in: 320g Milo pap R33.50,  500g vars VYE R22.50, 400g (24 snytjies) Cheddar gegeurde Parmalat kaassnytjies vir R36, Ouma en Oupa wange (puffs) – 10 vir R17.50 of 15 gegeurde blokkies vir R15.50. President ROOMKAAS R35, 250g Presiden gesoute BOTTER in bakkie vir R45. LURPACK BOTTER R45, 250ml VARS ROOM R15 en die groot yoghurt gunsteling: sespak yoghurt vir R9.90.

 

VAN VRY GEPRAAT:  Baie mense vra ons vir VRYGOED.  Ons het geluister en stel bekend:

 

LAKTOSE VRYE MELK: BUTTANUTT NEUTMELKIES. 350g vir R9.50. Amandelmelk, Makadamiamelk, Oatmilk en my absolute gunsteling COCOA MILK – dis so naby aan sjokolade Steri Stumpie as wat jy kan kry.  My kosblik pronk elke dag met een of ander botteltjie Buttanutt.

GLUTEN VRYE MEEL:  AMANDELMEEL teen R75 per kg.  (Vra vir 500g as jy nie so baie wil he nie).  ‘n Paar jaar gelede het ons ook van hierdie amandelmeel in die winkel gehad.  Ek het ‘n punt daarvan gemaak om die mense te vra waarvoor hulle die amandelmeel gebruik.  Die beste antwoord het ek by ‘n paar manne gekry wat een Saterdag daar ingekom het.  Hulle was op pad na ‘n hengelkompetisie en het my vertel dat die karp mal is oor amandelmeel.  Wys jou net hoe veelsydig dit is.

 

Hier waar ek die brief tik, breek die mooiste oggend aan.  Die blou berge is skerp afge-ets teen die mooiste oranje gloed.  Die wind het die rook weggewaai.  Die brande is geblus en beurtkrag is verby.  Wat ‘n heerlike dag wat voorle.  Mag jou dag heeldag vol mooi dinge wees.

 

MELKTERTGROETE

Frans die ou VRYER.