In die Wellington Begraafplaas staan ‘n huisie wat deur die Joodse gemeenskap aan die Drakenstein Munisipaliteit geskenk is. Die struktuur van die huisie is nog in ‘n baie goeie toestand, maar soos baie onbewaakte geboue het vandale en kwaaddoeners dit geteiken om vuur teen die mure te maak en allerhande ongewenste graffitti op die mure te skryf. Sulke goed pla my. Ek het gedink dis ‘n lekker projek om mense betrokke te kry om iets goeds te doen. Ek het die munisipaliteit gekontak en hulle het gese hulle sal nie omgee as ons die geboutjie verf nie. Plan B was om ‘n foto of 3 op Facebook te sit om te kyk of daar mense is wat met so ‘n projek sou help. Daar was redelik reaksie – ‘n paar ouens wat aangebied het om te help en natuurlik die gewone ‘Facebook warriors’ wat hulle irrelevante kommentaar graag wou aanbied oor wie se werk dit eintlik is en hoe dit maar weer so sal lyk oor ‘n week en sulke opbouende kommentaar. Elvis en sy maat (wat langs die strate papiere optel) het Maandag ingespring en die mure en swart van die vure afgewas en die eerste laag wit verf opgeverf. Groot was ons verbasing toe ons Dinsdag opdaag en twee verwers van Drakenstein Munisipaliteit 8 uur in die oggend daar vind – reeds voluit besig om te verf. Lang storie kort – die Manne van Drakenstein Munisipaliteit het die geboutjie reg rondom, sowel as die pilare voor die geboutjie, pragtig geverf. Die gebou het gegaan van SEEROOG tot SIERAAD in 3 dae. BAIE DANKIE aan almal wat ‘n (positiewe) bydrae gemaak het.
- Gewone prys van 820g Appelkose, Pere en Perskes is R15. As jy ‘n boks van 12 blikke koop, val die prys tot R12 per blik. Daar is heelwat plek vir herverkoop – hierdie blikke kos R45 en meer in gewone winkels.
- Gewone prys van 820g Vrugtekelkie (Fruit Cocktail) is R17. As jy ‘n boks van 12 blikke koop, val die prys tot R14 per blik. Met ander winkels se pryse wat begin by R60, kan jy ‘n lekker besigheid bedryf met ‘n goeie winsgrens.
- Jy weet wanneer jy op die toilet sit en skielik besef jy daar is nie toiletpapier nie, so jy moet opstaan en daai ‘waggel’ doen om ‘n rol te kry? Ja wel, ek is amper by Shoprite.
- Is daar nie iemand wat my wil nooi vir ‘n braai nie? Ek het nou twee lee roomysbakke wat ek graag wil gebruik.
- Die Dominee is besig om die tien gebooie met die Sondagskoolklas te behandel en spesifiek die gebod ‘Jy mag nie steel nie’. Hy vra toe die klas: “Wat dink julle sou die koekblik in die spens vir julle se as dit kon praat?” Pietie steek sy hand op en se: “Laat die kindertjies na my toe kom en moet hul nie verhinder nie”
- Robert asked the televangelist to pray for his hearing. After 4 minutes of violent shaking and trying to push him over backwards, the preacher ask: “How’s your hearing?”. Robert replied: “I don’t know. It doesn’t take place until Tuesday at the courthouse.













