TEDDIEBERE, Pom Poms, NU VEG KITSKOSSE by KOOKWATER

Posted on
pascal-debrunner Sonneblomme

My sypaadjie sonneblomme het ‘n nuwe naam gekry, of liewer, ek het nou eers hul regte name uitgevind.  Daai pragtige dubbele sonneblomme staan bekend as Teddiebere of Pom Poms.  ‘n raker beskrywing sal jy nie sommer kry nie.  Elke oggend as ek in my bakkie klim sit daai blomme ‘n glimlag op my ou bakkies.  Toe ek die Teddiebere Google weet hulle te vertel dat hierdie ‘n maklike plant is (nogal vir beginners) en dat dit so 1,5m hoog word.  Nie hierdie outjies nie.  Hulle standaard hoogte is bo 2m.  (verlede week se reen en Suid oos het ‘n hele paar omgewaai, maar hulle het eenvoudig bly le en weer hulle koppe opgelig en daar op 30cm weer uit volle bors geblom.  Hulle maak meer as een blom en jy hoef net een keer sade by Kookwater te koop – jy kan duisende sade oes as die plant klaar geblom het.  Ons nuutste spesiale prys: Koop 20 sade vir R20 en kry nog 20 gratis.

 
Terwyl ons op die blom onderwerp is (my gunsteling onderwerp) – Ons kan nie voorbly om Amaryllis plante aan te ry nie.  Die huidige tempo is 100 PER DAG.  Teen R49 per plant (R120 vir 3) is dit geen wonder nie.  Om meer perspektief te gee oor die prys:  Stodels verkoop die bolle teen R100 elk en die plante verkoop vir tot soveel as R200 elk elders.  Waar kry ons die plante?  Die bolle het behoort aan ‘n Hollander wat hulle ingevoer het en hier in Suid Afrika met hulle geboer het.  Hy is terug Holland toe en het die bolle aan ‘n welsynsorganisasie geskenk wat dit weer aan ons kweker verkoop het.  Gouspring, hulle het nog net 5000 plante oor.  Die kleure blomme is ‘n pragtige rooi en ‘n gemengde kleur wat nie algemeen bekend is nie.  Pragtig.  My gunsteling deel is dat die bol vermeerder en volgende jaar minstens dubbel soveel blomme lewer.  Die blomme en hul nuwe eienaars loop in groepies van 3,6 en 12 by die winkel uit.  Ons sal aanhou aanry.
 
Ons nuutste produkreeks is NU VEG se heerlike kitskosse vir R29.  Hulle gewone prys in die winkels is R56.  Kookwater s’n R29.  Daar is Pampoenkoekies, Potato Mash, Potato Bake, Savoury Rice, Roasted Veg, Butternut, Room Spinasie en ‘n verskeidenheid pak.  Ons het sommer die CHOP SUEY en THAI PANANG CURRY se prys ook verlaag van R39 na R29.  Hulle gewone winkelprys is R69.  Sit net in die mikrogolf en eet.
 
GERASPERDE GOUDA KAAS R89/kg en ‘DICED MOZZARELLA’ – ook R89 per kg is op die oomblik ons topverkoper kase.  Die fynproewerkase is ook baie gewild: 30 maande verouderde Cheddar R43, 12 maande verouderde swartskil Gouda R43,  EMMENTAL kaas R140 per kg (Gewone prys R425 per kg).  Geniet dit.
 
Ek hou net mooi niks van Kookwater se Makataan stukke en DADELS nie, hulle is ongeskik.  Skree op my elke keer as ek in Kookwater instap……  eet my, koop my, eet my. Wanneer ek die waentjie uitpak om te betaal, het ‘n paar pakkies vanself ingespring,  sooo opdringerig.
 
Ek soek bietjie raad asb:  Ek wil oor Desember met vakansie gaan en soek ‘n rustige plek, by die see.  Verkieslik een van daai alles ingesluit oorde.  Ek beplan om R80 000 – R100 000 te spandeer op verblyf, kos en ontspanning.  Weet iemand waar ek die geld kan kry?
 
Mag jou Amaryllisse jou baie vreugde gee, mag jou Teddiebere groei vir die beker en mag daai ongeskikte Kookwater Makatane jou kwaai lastig val.
 
Pom Pom Groete
Frans Blommekind