,Ai, die rugby was lekker Saterdag. Ek moet bieg, ek het die eerste helfte gemis. Ek is vreeslik bly dat ek nie die tweede helfte gemis het nie. Om die rekord (grootste punteverskil ooit) van 10-43 te vier, gaan ons fokus op die 10. Ons sal 10 pryse in ons winkels tot rekordvlakke laat daal op 10 produkte.
- 750g FUTURELIFE PAP. Gewone prys R85. Kookwater Prys R49.99
- 375g FUTURELIFE KIDS PAP. Gewone prys R56.99. Kookwater Prys R24.90
- GERASPERDE GOUDA KAAS. Gewone prys R175 vir 750g. Kookwater Prys R89 per KG.
- Blikkies INDIAN TONIC, DRY LEMON, PIENK TONIC en SODA WATER. Gewone prys R17.90. Kookwater Prys R5.
- DUBBELE SONNEBLOM SADE. Gewone prys R20 vir 20. NOU: KOOP EEN PAKKIE en KRY NOG EEN GRATIS.
- 5 Liter SANITIZER. Gewone prys R200. Kookwater prys R30 vir 5 liter of R8 per liter (bring jou eie bottel vir die een liter)
- 500ml ‘STILL’ en ‘SPARKLING’ WATER. Gewone prys R8.99. Kookwater Prys 4.50 of R4 elk as jy ‘n pak van 24 koop.
- 5 liter WATER. Gewone prys R28.99. Kookwater Prys R15.
- Wheatsworth BESKUITJIES – 3 VIR R10.
- EMMENTAL KAAS. Gewone Prys R425 per kg. Kookwater Prys R140 per kg.
Daar is vele ander heerlike dinge soos Waterblommetjies, Makataan stukke, Bloubessies, KONINGSPROTEAS en SPELDEKUSSINGS, maar ons wil graag daai ou 10 puntjies invryf.
- Ek het gisteraand bietjie gaan draf, maar was na 2 minute terug omdat ek iets vergeet het. Ek het vergeet dat ek oorgewig en onfiks is.
- Broccoli is sooo veelsydig. Dit pas letterlik in enige grootte asblik.
- Het jy al ooit wakker geword, die persoon langs jou gesoen en bly gewees dat jy lewe? Ek het nou net en blykbaar sal ek nie weer toegelaat word op hierdie vliegtuig nie….
- GESOEK: Opsigter vir Strandhuis. Ook ‘n Strandhuis. Ook geld vir Strandhuis.
- ‘n Ou in Amerika vat ‘Smart Water’ hof toe omdat die water hom nie ‘smart’ maak nie. Hiermee wil ek amptelik my hofsaak aankondig teen ‘Thin Mints’.
- I bought my wife a Mood ring. (Wat is dit in Afrikaans?) When she’s in a good mood, the ring turns blue. When she’s in a bad mood, it leaves a big red spot in the middle of my forehead.
Maandag was ‘n heerlike Lente/Somersdag hier in Prins Albert. Die blommetjies steek so hier en daar kop uit, maar wag vir ‘n lekker bui reen of twee. My ou grootword dorp bars uit sy nate. Die twee argitekte kan nie voorbly met die teken van nuwe huisplanne en restourasieplanne nie. Hier sukkel ons nie met politieke bakleiery nie. Ongeag wie aan bewind is, die werk word gedoen. Dis wonderlik om te sien hoe hierdie dorp deur al die jare nog steeds groei.
Mag jou tuin vol reuse dubbele sonneblomme wees, mag die bokke aanhou om so lekker te speel en mag jy een van die dae langer as 2 minute draf.
Waterblommetjie groete
Frans Makataan.























